Benicio Del Toro

Benicio Monserrate Rafael del Toro Sánchez (gebore op 19 Februarie 1967), beter bekend as Benicio del Toro, is ’n Puerto Ricaanse akteur.

Hy het ’n Oscar, Bafta, Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen vir sy uitbeelding van Javier Rodríguez in die prent Traffic (2000).

Benicio del Toro
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Del Toro in 2014 by die première van Guardians of the Galaxy.

Geboortenaam Benicio Monserrate Rafael del Toro Sánchez
Geboorte 19 Februarie 1967 (1967-02-19) (57 jaar oud)
Aktiewe jare 1985-tans

Loopbaan

Benicio Del Toro 
Del Toro as Che Guevara in die prent Che (2008).

Hy het sy loopbaan in die laat 1980's begin in klein televisierolle, hoofsaaklik van skurke en dwelmhandelaars, in byvoorbeeld Miami Vice en Drug Wars: The Camarena Story. Hy het daarna in rolprente begin optree – sy debuut was in Big Top Pee-wee en daarna het die James Bond-prent Licence to Kill gevolg. Hy was ook in The Indian Runner (1991), China Moon (1994), Christopher Columbus: The Discovery (1992), Money for Nothing (1993), Fearless (1993) en Swimming with Sharks (1994).

In 1995 het sy loopbaan ’n hupstoot gekry met sy spel in The Usual Suspects, as die mompelende Fred Fenster. Hy het daarvoor ’n Independent Spirit Award vir beste manlike byspeler gekry en hom gevestig as ’n karakterakteur.

Del Toro is ook bekend vir sy rolle as dr. Gonzo in Fear and Loathing in Las Vegas (1998), Franky Four Fingers in Snatch (2000), Jackie Boy in Sin City (2005) en Che Guevara in Che (2008), waarvoor hy die prys vir beste akteur op die Cannes-rolprentfees en by die Goya-pryse gewen het.

Del Toro het die rol gespeel van die Collector in Marvel Studios se superheldfliek Thor: The Dark World (2013) en ook in Guardians of the Galaxy (2014). In 2015 was hy Alejandro Gillick in Sicario.

Verwysings

Tags:

19 Februarie1967AkteurBaftaGolden GlobeOscarPuerto Rico

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KangogrottePersentasieApartheidSoortnaamWaterkringloopTweede Nuwe JaarNoordwesOutismeRooikatLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaTegnologiePornhubBTWSamestellingKweekhuiseffekLEkologieLys van Afrikaanse skrywersGautengTienerFossielbrandstofNaaldekokerTatoeëermerkWikiquoteNasiebouProstaatkankerDeelstate van die Verenigde State van AmerikaMielieEnsiklopedieFranse RewolusieKunsmatige algemene intelligensieUniegebouSarel Jacob PretoriusIndiëHoofpynMenstruasieGrondwet van Suid-AfrikaWortelTsoenamiJan van TonderKunsmisJavaScriptKoorsKwaZulu-NatalMikro-ekonomieHoofkarakterSkooluniformGewone breukeWiskundige terminologieDikdermDundermPad na jou hartKrugerwildtuinLys van Griekse mitologiese figureBoer Soek 'n VrouDaggaBrongitisDramaNedersettingKinkhoesWaterpokkiesRieldansLyfstraf in skoleKimberleyStilleweBiologieGalblaasBlack SashGriekwa-AfrikaansKlein-KarooKaapse florarykLys van Kaapstad se voorstede3D-rolprentNag van die lang messeVersamelnaam🡆 More