Bennington is 'n dorp in en een van die twee shire towns (administratiewe setels) van die Bennington-distrik in die suidweste van die Amerikaanse deelstaat Vermont met 15 764 inwoners (2000).
Bennington | |
---|---|
Stad | |
Die gedenkteken ter herinnering aan die Slag van Bennington | |
Ligging van Bennington in Vermont, VSA | |
Koördinate: 42°53′28″N 73°12′29″W / 42.89111°N 73.20806°W 73°12′29″W / 42.89111°N 73.20806°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Vermont |
County | Bennington |
Stigting | 1749 |
Oppervlak | |
• Totaal | 110,1 km2 (42,5 vk. myl) |
• Land | 109,9 km2 (42,4 vk. myl) |
• Water | 0,2 km2 (0,1 vk. myl) |
Hoogte | 249 m (817 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 15 764 |
• Digtheid | 144,03/km2 (372,45/vk. myl) |
Tydsone | UTC-05:00 (EST) |
• Somertyd | UTC-04:00 (EDT) |
ZIP-kode | 05201 |
Skakelkodes | 802 |
Webwerf | bennington.com |
Bennington was die eerste dorp in die gebied van die huidige deelstaat Vermont, wat in die jaar 1749 deur die destydse goewerneur van New Hampshire, Benning Wentworth, amptelik gestig en na homself vernoem is.
Die dorp staan hoofsaaklik bekend vir die Slag van Bennington, wat tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog plaasgevind het (en eintlik 'n paar myl verder wes in die staat New York geveg is). Op 6 Augustus 1777 het generaal John Stark se New Hampshire-burgermag met sowat 1 500 soldate 'n strydmag van 800 Duitse huursoldate, plaaslike Amerikaanse lojaliste, Kanadese en Indiane onder die bevel van die Duitse luitenant-kolonel Friedrich Baum verslaan. Alhoewel Duitse versterkings onder die bevel van luitenant-kolonel Heinrich von Breymann nog opgedaag het, is hulle aanval deur Seth Warner se Green Mountain Boys-burgermag uit Vermont afgeweer.
Daar is drie historiese gebiede in die dorp: Old Bennington, Downtown Bennington en North Bennington. Old Bennington is die oorspronklike nedersetting, wat in 1761 deur lede van die Kongregasionaliste-beweging uit Connecticut en Massachusetts gestig is, nadat hulle van hul moederkerk weggebreek het. Teen die begin van die 19de eeu het Downtown Bennington begin ontwikkel, en in die jaar 1854 het die distrik se bevolking 18 589 beloop.
Die gedenkteken van die Slag van Bennington, wat 'n obelisk met 'n hoogte van 306 voet bevat, is in 1891 ingewy en het intussen 'n gewilde toeristebestemming geword.
Bennington beskik oor natuurlike hulpbronne en waterkrag en het al vroeg 'n sentrum van die houtverwerking en ander nywerhede geword. Die dorp staan landwyd bekend vir sy pottebakkerskuns, yster en tekstiele. Bennington-Kollege, een van die belangrikste tersiêre onderwysinstellings in Vermont, is in 1932 gestig.
Volgens die Verenigde State se Sensusburo het Bennington 'n totale oppervlakte van 110 vierkante kilometer (42,5 vierkante myl), waarvan 109,9 vierkante kilometer land en 0,2 vierkante kilometer (0,1 vierkante myl) of 0,14 persent water.
Volgens die sensus van 2000 was daar 15 737 inwoners, 6 162 huishoudings en 3 863 gesinne in die dorp. Die bevolkingsdigtheid was 143,2 mense per vierkante kilometer (370,9 mense per vierkante myl). Van die bevolking was 96,96 persent Blankes, 0,63 persent Swartes, 0,25 persent Indiane, 0,95 persent Asiate, 0,02 persent Pasifiese Eilanders, 0,22 persent ander en 0,97 persent van gemengde afkoms.
Die belangrikste nywerhede van Bennington is vervoertoerusting, papier, plastiek, elektroniese komponente, tekstiele en pottebaksterware.
Deelstaat Vermont | |
---|---|
Onderwerpe | Grondwet | Kultuur | Geografie | Regering | Geskiedenis | Ekonomie | Stede | Nedersettings in Vermont |
Hoofstad | |
Streke | Champlainvallei | Groen Berge | Mount Mansfield | Northeast Kingdom |
Distrikte | Addison | Bennington | Caledonia | Chittenden | Essex | Franklin | Grand Isle | Lamoille | Orange | Orleans | Rutland | Washington | Windham | Windsor |
Stede | Barre | Burlington | Montpelier | Newport | Rutland | South Burlington | St. Albans | Vergennes | Winooski |
Dorpe | Bennington | Calais | Stowe | Williston |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bennington, Vermont, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.