Silwerjakkals

Die silwerjakkals (Vulpes chama), ook genoem die draaijakkals is 'n klein soogdier wat in Suidelike Afrika aangetref word, veral in oop grasvlaktes en halfwoestyne.

Silwerjakkals
Silwerjakkals
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Vulpes
Spesie:
V. chama
Binomiale naam
Vulpes chama

Bou

Silwerjakkalse is swart of silwergrys met liggeel strepe op hulle flanke en hulle maag. Die punte van hulle sterte is swart. 'n Gemiddelde volwasse silwerjakkals is tussen 45 en 61 cm lank en het 'n stert wat 'n verdere 30 tot 40 cm lank kan wees. Silwerjakkalse het 'n gemiddelde hoogte van 30 cm en weeg tussen 3,6 en 5 kg.

Silwerjakkals 
Twee klein silwerjakkalsies.

Die mannetjies is effens swaarder as die wyfies.

Habitat en gewoontes

Hulle hou in oop grasvlaktes met of sonder struike, oop droë boomveld, karoobossieveld en fynbos. Die soogdier is 'n alleenloper. Hulle is meestal snags aktief en eet hoofsaaklik goggas, muise, dassies, hase en grondvoëls. Soms sal hulle ook aas vir voedsel. Hulle maak 'n hoë huil-blafgeluid.

Die wyfie is tussen 7 en 8 weke dragtig en skenk telkens aan 3 tot 5 kleintjies geboorte tussen Oktober en November.

Sien ook

Bronnelys

  • Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5.
  • Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5

Tags:

Silwerjakkals Habitat en gewoontesSilwerjakkals Sien ookSilwerjakkals BronnelysSilwerjakkals

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuishondSpinnekopJak de PriesterSkilpadBevolkingPornhubNatuurrampJuraSwartbewussynsbewegingSan Andreas-breukKlavierSwart nasionalismeKorrupsieSeekatCristiano RonaldoAntisemitismeWaarheid-en-versoeningskommissieMonumentBelastingHartaanvalVaginale kankerRooibokRenosterTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)MaselsLidwoordLys van Afrikaanse skrywersSeisoenRudi ClaaseBeurtkragPlae van EgipteWet op BevolkingsregistrasieJeugdagKoperAsemhalingSelfmoordMikro-ekonomieE-posOrthopteraAfrikaanse woordelys en spelreëlsSelfstandige naamwoordRosa ParksKunselementeNatuurMonoloogGeestesteuringJaco JacobsFranse RewolusieDemokrasieUitwerking van klimaatsveranderingWerkloosheidUnie van Suid-AfrikaAfrikaanse WikipediaAanpassingskapasiteitLys van visse1990MenstruasieVlag van Suid-AfrikaMangelInstagramMantisKrokodilDie Laaste Avondmaal (Leonardo)OorstromingWithaaiVervoerChristendomAluminiumAarverkalkingBruin menseWolkTweede WêreldoorlogTaalPuberteitEnkelvoudige sinWaterbesparing in Suid-Afrika🡆 More