Autshumato

Autshumato (+-1600-1663, ook bekend as Herrie) was 'n hoofman van die Goringhaikona (die sogenaamde Strandlopers) aan die Kaap.

In 1632 het hy op 'n Engelse skip na die Verre-Ooste gereis en ná Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, in 1652, vir die Nederlanders en plaaslike Khoi-veeboere getolk.

Herrie se geboortedatum is onbekend, maar hy het tussen ongeveer 1625 en 1665 geleef. Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck, 'n Nederlander in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (V.O.C.), en sy bemanning in die Kaap aangekom om 'n halfwegstasie te stig. Die Nederlanders en Autshumato het begin handel dryf en lewende hawe vir alkohol en tabak verruil.

In 1632 verhuis Autshumato met 'n groep mense na Robbeneiland, waar hy as posman en skakelbeampte vir Europese skepe verby die eiland gewerk het. Hy het 8 jaar later na die Kaapse vasteland teruggekeer.

Van die Khoi-stamlede het later van die Nederlanders begin steel. As gevolg hiervan gee Jan van Riebeeck in 1658 opdrag dat Autshumato op Robbeneiland opgesluit word. Ná een en 'n half jaar op die eiland ontsnap hy en 'n ander Khoi-gevangene met 'n roeiboot van die eiland. 'n Jaar later het Autshumato aansoek gedoen om sy rol as tolk in die Nederlandse nedersetting te hervat.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Jan van RiebeeckKaapKhoiNederlandVerre-Ooste

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TatoeëermerkGesonde dieetKarooWinterVeelvoudige sinPeriodieke tabelVerstedelikingKrygkorSkoenlapperHernubare energieWêreld- Ekonomiese ForumKonjunktivitisTydLetterkundeVersamelnaamKlein-KarooGalblaasFotosinteseMenslike skeletBesoedelingDubbelpuntWikipediaElon MuskDemokratiese Republiek die KongoNierversakingSeekoeiMona LisaLoftus MaraisWaterbesparing in Suid-AfrikaHokkieSlag van BloedrivierWoordFiksieLeonardo da VinciDaggaFilistyneJak de PriesterAluminiumAardverwarmingWerkersdagPersoonlike voornaamwoordSosiale mediaSoutsuurWatersuiweringMuishondWitbloedselRassismeNamibiëHomoniemPlastiekLeeudoringstad-spoorwegrampWelwitschiaVryheidsdagHerpes simplexGroot TrekOranjerivierCalviniaLys van Suid-Afrikaanse musikanteRobbeneilandWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWerkwoordMarie AntoinetteWeer (meteorologie)DistillasieKlankverskynselsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHeks van HexrivierAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidNaaldekokerMetaalTelwoordVrystaatNoord-KaapRasionale getal🡆 More