Battenberg-Familie

Die Battenberg-familie was voorheen ’n morganatiese tak van die Huis van Hesse-Darmstadt, heersers oor die Groothertogdom Hesse in Duitsland.

Die eerste lid was Julia Hauke, wie se swaer, groothertog Louis III van Hesse, haar in 1851 tydens haar morganatiese huwelik met sy broer, prins Alexander van Hesse en by Ryn, die Grafin van Battenberg gemaak het, met die aanspreekvorm "Verhewe Hoogheid" (Duits: Erlaucht). Die naam Battenberg verwys na die dorp Battenberg in Hesse. In 1858 het prins Alexander haar titel verhoog tot Prinses van Battenberg, met die aanspreekvorm "Deurlugtige Hoogheid" (Durchlaucht).

Battenberg
Die Battenberg-wapen
Die Battenberg-wapen
Die wapen van Alexander van Battenberg, wat van 1879 tot 1886 oor die Prinsdom Bulgarye regeer het
Die wapen van Alexander van Battenberg, wat van 1879 tot 1886 oor die Prinsdom Bulgarye regeer het
Afstamming Hesse-Darmstadt-tak
van die Huis van Hesse
Oorsprong Groothertogdom van Hesse
Kadettak Mountbatten-familie

Die van Battenberg is laas gebruik deur prins Francis Joseph van Battenberg, die jongste seun van die Prinses van Battenberg, wat in 1924 sonder kinders dood is. In 1917 het die meeste lede van die familie in die Britse Ryk gewoon en afstand van hulle Hesse-titels gedoen vanweë die toenemende anti-Duitse sentiment in Brittanje tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het hulle van na Mountbatten, die Engelse vorm van Battenberg, verander. Juan, Graaf van Barcelona, ’n seun van Victoria Eugénie van Battenberg, die koningin van Spanje, het egter tot met sy dood in 1993 die van Borbón y Battenberg gebruik.

Skepping

Prins Alexander (1823-1888) was die derde oudste seun van Louis II, Groothertog van Hesse en by Ryn, en Wilhelmina van Baden, hoewel daar openlik gegis is dat sy biologiese pa sy ma se kamerheer was. Prins Alexander se vrou, Julia von Hauke (1825-1895), was ’n gravin, die dogter van ’n Poolse adellike van Duitse afkoms. Hauke se rang was te laag dat sy dogter se kinders ’n aanspraak op die troon van Hesse kon hê. Daarom het haar swaer, Louis III van Hesse, die titel Gravin van Battenberg (Gräfin von Battenberg) vir haar en die paartjie se nageslag geskep. In 1858 is die titel tot Prinses van Battenberg verhoog. Daar was nooit ’n Prinsdom Battenberg nie. Daar was egter ’n vorige familie van grawe van Battenberg wat in die 14de eeu uitgesterf het.

Ná 1858 het die kinders uit dié huwelik die titels prins en prinses gehad, met die aanspreekvorm Deurlugtige Hoogheid. Battenberg was dus die naam van ’n morganatiese kadettak van die Groothertogdom Hesse, sonder ’n aanspraak op die troon.

Lede

  • Julia, Prinses van Battenberg (1825-1895), getroud met prins Alexander van Hesse en by Ryn, derde oudste seun van Louis II, Groothertog van Hesse, en Wilhelmina van Baden
    • Prinses Marie van Battenberg (1852-1923), getroud met die Prins van Erbach-Schönberg (1871)
    • Prins Louis van Battenberg (1854-1921), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en die Markies van Milford Haven geword het; hy is getroud met sy kleinniggie prinses Victoria van Hesse en by Ryn, die dogter van Ludwig IV, Groothertog van Hesse, en prinses Alice van die Verenigde Koninkryk
      • Prinses Alice van Battenberg (1885-1969), wat getrou het met prins Andreas van Griekeland en Denemarke (1903)
      • Prinses Louise van Battenberg (1889-1965), wat in 1917 afstand van haar titel gedoen en lady Louise Mountbatten geword het; sy het in 1923 met die toekomstige Gustaf VI Adolf va Swede getrou
      • Prins George van Battenberg (1892-1938), wat in 1917 afstand van sy titel gedoen en sy pa se junior titel Graaf van Medina aangeneem het; hy het later die 2de Markies van Milford Haven geword
      • Prins Louis van Battenberg (1900-1979), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en lord Louis Mountbatten (en later Graaf Mountbatten van Birma) geword het
    • Prins Alexander van Battenberg (1857-1893), wat in 1879 verkies is tot die heersende prins van Bulgarye; hy was ná sy abdikasie bekend as die Graaf van Hartenau
      • Asen van Hartenau (1890-1965)
      • Tsvetana van Hartenau (1893-1935)
    • Prins Hendrik van Battenberg (1858-1896) – getroud met prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk, ’n dogter van koningin Victoria en prins Albert
      • Prins Alexander van Battenberg (1886-1960), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en die Markies van Carisbrooke geword het
      • Prinses Victoria Eugénie van Battenberg (1887-1969), wat in 1906 met koning Alfonso XIII van Spanje getrou het
      • Prins Leopold van Battenberg (1889-1922), wat in 1917 van sy titel afstand gedoen en lord Leopold Mountbatten geword het
      • Prins Maurice van Battenberg (1891-1914)
    • Prins Francis Joseph van Battenberg (1861-1924), wat met prinses Anna van Montenegro getrou het

Verbintenis met koninklike families

Een van die oorspronklike egpaar se seuns, prins Alexander van Battenberg, is verkies tot die heersende prins van Bulgarye; hy is later gedwing om te abdikeer.

Nog ’n seun, prins Hendrik van Battenberg, het getrou met prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk, die jongste dogter van koningin Victoria. Hulle dogter, Victoria Eugenia Julia Ena, het met die koning van Spanje getrou. Haar oom Edward VII van die Verenigde Koninkryk het haar titel tot koninklike hoogheid verhoog sodat sy die nodige status sou hê om in die Spaanse koningshuis in te trou.

Alexander en Julia se oudste seun, prins Louis van Battenberg, het die First Sea Lord van die Britse vloot geword. Vanweë anti-Duitse sentimente tydens die Eerste Wêreldoorlog in Brittanje het hy sy naam na Mountbatten verengels, nes sy kinders en neefs, die seuns van prins Hendrik en prinses Beatrice.

Een van die egpaar se vier seuns en een van hulle kleinseuns het afstand gedoen van hulle Hesse-titels en lordskappe by hulle neef, George V van die Verenigde Koninkryk, gekry: Prins Louis het die 1ste Markies van Milford Haven geword en prins Alexander, prins Hendrik se oudste seun, is die Markies van Carisbrooke gemaak.

Prins Louis se tweede oudste dogter, prinses Louise van Battenberg, het in 1923 getrou met die toekomstige Gustaf VI Adolf van Swede en in 1950 die koningingemaal van Swede geword. Sy jongste seun, Louis, het die laaste onderkoning van Indië geword. Sy oudste dogter, prinses Alice van Battenberg, het getrou met prins Andreas van Griekeland en Denemarke; hulle seun, prins Philip van Griekeland en Denemarke (later bekend as prins Philip, Hertog van Edinburg), het getrou met die eerste aanspraakmaker op die Britse troon, later Elizabeth II, nadat hy afstand van sy Griekse titels gedoen het en sy oupa aan moederskant se van, Mountbatten, aangeneem het. Die naam Battenberg, in sy Engelse vorm, is nou deel van die persoonlike van Mountbatten-Windsor van sommige lede van die Britse koninklike familie.

In 1897 het prins Francis Joseph van Battenberg met prinses Anna van Montenegro getrou; sy was ’n suster van koningin Elena van Italië en ’n tante van Alexander I van Joego-Slawië.

Wapens

Benewens dié wat hier bo gewys word;

Stamboom

Stambome van die families Battenberg, Mountbatten en Mountbatten-Windsor

Battenberg/
Mountbatten
Huis van Hesse-DarmstadtHuis van Windsor (VK)Huis van Romanof (Rusland)Griekse koningsfamilieSweedse koningsfamilieSpaanse koningsfamilie
Battenberg-Familie  Louis II
(1777–1848)
Groothertog van Hesse en by die Ryn,1830

Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Koningin Victoria

Battenberg-Familie 
Albert, prinsgemaal

Battenberg-Familie 
Prins Charles van Hesse en by die Ryn
(1809-1877)
Battenberg-Familie  Louis III
(1806-1877)
Groothertog van Hesse en by die Ryn,1848
Prins Alexander van Hesse en by die Ryn
(1823-1888)
Julia v. Hauke Battenberg-Familie 
(1825-1895)
Gravin, later Prinses van Battenberg

Battenberg-Familie 
Marie
(1824-1880)
Keiserin Maria Aleksandrowna
Battenberg-Familie  Keiser Aleksander II van Rusland
(1818-1881)
Battenberg-Familie  Eduard VII

Battenberg-Familie 
Prinses Alice
(1843-1878)
Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Ludwig IV
(1837-1892)
Groothertog van Hesse en by die Ryn,1877
Prinses Beatrice van die Verenigde Koninkryk
(1857-1944)

Battenberg-Familie 
Prins Henry van Battenberg
(1858-1896)

Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Prins Alexander van Battenberg
(1857-1893)
Prins van Bulgarye
(1879-1886)
Battenberg-Familie 
Prins Francis Joseph van Battenberg
(1861-1924)
Battenberg-Familie  Keiser Aleksander III van Rusland
(1845-1894)
Battenberg-Familie  Koning George I van Griekeland,1863
(1845-1913)
Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  George V

Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Ernest Louis
(1868-1937)
Groothertog van Hesse en by die Ryn,1892 - abd 1918
Alix
(1872–1918)
Keiserin Aleksandra van Rusland
Battenberg-Familie  Keiser Nikolaas II van Rusland
(1868-1918)
Victoria
(1863-1950)
Prins Louis van Battenberg

Battenberg-Familie 
(1854-1921)
vanaf 1917 Louis Mountbatten, 1ste Markies van Milford Haven
Alexander
(1886-1960)
Battenberg-Familie 
vanaf 1917 Alexander Mountbatten, Markies van Carisbrooke
Leopold
(1889-1922)
vanaf 1917 lord Leopold Mountbatten
Prins Maurice van Battenberg
(1891-1914)
Victoria Eugénie van Battenberg
(1887-1969)

Battenberg-Familie 

Koningin van Spanje,1906 -1931
Battenberg-Familie  Koning Alfonso XIII van Spanje
(1886-1941)
dep 1931
Battenberg-Familie  Koning Konstantyn I van Griekeland,1913-'17 & 1920-'22
(1868-1923)
Battenberg-Familie  George VI

Battenberg-Familie 
Georg Donatus, erfgroothertog van Hesse
(1906-1937)
Lodewyk, Prins van Hesse en by Ryn
(1908-1968)
Prinses Alice van Battenberg
(1885-1969)
Battenberg-Familie 
Prins Andreas van Griekeland en Denemarke
(1882-1944)
Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Louise Mountbatten
(1889-1965)
Koningin van Swede
Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Koning Gustaf VI Adolf van Swede
(1882-1973)
Koning, 1950
Battenberg-Familie 
George
(1892-1938)
Battenberg-Familie 
2de Markies van Milford Haven
Lord Louis Mountbatten
(1900-1979)
Battenberg-Familie 
1ste Graaf Mountbatten van Birma
Infante Juan, Graaf van Barcelona
(1913-1993)
Battenberg-Familie  Koning Paul van Griekeland,1947
(1901-1964)
Battenberg-Familie  Elizabeth II

Battenberg-Familie 
Philip
(1921-2021)
Hertog van Edinburg
Battenberg-Familie 
Prins Gustaf Adolf, Hertog van Västerbotten
(1906-1947)
David Mountbatten
(1919-1970)
3rd Markies van Milford Haven
Lady Pamela Hicks
(1929
Patricia Knatchbull
(1924-2017)
Grafin Mountbatten van Birma
m. John Knatchbull, 7de Baron Brabourne
Battenberg-Familie  Koning Juan Carlos I
(1938-)
Koning van Spanje,1975-2014
Battenberg-Familie  Sophia
(1938)
Battenberg-Familie  Koning Konstantyn II van Griekeland,1964-'73 & 1920-'22
(1940)
Prins Charles, Prins van Wallis
(1948-)

Battenberg-Familie 
Anne Mountbatten-Windsor
(1950-)

Battenberg-Familie 
Prins Andrew, Hertog van York
(1960-)

Battenberg-Familie 
Prins Edward, Graaf van Wessex
(1964-)

Battenberg-Familie 
Battenberg-Familie  Koning Carl XVI Gustaf van Swede
(1946-)
Koning, 1973
George Mountbatten
(1961-)
4de Markies van Milford Haven
Lord Ivar Mountbatten
(1963-)
Norton Knatchbull
(1947-)
3de Graaf Mountbatten van Birma
Battenberg-Familie 
6 anderBattenberg-Familie  Felipe VI
(1968-)
Koning van Spanje,2014
Kroonprins Pavlos van Griekeland
(1967)

Verwysings

Skakels

  • Battenberg-Familie  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Battenberg-Familie SkeppingBattenberg-Familie LedeBattenberg-Familie Verbintenis met koninklike familiesBattenberg-Familie WapensBattenberg-Familie StamboomBattenberg-Familie VerwysingsBattenberg-Familie SkakelsBattenberg-FamilieDuitsDuitslandHesseJulia HaukeMorganatiese huwelik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NeonDricus du PlessisRekenaarOnderwysKoerantDieregeluideNag van die lang messeAardbewingLionel PetersonWaterbesoedelingWinterLeestekenRumatiekKunselementeBateOnse VaderVerenigde KoninkrykMaatskappyPriemgetalWet op Verbod van Gemengde HuwelikeMenslike seksuele gedragKewerNasiebouStaatstoelaeAngina pectorisToerismeFanie ViljoenLys van visseIngenieursweseAnneli van RooyenWhatsAppBosluisbytkoorsKaapstadDansLys van elemente volgens simboolVierkantswortelVaste stofEmosieRacheltjie de BeerAarde se atmosfeerVeeartsGoudFossielbrandstofKoperMark (ekonomie)KoolstofdioksiedSuid-AfrikaPlaattektoniekSatellietLemoenBeesvleisEjakulasieTsoenamiGregoriaanse kalenderLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Anale kankerAfrikaanse woordelys en spelreëls2001BloedsomloopstelselMieliestronkJudaïsmeStam (taalkunde)LenteLys van Nederlandse skildersBestaansboerderyGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVerenigde State van AmerikaMuishond23 AprilLarry PageBelgiëPoësiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSpringbokAardedagAnilingus🡆 More