Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan of Bafana Bafana is Suid-Afrika se nasionale sokkerspan vir mans.
Die span word deur die Suid-Afrikaanse Sokkerassosiasie bestuur. Hulle keer in 1992 tot die wêreldarena terug nadat hulle vir jare deur FIFA verban was. Die vroue-sokkerspan se bynaam is die Banyana-Banyana.
Suid-Afrika | |||||||||||||||||||||||||||||||||
Volle naam | Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bynaam/me | Bafana Bafana ("Seuns Seuns" of "gaan Seuns gaan Seuns") | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Tuisveld | ENB-stadion, Soweto, Johannesburg | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kapasiteit | 53 400 | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Afrigter | Hugo Broos | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Kaptein | Thulani Hlatshwayo | ||||||||||||||||||||||||||||||||
Liga | CAF | ||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Die span het die 19de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in Junie 2010 aanbied nadat hulle die Konfederasiebeker suksesvol in 2009 aangebied het. Hiermee is hulle is die eerste Afrika-land wat geleentheid gegun is om die Wêreldbekertoernooi aan te bied. Bafana Bafana is egter in die groepfase uitgeskakel.
Die span behaal in Augustus 1996 die 16de plek op die FIFA-wêreldranglys, die hoogste posisie wat hulle beklee het. In Desember 1992 bereik hulle hul laagste plek met die 124de posisie op die wêreldranglys.
Die span word tans deur Hugo Broos afgerig.
Suid-Afrika was tussen 1966–1974 uitgesluit van deelname. Tussen 1978 en 1990 was Suid-Afrika nie 'n FIFA-lid nie. In 1992 speel Suid-Afrika sy eerste Wêreldbeker kwalifikasie-wedstryd.
1994 · Nie gekwalifiseer nie | 2014 · Nie gekwalifiseer nie |
1997 · Eerste ronde | 2017 · Nie gekwalifiseer nie |
1957 · Gediskwalifiseer | 2008 · Eerste ronde |
2009 · Nie gekwalifiseer nie |
Suid-Afrika is een van die lande wat aan die COSAFA-beker deelneem.
1997 · Nie deelgeneem nie | 2006 · Eerste ronde |
Meeste wedstryde
| Meeste doelskoppe
|
Benni McCarthy | Bernard Parker | Lucas Radebe | Hans Vonk |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.