Die basboom of kannabas (Dais cotinifolia) is 'n klein boompie wat voorkom van Limpopo, suidwaarts deur Mpumalanga en KwaZulu-Natal tot by Oos-Londen.
Die spesie is ook inheems in Eswatini, Lesotho, Malawi, Tanzanië en Zimbabwe. Die boompie groei veral in woude en bosse. Die buisvormige blomme is pienk tot ligpers en word gedra in digte ronde hofies. Aan die basis van die blom is vier groot, skildvormige skubbe wat later houtagtig word en tot die volgende blomseisoen aan die boom bly. Die blare is deursigtig wanneer dit teen die lig gehou word. Die bome word dikwels vernietig of beskadig om die bas te verkry - waarvan toue gemaak word.
Basboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Dais |
Spesie: | D. cotinifolia |
Binomiale naam | |
Dais cotinifolia L., (1762) |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Basboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.