Die baardaasvoël of lammergeier (Gypaetus barbatus), is 'n ou-wêreldse aasvoël, die enigste lid van sy genus Gypaetus.
Dit is 'n bedreigde spesie in Suider-Afrika.
Baardaasvoël of lammergier | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Gypaetus Storr, 1784 |
Spesie: | G. barbatus |
Binomiale naam | |
Gypaetus barbatus (Linnaeus, 1758) | |
Soos ander aasvoëls, is die spesie 'n aasvreter wat die karkasse van dooie diere vreet. Dit laat val bene uit die lug om die murg in die hande te kry as die been breek. Soortgelyk word lewende skilpaaie ook uit die lug laat val om hulle te laat oopbars. Die baardaasvoël is die enigste bekende dier waarvan die dieet amper uitsluitlik (70 tot 90 persent) uit been bestaan. Dit leef op kranse in hoë berge in die suide van Europa, die Kaukasus, Afrika, die Indiese subkontinent, en Tibet, hulle lê een of twee eiers in die middel van die winter wat aan die begin van die lente uitbroei.
Die bevolking van hierdie spesie daal steeds. Op die IUBN-rooilys was dit tot Julie 2014 as 'n veilige spesie geklassifiseer; dit is egter sedertdien herbeoordeel as 'n byna-bedreigde spesie.
Volgens legende is die Griekse toneelskrywer Aischulos dood na 'n lammergeier 'n skilpad op sy kop laat val het, wat gedink het dis 'n klip.
Baardaasvoëls verkies hoë berge of kranse of ander bergagtige gebiede met 'n hoogte van 500 m tot 4 000 m (meestal 2 000 m) bo seevlak. 'n Geïsoleerde bevolking woon in die Drakensberg van Suid-Afrika.
Die tipiese baardaasvoël is ongeveer 110 cm lank en het lang, smal, gepunte vlerke met 'n lang v-stert, asook donker vere op die bokant en bruinkleurige onderkant. Die baardaasvoël het 'n swart masker op sy gesig wat aan die onderkant 'n baard vorm. Anders as meeste aasvoëls het baardaasvoëls nie 'n bles kop nie. Wyfies is effens groter as mannetjies.
Die baardaasvoël beset jaarliks 'n enorme gebied. Dit kan elke dag meer as twee vierkante kilometer wei. Die teeltydperk verskil, van Desember tot September in Eurasië, November tot Junie in die Indiese subkontinent, Oktober tot Mei in Ethiopië, dwarsdeur die jaar in Oos-Afrika en Mei tot Januarie in Suider-Afrika. Die voëls broei op kranslyste en die hen lê een tot twee eiers. Die eiers neem tussen 53 en 58 dae om uit te broei. Die kuikens spandeer 106 tot 130 dae in die nes, waarna hulle op hulle eie wegvlieg.
Baardaasvoëls kom voor in suidelike Europa, Afrika, Indië en Tibet. In Suider-Afrika is hulle beperk tot die Drakensberge.
'n Uiters stil voël, maar is wel in staat tot 'n baie skerp fluitgeluid, wat veral tydens die paarseisoen gehoor word.
Hierdie spesie is eers beskryf deur Linnaeus in sy Systema naturae in 1758 as Vultur barbatus. Die huidige wetenskaplike naam beteken "baardaasvoël". Die naam lammergier is afkomstig van die oortuiging dat die voël lammers aanval.
Wiki Commons bevat media in verband met Gypaetus barbatus. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Baardaasvoël, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.