Benoon Duvenage

Dr.

Benonie Duvenage (noemnaam Benoon, 2 Oktober 1924 – 19 Julie 2011) was van 1950 tot hy sy emeritaat in 1992 aanvaar het, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk, maar intussen van 1967 tot 1988 hoogleraar aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).

Benoon Duvenage
 Benoon Duvenage
B. Duvenage

Naam Benonie Duvenage
Geboorte 2 Oktober 1924
Sterfte 19 Julie 2011 (op 86)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Benoni (1950–'53)
Odendaalsrus (1953–'58)
Florida (1958–'67)
Sasolburg-Grootfontein (1988–'92)
Jare aktief 1950–'92 (predikant); 1967–'88 (professor TSP)
Kweekskool Potchefstroom (TSP)

Gemeentebediening

Benoon Duvenage 
Die groep studente wat einde 1949 afgestudeer het terwyl Totius op 30 April 1949 sy emeritaat aanvaar het. Voor: H.S Pelser, P.G Geertsema, prof. J.D. du Toit, G.B.S. Pasch, S.P.C. Rule. Agter: P. Snyman, J.J. van der Walt, B. Duvenage, M.W. van der Walt.
Benoon Duvenage 
Eerste ry: B. Duvenage, G.P. Scheepers, M.J. Booyens, prof. S. du Toit, prof. W.J. Snyman, prof. J.D. du Toit, prof. J.P. Jooste, P.W. Buys, C. Hattingh, F.W. Buytendach. Tweede ry: I.J. van der Walt, J.J. van der Walt, L.S. Kruger, P.J. Opperman, J.M. Opperman, E.J.G. Norval, P.G. Geertsema, C.H. Smit, H.J. Kruger, P. Snyman, H. Pelser, P.C. Rule, M.W. van der Walt. Derde ry: Z.C. Grobler, G.L. van der Walt, A.P. Malan, B. Spoelstra, H.A. Louw, H.J. Boshoff, L.J. Buys, A.J. Pelser, W. Venter, G.H.J Kruger.

Duvenage, wie se broer Schalk ook Gereformeerde predikant was, is in 1950 in sy eerste gemeente, Benoni, bevestig, waar hy net tot 1953 sou vertoef, toe hy ’n beroep aanneem na die gemeente Odendaalsrus op die Vrystaatse Goudvelde. Ná ’n vyfjarige bediening in die tyd toe die naburige Welkom verrys en Odendaalsrus se sieletal vanweë afstigtings net van 405 tot 406 toegeneem het, het hy in 1958 na Florida vertrek en daar gearbei tot 1967. In daardie jaar het professor aan die PU vir CHO in filosofie geword. Soos sy broer, prof. Schalk Duvenage, en Willem de Klerk, het hy onder Artikel 11 van Kerkorde van die GKSA oorgegaan tot ’n ander staat van die lewe terwyl hy profesoor op die PUK was en is ná sy aftrede by die PUK hertoegelaat tot die bediening.

Ná 21 jaar het hy in 1988 na die gemeentebediening teruggekeer as leraar van Sasolburg-Grootfontein. Dié gemeente is in 1983 gestig, maar reeds in 1994 by Sasolburg ingelyf. Ná ’n loopbaan van 42 jaar, presies om die helfte in die gemeentebediening en as professor, het hy sy emeritaat in 1992 ontvang.

Waardering

Prof. Jaap Helberg skryf in sy waardering van dr. Duvenage in die Almanak van 2013 dr. Duvenage was iemand wat bly studeer en lees het. Daarvan getuig sy twee doktorsgrade, voordragte, artikels, By-belskoolaanbiedings en -publikasies sowel as sy preke. "'n Skerp, ontledende verstand kon dinge saamvat en diensbaar stel aan 'n gelowige lewensbenadering. Om die lig van die Woord ook in studie en wetenskap te laat skyn, daaroor het hy gedoseer en daarvoor 'n blywende belangstelling getoon.

"Hy was 'n gesinsman en het ook wyd belang gestel en betrokke gebly, oral gepaard met 'n humorsin. Verder was hy 'n toegewyde herder, het lidmate se huise en harte geken en het met begrip geluister, gekyk en gereageer. Daarby het hy ook 'n oop oog en hart gehad vir die breër vlak van die kerk en die samelewing, soos om andere te bereik en die evangelie daar te laat hoor. As ouerpaar het Benoon en Frieda self ook die pyn ervaar met hulle seun se lyding en dood, asook met Benoon se kanker 'n aantal jare gelede en uiteindelik heel onlangs.

"In dit alles het daar 'n getuienis van hulle uitgegaan oor hoe God 'n mens deur alles heen onder sy troue sorg neem. Hy is dwarsdeur sy lewe en werksaamheid binne en buite die kerk bygestaan deur Frieda, spontaan, nederig, dienend, begrypend en met 'n positiewe kyk na ander en na die lewe. Ons is die Here dankbaar vir hulle lewens en hoe dit ander se lewens verryk het."

Bron

  • (af) Helberg, prof. Jaap in Vogel, ds. Willem (et al). Die almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2013. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

19 Julie19242 Oktober2011EmeritaatGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPotchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JeuksiekteE-posBeurtkragMetaalKasterolieGewone breukeEk is 'n Afrikaan (toespraak)MeeueDruiweProteïenWeervoorspellingDistillasieBreinkaartGroepsdrukRacheltjie de BeerPseudowetenskapPornografieAluminiumLeonardo da VinciDirekte en Indirekte redeNasiebouSendelingposisieEkonomieWorcesterWikiquoteKrokodilErosieWaarheid-en-versoeningskommissieEugenetikaGevolge van aardverwarming op oseaneAntisemitismeSonPrimêre sektor van die ekonomieEngelsVratCorioliskragCholeraWinnie Madikizela-MandelaArmoedeAngina pectorisHannes van WykAfrikaanse taalleerDaggaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)WaterbesoedelingHartversakingBoontjieTermiese geleidingsvermoëPlae van EgipteBrandmondsindroomVerbondsarkPlastiekLeeuMorfeemKarakteriseringJaco JacobsBynierSosiale mediaInkomsteGroot TrekWerkwoordInfeksieGenadedoodSpinnekopSokkerDikdermSebraJohannesburgAanpassingskapasiteitWillie JoubertRooikatSaartjie BaartmanMuishondTaal🡆 More