Benjamin List

Benjamin List (gebore 11 Januarie 1968) is 'n Duitse chemikus wat een van die direkteure van die Max Planck Instituut vir Steenkoolnavorsing en professor in organiese chemie aan die Universiteit van Keulen is.

Hy het organokatalise mede-ontwikkel saam met David MacMillan. Organokatalise is 'n metode om chemiese reaksies te versnel en doeltreffender te maak. Hy het die 2021 Nobelprys vir Chemie met David MacMillan gedeel "vir die ontwikkeling van asimmetriese organokatalise".

Benjamin List
Benjamin List (2021)
Benjamin List (2021)
Gebore (1968-01-11)11 Januarie 1968
Frankfurt, Duitsland
Alma mater
  • Vrye Universiteit van Berlyn
  • Goethe-universiteit Frankfurt
Vakgebied Organiese chemie
Instellings
  • Cologne-universiteit
  • Max Planck Instituut vir Steenkoolnavorsing
  • Hokkaido-universitiet
Toekennings
Proefskriftoesighouer Johann Mulzer
Proefskrif Synthese eines Vitamin B 12 Semicorrins (1997)
Eggenoot Dr. Sabine
Kinders Theo en Paul

Agtergrond

List is gebore uit 'n hoër-middelklas familie van wetenskaplikes en kunstenare in Frankfurt, en is 'n agterkleinseun van die kardioloog Franz Volhard en 'n 2de agterkleinseun van die chemikus Jacob Volhard. Sy ma, Heidi List, is 'n argitek en haar suster is die 1995 wenner van die Nobelprys vir Geneeskunde, Christiane Nüsslein-Volhard. Op driejarige ouderdom is sy ouers geskei.

Loopbaan en navorsing

List het in 1993 sy Diplom in chemie aan die Vrye Universiteit van Berlyn verwerf, en sy PhD aan die Goethe-universiteit Frankfurt in 1997. Sy doktorale proefskrif was getitel Synthese eines Vitamin B 12 Semicorrins (Sintese van 'n vitamien B 12-semikorrin), en Johann Mulzer was sy proefskriftoesighouer. List het van 1997 tot 1998 by die Scripps Navorsingsinstituut se departement van molekulêre biologie in La Jolla, VSA gewerk as 'n nadoktorale navorser in Carlos F. Barbas III en Richard Lerner se navorsingsgroepe met 'n beurs van die Alexander von Humboldt-stigting en as 'n assistent-professor van 1999 tot 2003.

In 2003 het hy na Duitsland teruggekeer om groepleier by die Max Planck Instituut vir Steenkoolnavorsing te word, en in 2005 het hy een van die instituut se direkteure geword, aan die hoof van die Departement Homogene Katalise. Hy het van 2012 tot 2014 as die instituut se besturende direkteur gedien. Hy het sedert 2004 'n deeltydse pos as 'n ereprofessor in organiese chemie aan die Universiteit van Keulen beklee. List is ook 'n hoofondersoeker by die Instituut vir Chemiese Reaksie Ontwerp en Ontdekking, Hokkaido Universiteit sedert 2018. Hy is die hoofredakteur van die wetenskaplike tydskrif Synlett. Vanaf 2021 het hy 'n h-indeks van 95 volgens Google Scholar en van 86 volgens Scopus.

Benjamin List 
Katalisator vir asimmetriese reaksies, L-prolien.

List word beskou as een van die stigters van organokatalise, wat nie-metaal en nie-ensiem katalisators gebruik. In die besonder, terwyl hy nog 'n assistent-professor was, het hy die moontlikheid ontdek om die aminosuur prolien as 'n doeltreffende chirale katalisator te gebruik. Dit vind plaas in intermolekulêre aldolreaksies, waarin koolstofatome van twee verskillende molekules aan mekaar gebind word en prolien veroorsaak hierdie reaksie. Die ontwikkeling is gebaseer op die Hajos–Parrish–Eder–Sauer–Wiechert-reaksie. Daarna het hy die eerste prolien-gekataliseerde Mannich-, Michael-, en α-amineringsreaksies ontwikkel. Hy het asimmetriese katalise ontdek (veral asimmetriese teenaanioongerigte katalise). Hy het ook nuwe metodes van tekstiel-organiese katalise ontwikkel, waarin oplosbare organiese katalisators en tekstiele gebind word. Hierdie metodes kan byvoorbeeld help om water te behandel waar daar nie vars water is nie. Asimmetriese organokatalise is veral belangrik in bioaktiewe organiese verbindings, waar die chiraliteit van die verbindings belangrik is, byvoorbeeld in geneesmiddelproduksie.

Op 6 Oktober 2021 is hy saam met David MacMillan met die Nobelprys in Chemie toegeken "vir die ontwikkeling van asimmetriese organokatalise." Die ontwikkeling het groot invloed op farmaseutiese navorsing en die geneesmiddelproduksie en "het chemie groener gemaak".

Persoonlike lewe

List het in 1999 met Dr. Sabine List in La Jolla getrou en hulle het twee seuns, Theo en Paul. Hulle het almal die 2004-aardbewing en tsoenami in die Indiese Oseaan oorleef.

List se ouers het probeer om hul kinders groot te maak met 'n anti-outoritêre ouerskapstyl; hy het erken dat hy af en toe die benadering met sy eie kinders gebruik, en gesê dat "jy dalk net 12 is, maar as jy dink dit sal jou goed doen om tien sjokoladestafies te eet, gaan dan voort en doen dit. Ek het vertroue in jou. Maar my raad is: ek sal dit nie doen nie."

Geselekteerde werke

  • List, Benjamin; Lerner, Richard A.; Barbas, Carlos F. (26 Februarie 2000). "Proline-Catalyzed Direct Asymmetric Aldol Reactions". Journal of the American Chemical Society (in Engels). American Chemical Society (ACS). 122 (10): 2395–2396. doi:10.1021/ja994280y. ISSN 0002-7863.
  • Mayer, Sonja; List, Benjamin (19 Junie 2006). "Asymmetric Counteranion-Directed Catalysis". Angewandte Chemie International Edition (in Engels). Wiley. 45 (25): 4193–4195. doi:10.1002/anie.200600512. ISSN 1433-7851. PMID 16721891.
  • Čorić, Ilija; List, Benjamin (2012). "Asymmetric spiroacetalization catalysed by confined Brønsted acids". Nature (in Engels). Springer Science and Business Media LLC. 483 (7389): 315–319. Bibcode:2012Natur.483..315C. doi:10.1038/nature10932. ISSN 0028-0836. PMID 22422266. S2CID 4401955.
  • Kaib, Philip S. J.; Schreyer, Lucas; Lee, Sunggi; Properzi, Roberta; List, Benjamin (6 Oktober 2016). "Extremely Active Organocatalysts Enable a Highly Enantioselective Addition of Allyltrimethylsilane to Aldehydes". Angewandte Chemie International Edition (in Engels). Wiley. 55 (42): 13200–13203. doi:10.1002/anie.201607828. ISSN 1433-7851. PMID 27653018.
  • Tsuji, Nobuya; Kennemur, Jennifer L.; Buyck, Thomas; Lee, Sunggi; Prévost, Sébastien; Kaib, Philip S. J.; Bykov, Dmytro; Farès, Christophe; List, Benjamin (29 Maart 2018). "Activation of olefins via asymmetric Brønsted acid catalysis". Science (in Engels). American Association for the Advancement of Science (AAAS). 359 (6383): 1501–1505. Bibcode:2018Sci...359.1501T. doi:10.1126/science.aaq0445. hdl:21.11116/0000-0001-2AD6-F. ISSN 0036-8075. PMID 29599238. S2CID 4549863.
  • Lee, J.-W.; Mayer-Gall, T.; Opwis, K.; Song, C. E.; Gutmann, J. S.; List, B. (12 September 2013). "Organotextile Catalysis". Science (in Engels). American Association for the Advancement of Science (AAAS). 341 (6151): 1225–1229. Bibcode:2013Sci...341.1225L. doi:10.1126/science.1242196. ISSN 0036-8075. PMID 24031014. S2CID 206550607.
  • Zhang, Zhipeng; Bae, Han Yong; Guin, Joyram; Rabalakos, Constantinos; van Gemmeren, Manuel; Leutzsch, Markus; Klussmann, Martin; List, Benjamin (17 Augustus 2016). "Asymmetric counteranion-directed Lewis acid organocatalysis for the scalable cyanosilylation of aldehydes". Nature Communications (in Engels). Springer Science and Business Media LLC. 7 (1): 12478. Bibcode:2016NatCo...712478Z. doi:10.1038/ncomms12478. ISSN 2041-1723. PMC 4992067. PMID 27530470.

Aantekeninge

Verwysings

Tags:

Benjamin List AgtergrondBenjamin List Loopbaan en navorsingBenjamin List Persoonlike leweBenjamin List Geselekteerde werkeBenjamin List AantekeningeBenjamin List VerwysingsBenjamin ListChemieChemiese reaksieDavid MacMillanDuitsersNobelprys vir ChemieOrganiese chemie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SinoniemSkeletRenosterGeelsugLetterkundeMisdaadWiki CommonsKennisDemi Lee MooreAnale seksTydbestuurTransatlantiese slawehandelKabelstutbrugProbleemoplossingAardverwarmingHipertensieKankerNoord-AmerikaLiefdeByJeuksiekteWaterbesoedelingSamestellingAmor VittoneJan BloukaasNierVredenburgVoortrekkermonumentKoedoeGermaanse taleLanseria-lughaweIrma SternHomofobieDierAssonansieLiewe HeksieOmgewingsbeheerMikroörganismeGeslagJohannes MeintjesPersoon (taalkunde)MiltDuifVoegwoordHoutEngelandRoosGereedskapGeskiedenis van die AardeBeesGasa-Israel-konflik van Oktober 2023ProteïenNamibwoestynRob HersovWiskundige terminologieNasiebouAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeLikkewaanGeskiedenis van die BoererepubliekePlae van EgipteStikstofMuishondSenuweestelselMaagsweerLika BerningAnorexia nervosaSlag van BloedrivierProteaLily CarterByvoeglike naamwoordKindermishandelingFiksheidLys van Islamitiese feeste en herdenkingsSuid-AmerikaVoël🡆 More