Berbertale

Die Berbertale (Berbers: Tamaziɣt, Tamazight, ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ , ) vorm 'n tak van soortgelyke en naverwante tale en dialekte binne die Afro-Asiatiese tale wat in sommige dele van Noord-Afrika deur die inheemse Berbervolke gepraat word.

Dié taalgroep bestaan uit 27 tale wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Soms word dit as een taal beskou wat uit aparte dialekte bestaan. Van die Berbertale word met die Tifinagh-skrif, die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.

Berbertale
Tamaziɣt / Tamazight
Geografiese
verspreiding:
Noord-Afrika
Genetiese
klassifikasie
:
Afro-Asiaties
 Berbertale
Onderafdelings:
Guanche?
Oos-Numidies?
Wes-Berber
Oos-Berber
Noord-Berber
Berbertale

Verspreiding van Berbertale:

   Tarifit (Riffiaans)

   Tamazight (Sentraal-Atlas)

   Tasjelhit (Sjilha)

   Tuddungiyya (Zenaga)

   Toeareg

   Tasjenwit (Sjenwa)

   Taqbaylit (Kabilies)

   Tacawit (Sjawiya)

   Tanfusit (Nafusi)

   Ander (Wargla, Mzab, Siwa, ens.)

Berbertale
Die woord "Tamazight" in Tifinagh-skrif
Berbertale
Verspreiding van hedendaagse Berbertale

Die Berbertale word veral in Marokko en Algerië gebesig, waar dit ampstale is, asook in 'n kleiner mate in Libië, Mali, Niger, Tunisië, Burkina Faso, Egipte, Mauritanië en Wes-Sahara. As gevolg van die Berberse diaspora word Berbertale ook in lande soos België, Frankryk, Nederland, Duitsland, Spanje, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gepraat.

Tot die begin van die Middeleeue het die Berbertale 'n dialekkontinuum gevorm, wat as gevolg van die Islamitiese veroweringe en die uitbreiding van Arabies gefragmenteer is. Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Kabilies (5,6 miljoen), Tachelhit (4 miljoen), Tamazight (2,5 miljoen), Tarifit (1,5 miljoen) en Tamasjek (1,2 miljoen).

Bronne

  • (fr) Chaker, Salem. 1995. Linguistique berbère: Études de syntaxe et de diachronie. M. S.—Ussun amaziɣ 8, ser. ed. Salem Chaker. Parys en Leuven: Uitgeverij Peeters

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansBerbertale  Wiki Commons het meer media in die kategorie Berbertale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Berber". Ethnologue. Besoek op 30 Augustus 2020.
  • (en) "Berber languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Augustus 2020.

Tags:

Afro-Asiatiese taleArabiese alfabetBerbersDialekLatynse alfabetNoord-AfrikaTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SpeelkaartAfrikaanse TaalmonumentLiefdeBywoordGenitale vratJode in Suid-AfrikaVaginaDomineeFiksieAnale seksWiskundeWoordKartografieKitaarLeierKrieketTuberkuloseSuurstofNasiebouWerkersdagGoogleHerpes simplexMobutu Sese SekoSwangerskapDemokratiese AlliansieGroepsgebiedewetHindoeïsmeTrappe van vergelykingBreinkaartSpringbokAbsolute monargieArmoedeLys van kleureHeupvervangingGlobaliseringEkonomie van Suid-AfrikaKonsentrasiekampMaroela MediaDramaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaOnderwysVars waterSpysverteringstelselWet op NaturellengrondRob HersovJaco JacobsSydneyPeach van PletzenAfrikaanse woordelys en spelreëlsLeah van NiekerkOmgewingsbeheerDiarreeWolkSteenkool in Suid-AfrikaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandDubbelpuntEmfiseemNatuurlike hulpbronLodewyk XVI van FrankrykHorlosieVerenigde State van AmerikaGrondErosietipesPlantluisWikiquoteLys van visseMisdaadSportHartaanvalHibernasieRepubliek die KongoSeksposisieSeksAlliterasieKongo-krisisTandbederfDikdermVersamelnaam🡆 More