Barcelona-Stoel

Die Barcelona-stoel is 'n stoel wat deur Mies van der Rohe en Lilly Reich ontwerp is, vir die Duitse paviljoen by die Internasionale Uitstalling van 1929.

Die uitstalling het in Barcelona, Katalonië, Spanje plaasgevind.

Barcelona-Stoel
Barcelona-stoel

Die stoel is aanvanklik in Villa Tugendhat, 'n privaatwoning, wat deur Mies in Brno (Tsjeggiese Republiek) ontwerp is, gebruik.

Materiale en vervaardiging

Die raamwerk is oorspronklik ontwerp om aanmekaar gebout te word. Die stoel is egter in 1950 herontwerp deur gebruik te maak van vlekvrye staal. Dit het 'n naatlose raamwerk met 'n gladder voorkoms tot gevolg gehad. Beesleer is gebruik om die ivoorkleurige varkvel wat vir die stoffering van die oorspronklike weergawes gebruik is, te vervang.

Filosofie en ergonomie

Hoewel baie argitekte en meubelontwerpers uit die Bauhaus tydperk van voornemens was om goed ontwerpte huise en onberispelik vervaardigde meubels vir 'gewone mense' beskikbaar te stel, was die Barcelona-stoel 'n uitsondering. Dit is vir die Spaanse koninklikes ontwerp, om hulle in staat te stel om toesig te hou oor die openingseremonies van die uitstalling. Die tydskrif Time het die uitstalling en stoel as " 'n wonderlike Duitse paviljoen" beskryf. Die vorm van die Barcelona-stoel is vermoedelik geïnspireer deur 'n Romeinse voustoel, bekend as die Curule-stoel. Dit was gestoffeerde bankies met X-vormige pote, wat deur die Romeinse aristokrasie gebruik is. Ondanks die Barcelona-stoel se industriële voorkoms, verg dit volgens Knoll Inc. heelwat hande arbeid.

Huidige produksie

Sedert 1953 vervaardig Knoll Inc die Barcelona-stoel in chroom en vlekvrye staal. Die stoele word byna volledig met die hand vervaardig, en elkeen het 'n afdruk van Van der Rohe se handtekening, wat in die raamwerk gedruk word.

Namaaksels van oorspronklike Barcelona-stoele word egter ook deur ander vervaardigers wêreldwyd vervaardig, en word onder verskillende bemarkingsname verkoop.[verwysing benodig] [ aanhaling nodig ]

In die populêre kultuur

In sy 1981 boek oor moderne argitektuur, From Bauhaus to Our House, beskryf Tom Wolfe die Barcelona-stoel as 'die Platoniese ideaal van stoele'. Hy skryf dat, ondanks die stoel se hoë prys, die besit daarvan as't ware 'n noodsaaklikheid vir jong argitekte geword het: 'Wanneer jy die heilige voorwerp op die sisaltapyt gesien het, het geweet dat jy in 'n huishouding was waar 'n ontluikende argitek en sy jong vrou alles opgeoffer het om die simbool van goddelike missie in hul huis te bring.'

Sien ook

Bronne

  • Sourcebook of Modern Furniture, Third Edition, Jerryll Habegger en Joseph H Osman
  • Miles van der Rohe, Aurora Cuito en Cristina Montes
  • Bauhaus, Hans Engels en Ulf Meyer
  • Modernisme - designing a new world, Christopher Wilk, V&A p.   155
  • Oxford Dictionary of Modern Design, Jonathan Woodham

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

Barcelona-Stoel Materiale en vervaardigingBarcelona-Stoel Filosofie en ergonomieBarcelona-Stoel Huidige produksieBarcelona-Stoel In die populêre kultuurBarcelona-Stoel Sien ookBarcelona-Stoel BronneBarcelona-Stoel VerwysingsBarcelona-Stoel Eksterne skakelsBarcelona-StoelBarcelonaKataloniëLudwig Mies van der RoheSpanjeWikipedia:Haal bronne aan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erfenisdag (Suid-Afrika)Robert SobukweFiksieOnse VaderPaarl GimnasiumBalletJan van RiebeeckWaterstofNG gemeente JansenvilleBosluisbytkoorsOvulasieLongontstekingUnited Democratic FrontAardverwarmingGroot DepressieWerkloosheidMasturbasieLabia (geslagsdele)Munhwa Broadcasting CorporationSteentydperkSeekoeiRivierLys van slangeLeonardo da VinciLugbesoedelingSeeTaalPomeloLys van musiekinstrumenteMenslike seksuele gedragBestuiwingSkilpadSatellietNeerslagGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMolekuulWaar ruwe rotseKlereIvan ZimmermannOntkiemingLys van nedersettings in Suid-AfrikaKrugerwildtuinProsaBloeddrukBeurtkragGriepSwitserlandRuslandMierBloedvergiftigingKaliumTweede VryheidsoorlogPriemgetalGemeenskapsorganisasieGawes van die Heilige GeesCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaRicus NelVerkleinwoordKliniese depressieLiewe HeksieSuikerbekkiesRugbyLys van veltoestandeJoseph LynchHartaanvalInternetNylrivierWolkNiersteenVerkleurmannetjieMetafoorRuan PienaarPols-oksimeter🡆 More