Absa Groep Beperk (JSE: BGA), tot onlangs bekend as Barclays Afrika Groep, is die grootste verbruikersbank in Suid-Afrika.
Die hoofkantoor is in Johannesburg en het 33 166 werknemers — plaaslik sowel as oorsee.
Absa Groep Beperk | |
Tipe | Openbare maatskappy |
---|---|
Gestig | 1991 (as Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika) |
Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Sleutelpersone | Sello Moloko (groepvoorsitter) Arrie Rautenbach (groep uitvoerende hoof) |
Gebied bedien | Botswana, Ghana, Kenia, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Seychelle, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië. |
Industrie | Bankwese, finansiële dienste, Beleggingsdienste, Versekeringsdienste |
Produkte | Kommersiële bankwese, finansies en versekering, Kleinhandelbankwese, kredietkaarte, Private ekwiteit, Beleggingsbestuur, Beleggingsbankwese |
Inkomste | R4,66 miljard (2013) |
Werknemers | 33 879 (2013) |
Webwerf | absa.co.za |
Barclays Afrika Groep 2015-01-11 | |
Simbool | BGA |
---|---|
Goedgekeur | 880 467 500 |
Uitgereik | 847 750 679 |
Sluitingsprys | ZAR 181,69 |
Beurswaarde | ZAR 154 miljard |
Aandeelhouers | |
Barclays Bank Plc | 62.30% |
Openbare Beleggingskorporasie | 5.39% |
Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika (Absa) is in 1991 gestig deur die United, Allied en Volkskas Groepe en dele van die Sage Groep. Die bankgroep het op 29 April 1991 op die JSE geopen.Dít is gevolg deur die oorname van Bankorp Groep (wat TrustBank, Senbank en Bankfin ingesluit het) in 1992. Hierdie banke het almal steeds onder hul eie name handel gedryf tot en met 1998, toe die United, Volkskas, Allied en TrustBank tot een handelsnaam saamgesmelt het. In 1997 is die naam van die houermaatskappy verander van Geamalgameerde Banke van Suid-Afrika na Absa Groep Beperk. In 2000 het die Absa Groep ’n 51% aandeel in Unifer bekom. In 2002 is Banco Austral Mozambique oorgeneem en in 2004 het die Absa Groep alle aandele van die Avena LeasePlan (Edms) Bpk gekoop, asook 61% van Sineus Holdings AG en ’n addisionele 30% van Abvest Holdings (Edms) Bpk.
In 2005 is die besit van Sineus opgestoot na 99.9%, ’n 50% aandeel in Banco Commercial Angola is bekom en het Barclays Bank van die Verenigde Koninkryk 'n 56,5% aandeel in Absa gekoop.
Absa Groep Beperk is in verskeie seksies gestruktureer wat verskeie dienste lewer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Absa Groep Beperk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.