Benediktus Van Nursia

Benediktus van Nursia OSB (Latyn: Benedictus Nursiae; Italiaans: Benedetto da Norcia; 2 Maart 480 - 21 Maart 548) was 'n Christelike heilige wat in die Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Oriëntaal-Ortodokse Kerke en die Anglikaanse Gemeenskap vereer word, asook in die Ou Katolieke Kerke.

Hy is 'n beskermheilige van Europa.

Benediktus van Nursia
Benediktus Van Nursia

Sint Benediktus op 'n Oosters-Ortodokse ikoon, met Latynse inskripsie.
Stigter van die Benediktynse Orde, duiweluitdrywer, mistikus, ab van Monte Cassino en vader van Westerse monastisisme
Gebore 2 Maart 480, Nursia (nou Norcia)
Sterfte 21 Maart 547, Monte Cassino
Vereer in Alle Christelike denominasies wat heiliges vereer
Heiligverklaring 1220, Rome, deur pous Honorius III
Feesdag 11 Julie (Algemene Rooomse kalender, Anglikaanse Gemeenskap)
14 Maart (Oosters-Ortodokse Kerk)

Lewe

Benediktus het 12 gemeenskappe vir monnike gestig in Subiaco, Lazio, Italië (sowat 65 km oos van Rome), voordat hy na Monte Cassino in die berge van Sentraal-Italië is. Die Orde van Sint Benediktus het later ontstaan en is nie 'n orde in die gewone sin van die woord nie, maar 'n konfederasie van outonome gemeentes.

Benediktus Van Nursia 
Sint Benediktus aan die skryf aan die Reël van Sint Benediktus, deur Herman Nigg (1849-1928).

Benediktus is veral bekend vir die Reël van Sint Benediktus, 'n stel voorskrifte vir sy monnike om te volg. Dit toon 'n unieke gees van balans, matigheid en redelikheid, wat die meeste Christelike godsdiensgemeenskappe wat in die Middeleeue gestig is, oortuig het om dit te aanvaar. As gevolg daarvan het die reël een van die invloedrykste godsdiensregulasies in die Westerse Christendom geword. Giuseppe Carletti beskou sint Benediktus daarom as die stigter van Westerse Christelike monastisisme.

Reël van Sint Benediktus

Benediktus het die voorskrifte in 516 geskryf vir monnike wat in 'n gemeenskap onder die gesag van 'n ab woon. Dit bevat 73 kort hoofstukke. Dit bevat twee aspekte: spiritueel (hoe om 'n lewe op aarde te lei wat om Christus gesentreer is) en administratief (hoe om 'n klooster doeltreffend te bestuur). Meer as die helfte van die hoofstukke beskryf hoe om nederig en gehoorsaam te wees, en wat om te doen as 'n lid van die gemeenskap nie is nie.

Na aanleiding van die goue reël ora et labora ("bid en werk") het die monnike elke dag agt uur lank gebid, agt uur geslaap en agt uur aan handearbeid, die lees van heilige geskrifte en welsyn bestee.

Verwysings

Skakels

  • Benediktus Van Nursia  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Benediktus Van Nursia LeweBenediktus Van Nursia Reël van Sint BenediktusBenediktus Van Nursia VerwysingsBenediktus Van Nursia SkakelsBenediktus Van NursiaAnglikaanse GemeenskapBenediktyneBeskermheiligeChristendomEuropaItaliaansKatolieke KerkLatynOosters-Ortodokse KerkOriëntaal-Ortodoks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BronsGlobaliseringNiersteenJansenvilleWiskundige terminologieOu Apostoliese KerkKommaStedelike hitte-eilandGautengHoofletterDemi Lee MooreNag van die lang messeAfrikanernasionalismeVulvaLys van Kaapstad se voorstedeKatLys van chemiese elemente volgens atoomgetalBorsteVakbondPretoriaApokriewe boekeArabies-Israeliese konflikLiefdeSout (chemiese stof)SeksismeKaapstadse waterkrisis 2015-2018LuiperdBreinvliesontstekingEkonomie van Suid-AfrikaCovid-19-pandemieFacebookByKookpuntFiela se kindEiffeltoringOos-KaapNederlandSeksuele opwekkingRassisme in AfrikaAnale seksEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaTrekarbeidPoësieLys van Afrikaanse skrywersXenofobieKarakteriseringVerkleinwoordNoord-Sotho (taal)BakterieMoedersdagBloedsomloopstelselD.J. OppermanVergelykings (taalkunde)Lien se lankstaanskoeneGoudWatersuiweringLidwoordConsolidated B-24 LiberatorVerkouePenisPerdebyeAl-FatihaMisdaadBreinkaartAntisemitismePornhubSatellietMaselsEugenetikaKrugerwildtuinBreyten BreytenbachVaalrivierYsland🡆 More