Aware

Die Aware was 'n steppevolk wat in die oorgangsperiode tussen die antieke tydperk en die Middeleeue vanuit hul Europese vestigingsgebied in die Hongaarse Laagvlakte groot dele van Sentraal- en Oos-Europa oorheers het.

Hul oorsprong en taal is onbekend. Volgens historiese bronne was die term "Awaar" 'n moontlik 'n versamelnaam vir 'n volk van gemengde etniese afkoms waarin ruitervolke en ander stamme versmelt het, terwyl hulle ook noue bande met Slawiese volke gehandhaaf het.

Aware
Europa in die 6de eeu n.C.
Aware
'n Goue bulkopbak wat in 1799 in Hongarye as deel van die Skat van Nagyszentmiklós ontdek is

In 558 het die Aware nog 'n gebied in die Kaukasus bewoon. Vervolgens het hulle betrokke geraak by oorloë tussen verskillende Germaanse stamgroepe en as bondgenote van die Germaanse Langobarde 'n beslissende rol in die oorlog teen die Gepidae as bondgenote van die Bisantynse Ryk gespeel. Tussen 550 en 575 het die Aware hulle in die Groot Hongaarse Laagvlakte tussen die Donau- en Tiszariviere gevestig. Hierdie gebied, wat groot dele van die huidige Oostenryk en Hongarye ingesluit het en op sy hoogtepunt tussen die 6de en 8ste eeu verder uitgebrei is tot 'n magtige ryk wat van die Oos- tot die Adriatiese See en van die Elbe- tot die Dnipro-rivier gestrek het, sou tot die sentrum van die Pannoniese Awarebeskawing ontwikkel.

Weens die gebrek aan skriftelike dokumente bly die herkonstruksie van die Awaarse beskawing en geskiedenis 'n uitdaging vir historici en argeoloë. Die mees omvattende beskrywing hiervan is deur die Oostenrykse geskiedkundige Walter Pohl gepubliseer. Historiese bronne bevestig dat Aware hulself in hul ryk eerder volgens hul sosiale status as bolaag van die samelewing gedefinieer het as deur etniese herkoms. In die vroeë 9de eeu het Karel die Grote daarin geslaag steeds groter dele van die Awareryk te verower. Die Aware het in dié tyd aan status en politieke belangrikheid ingeboet. Awaarse invloede en leefstyle kan - onder Hongaarse en (Proto-)Bulgaarse heerskappy - nog tot in die 10de eeu aangetoon word. Vervolgens het Aware hul kulturele identiteit verloor.

Aware en Awaarssprekers word tans nog in die Kaukasus-gebied aangetref.

Verwysings

Tags:

Groot Hongaarse LaagvlakteMiddeleeueOos-EuropaSentraal-EuropaSlawiërsTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van RiebeeckLys van politieke partye in Suid-AfrikaSkilpadIvan ZimmermannGeskiedenis van Suid-AfrikaRamsar-vleilande in Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaJoseph LynchDieregeluideWoestynLeierErns GrundlingGodLuiperdKhoikhoiViëtnamVulvaHoenderPerdReg tot ‘n gesonde omgewingSkoolHamerkopTropiese sikloonMetaalLiewe HeksieWerkloosheidWes-KaapGlasVulkaanWeer (meteorologie)Bonné de BodPersGianna MichaelsStikstofDemokratiese Republiek die KongoHokkieVryheidsdagNicola HanekomPrimêre sektor van die ekonomiePêrelLandbou in Suid-AfrikaAntjie KrogPampoentjiesTurksvyMisdaadDesmond TutuSonPlantKlein vyf diereHorlosieJakkalsSteentydperkDermpoliepMadison IvyVisPlae van EgipteGeskiedenis van die BoererepubliekeSokkerNasiebouWaterkringloopReënvalbepalingMagnesiumEugenetikaInternetNamibiëInligtingstegnologieVlagterminologieWiskundige terminologieLys van bekende Suid-AfrikanersSuid-Afrikaanse randOntkiemingSuikersiekteKunstenaarHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMiddelmisbruikDemokrasieSonja Herholdt🡆 More