Beloftes van môre is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 September 1981 uitgereik is.
Beloftes van môre | |
---|---|
Regisseur | Daan Retief |
Produksieleier | Bill Troskie |
Draaiboek | Daan Retief |
Met | Yvonne Schoeman Marie Pentz Elize Lizamore |
Kinematografie | Buster Reynolds |
Ateljee | Constantia Films |
Uitgereik | 25 September 1981 |
Speeltyd | 86 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Die rolprent is gebaseer op die gelyknamige boek van Empie Maritz en speel teen die agtergrond van ‘n hospitaal af.
Die rolprent is 'n drama.
Verpleeg-inspekteur Ella Rossouw koester 'n jarelange wrok teen matrone Ria Vermeulen, wie se twee dogters, Heleen (Elzette Maarschalk) en Christa (Elize Lizamore), as verpleegsters in die hospitaal werk. Christa is veral baie gewild onder die kankerpasiënte met wie sy werk. Ella probeer om Ria te na te kom deur haar dogters te benadeel en Ria weens wangedrag aan die hospitaaldireksie te rapporteer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Beloftes van môre, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.