Beitbrug-Bulawayo Spoorweg

Die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg is 'n privaat spoorlynmaatskappy wat 'n spoorlyn in Zimbabwe tussen Beitbrug aan die Suid-Afrikaanse grens en Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo bedryf.

Beitbrug-Bulawayo Spoorweg
Die ou Beitbrug word deesdae net vir spoorvervoer gebruik.

Die 3 voet 6 duim (1067 mm) Kaapspoor is 'n bou-bedryf-oordrag projek wat die afstand tussen Bulawayo in Zimbabwe en Suid-Afrika tot 317 kilometer (197 myl) verkort het. Voor sy inhuldiging, het die spoordiens tussen Suid-Afrika en Bulawayo 'n roete deur Botswana gebruik wat ongeveer 200 kilometer (120 myl) langer is. Die korter lyn word hoofsaaklik vir goederevervoer gebruik.

New Limpopo Projects Investments Limited (NLPI), 'n Mauritius-geregistreerde maatskappy, spesialiseer in privaatsektorbeleggings met behulp van die bou-bedryf-oordrag (BBO) konsep. Die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg is een van drie spoorwegbedrywighede in Zimbabwe en Zambië wat 'n spoorroete tussen Suid-Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo vorm.

Die Beitbrug-Bulawayo Spoorweg is op 15 Julie 1999 ingewy. Na 30 jaar van diens sal die projek aan die Nasionale Spoorweë van Zimbabwe oorhandig word teen geen koste. Dit het 'n groot negatiewe impak op die winsgewendheid van Botswana Spoorweë wie se Zimbabwe-verwante vragvolume met 90 000 ton per jaar afgeneem het tot 10 000 ton.

Verwysings


Tags:

BeitbrugBulawayoGrens tussen Suid-Afrika en ZimbabweZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OvulasieSeksposisieHulpwerkwoordDroogteRenosterNazi-DuitslandDiepaartromboseSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Menslike skeletDuitslandRenaissanceKwaggaSinoniemBalletKunsmisDuitse maselsWikimedia-stigtingNasiebouVerdampingRooms-Katolieke KerkMenstruasieNatuurlike hulpbronFisioterapieNic de JagerNedersettingWinterBeroerteNaboomDiskriminasiePapegaaieTrevor ManuelAfrikaanse Protestantse KerkLys van landeBestuiwingTweede VryheidsoorlogLeon KrugerMolekuulBaarmoederKoos du PlessisEmfiseemLys van musiekinstrumenteAustraliëKaliforniëOnomatopeeAnglo-BoereoorlogBloeddrukPastoorNoordwesMenseregteBevolkingVaalrivierAborsieTrevor NoahShakaBynierStilleweSkoenlapperRina HugoElizabeth II van die Verenigde KoninkrykAluminiumLiewe HeksieSwitserlandSirkusBlaaskankerStikstofHidroëlektrisiteitBlaarVlekvrye staalNamibiëLourensrivierVolstruisHeupOranjerivier🡆 More