Balgowan, Kwazulu-Natal

Balgowan is 'n vallei in die KwaZulu-Natal Middeland in Suid-Afrika.

Die naam Balgowan is afkomstig van die Skots-Gaelies naam Baile Ghobhainn, wat grofsmid beteken.

Balgowan
Nedersetting
'n Goederetrein nader Balgowan-stasie
'n Goederetrein nader Balgowan-stasie
Balgowan is in KwaZulu-Natal
Balgowan
Balgowan
Koördinate: 29°23′55″S 30°2′50″O / 29.39861°S 30.04722°O / -29.39861; 30.04722 30°2′50″O / 29.39861°S 30.04722°O / -29.39861; 30.04722
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistriksmunisipaliteituMgungundlovu
Plaaslike MunisipaliteituMngeni
Oppervlak
 • Totaal3,84 km2 (1,48 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal980
 • Digtheid260/km2 (700/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
3275

Balgowan self is nie veel meer as 'n ou winkel en 'n treinstasie waar plaaslikverboude hout opgelaai word nie. Balgowan is egter bekend as die tuiste van die Anglikaanse privaatkosskool vir seuns, Michaelhouse, wat as een van die topskole in Suid-Afrika beskou word. Die Sharks se losskakel Patrick Lambie is 'n oudleerling van Michaelhouse. Die Midlands Meanderroete op die R 103, loop deur Balgowan.

Die bekende, vermoorde Suid-Afrikaanse historikus, David Rattray is op 1 Februarie 2007 in 'n eenvoudige dennehoutkis op Balgowan begrawe.

Die plaas Wilde Als Spruit is in die 19de eeu deur die Britse setlaar James Ellis en sy susters in Natal en Skotland gekoop en verdeel en hernoem as Lynedoch en Balgowan. Ellis het die bosse op die plaas vir hout begin ontgin. Nog 'n Britse setlaar, John King, wat met Ellis se suster getroud was, het Lynedoch tot een van die eerste Engelse-styl suiwelplase in die omgewing ontwikkel en kaas, botter en ander produkte aan die Pietermaritzburgmark verskaf.

Die eerste vonkelwyn wat in KwaZulu-Natal gemaak word, Balgowan Bubbly, is na Balgowan vernoem. Die wyn word van Sauvignon Blanc-druiwe deur die Stables Wynlandgoed net buite Nottingham Road gemaak.

Sien ook

Verwysings

Tags:

GrofsmidKwaZulu-Natal MiddelandSkots-GaeliesSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LidwoordAnilingusFinale OplossingNasiebouNagapieBipolêre gemoedsteuringKoue OorlogJaco JacobsHoofkarakterVrouEnsiklopedieSpringbokkeMorfeemPersentasieTuisbladNarsismePampoentjiesBysteekKarpaletonnelsindroomBorsteBobby van JaarsveldBuffelSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989JeuksiekteSenuweestelselProvinsies van Suid-AfrikaDoc ImmelmanAfrikaVerenigde State van AmerikaBruin menseGroot vyfUitwerking van klimaatsveranderingBoomNiemetaalSpinnekopSpierWikiquoteGordelroosBybelVakbondAfkappingstekenTienerLodewyk XVI van FrankrykLetterkundeSkoenlapperSteve BikoFamilie (verwantskap)TermietAdolessensieLærdal-tonnelIndustriële RevolusieProstaatkankerSeevlakstygingDroogteSoogdierParysRassismeMenslike seksuele gedragLeenwoordKinderregteSwartbewussynsbewegingStam (taalkunde)DierOm-te-infinitiefkonstruksieHorlosieKunselementeBrandstofMaroela MediaLeierVars waterStadChristiaan BarnardRugbywêreldbeker 2023DieregeluideVerlede tyd🡆 More