Ben Affleck (* Benjamin Géza Affleck-Boldt op 15 Augustus 1972) is 'n Amerikaanse akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer.
Hy het in die 1990's bekend geword met sy betrokkenheid by die rolprent Mallrats (1995) en het later die titelrol in Chasing Amy (1997) vertolk. Affleck het sedertdien 'n Academy-toekenning ontvang vir sy draaiboek van Good Will Hunting (1997). Hy het hom as 'n voorste Hollywood-persoonlikheid gevestig vanweë sy verskyning in rolprente met hoë begrotings soos Armageddon (1998), Pearl Harbor (2001), Changing Lanes (2002), The Sum of All Fears (2002), en Daredevil (2003).
Ben Affleck | |
Ben Affleck by die 2008 World Series of Poker. | |
Geboortenaam | Benjamin Géza Affleck-Boldt |
---|---|
Geboorte | 15 Augustus 1972 Berkeley, CA (VSA) |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, regisseur, draaiboekskrywer |
Rolprente | Armageddon, Pearl Harbor, Daredevil |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Ná 'n hoë-profiel-verhouding met die aktrise Gwyneth Paltrow in 1998, het sy verhouding met die aktrise-sangeres Jennifer Lopez wêreldwye aandag getrek waartydens die paartjie deur die media “Bennifer” gedoop is. Hulle het in 2004 hul verhouding beëindig en hy het met Jennifer Garner begin uitgaan. Die twee is in Junie 2005 getroud en het twee dogters, Violet (* Desember 2005) en Seraphina (* Januarie 2009). Affleck bly betrokke by die politiek en hou hom ook besig met 'n nie-winsgewende organisasie genaamd A-T Children's Project. Hy het saam met sy jeugvriend Matt Damon die vervaardigingsmaatskappy LivePlanet gestig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ben Affleck, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.