Beiroet: Hoofstad van Libanon

Beiroet (Arabies: بيروت‎‎ Bayrūt; Bybelse Hebreeus: בְּאֵרוֹת Be'erot; Hebreeus: ביירות Beyrut; Latyn: Berytus; Frans: Beyrouth; Turks: Beyrut; Armeens: Պէյրութ Beyrut) is die hoofstad en grootste stad van Libanon.

Geen onlangse bevolkingsensus is uitgevoer nie, maar die ramings van 2007 het gewissel van iets meer as 1 miljoen tot 2,2 miljoen as deel van Groter Beiroet, wat dit die derde grootste stad in die Levant-streek en die vyftiende-grootste in die Arabiese wêreld maak. Beiroet, geleë op 'n skiereiland op die middelpunt van die Middellandse See-kus van Libanon, is 'n belangrike streekhawe. Die stad word soms Parys van die Midde-Ooste genoem.

Beiroet
Beiroet: Verwysings, Sien ook, Eksterne skakels

Kaart Wapen
Beiroet: Verwysings, Sien ook, Eksterne skakels
Beiroet: Verwysings, Sien ook, Eksterne skakels
Vlag
Beiroet: Verwysings, Sien ook, Eksterne skakels
 Land Vlag van Libanon Libanon
 Goewernement Beiroet
 Koördinate 33°53′N 35°31′O / 33.883°N 35.517°O / 33.883; 35.517
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 20 vk km
 Hoogte bo seevlak m
 Bevolking:  
 - Totaal (2012) 361 366
 - Bevolkingsdigtheid /vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 200 000
 Tydsone UTC +2
 - Somertyd UTC +3
 Burgemeester Bilal Hamad
 Amptelike webwerf beirut.gov.lb

Dit is een van die oudste stede ter wêreld, wat al langer as 5000 jaar bewoon word. Die eerste historiese vermelding van Beiroet word gevind in die Amarna-briewe uit die Nuwe Koninkryk van Egipte, wat dateer uit die 15de eeu vC.

Beiroet is die regeringssetel van Libanon en speel 'n sentrale rol in die Libanese ekonomie, met die meeste banke en besighede in die sentrale distrik, Badaro, Rue Verdun, Hamra, Ryad el Soloh straat en Achrafieh. Na die vernietigende Libanese burgeroorlog het die kulturele landskap van Beiroet 'n groot heropbou ondergaan. Beiroet word geïdentifiseer en hoog aangeslaan vir boekhouding, advertensies, bankwese, finansies en die regte, en word deur die Globalization and World Cities Research Network as 'n Beta-wêreldstad beskou.

Verwysings

Sien ook

Bibliografie

  • Hall, Linda Jones (2004), Roman Berytus: Beirut in Late Antiquity .
  • Head, Barclay et al. (1911), "Phoenicia", in Ed Snible, Historia Numorum (2nd ed.), Oxford: Clarendon Press, http://snible.org/coins/hn/syria.html .
  • Kassir, Samir (2003), Histoire de Beyrouth, Fayard .
  • Kassir, Samir (2010), Beirut, Berkeley: University of California Press .
  • Mansel, Philip (2010), Levant: Splendour and Catastrophe on the Mediterranean, London: John Murray, ISBN 978-0-7195-6707-0 
  • Talbert, Richard (2000), Barrington Atlas of the Greek and Roman World, ISBN 0-691-03169-X .

Eksterne skakels


Tags:

Beiroet VerwysingsBeiroet Sien ookBeiroet Eksterne skakelsBeiroetArabiesArmeensBybelFransHebreeusHoofstadLatynLibanonMidde-OosteMiddellandse SeeParysTurks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wayde van NiekerkDaggaVerenigde KoninkrykGeslagsgelykheidAce MagashuleLys van musiekinstrumenteUniegebouPriemgetalPornografieWetenskaplike klassifikasieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaWerkwoordWoordeboek van die Afrikaanse TaalMetafoorBelastingSinoniemLabia (geslagsdele)MosesHoutAlkoholismeBraaiHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSkoolTrekarbeidUitwerking van klimaatsveranderingRugbyNkosi Sikelel' iAfrikaAprilWinterDramaSonnestelselTaalDroomWhatsAppProstaatkankerHannes van WykEnsiklopedieKalsiumKatoenAfrikaanse Protestantse KerkVulkaanKaren MeiringSuid-Afrikaanse GrensoorlogWiskundeMarkenInligtingstegnologieLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesInternetMisdaadSeksismeMierRonelda KamferGriekse mitologieMaselsPseudowetenskapHemelBesemGemeenskapsorganisasieBelvidere Holy Trinity-kerkEkonomie van Suid-AfrikaHartaanvalJan-Willem BreureBalletMieliestronkGautengHoofpynBreingewasDataverwerkingGraatjiemeerkatInflasieSpringbokkeLionel PetersonBrandmondsindroomKoperAarde se atmosfeerHokkieISO 3166-2EekhoringMuishond🡆 More