Die Australiese herdershond is 'n honderas wat as 'n werkshond geklassifiseer word en op plase in die Westelike gedeeltes van die Verenigde State van Amerika geteel is.
Ondanks die naam, ook bekend as 'n Aussie, het die ras nie sy oorsprong in Australië nie. Hulle het hul naam te danke aan die vereenselwiging met die Australiese skaapherders wat na Amerika verhuis het.[1]
Australiese herdershonde het vinnig gewild geword na die groei van Western Riding na die Eerste Wêreldoorlog. Hulle het bekendheid verwerf deur rodeo's, perdeskoue en deur Disney-rolprente wat vir televisie gemaak is.
Dekades lank is hierdie honde deur herders waardeer vir hulle inherente veelsydigheid en opleibaarheid. Ondangs die feit dat hulle bly werk as herdershonde en in herderskompetisies deelneem, het die ras ook aansien verwerf in ander rolle, te danke aan hulle opleibaarheid en begerigheid om te behaag. Hulle besit hoë aansien vir hulle vermoëns in gehoorsaamheidstoetse.
Soos alle werksrasse, het hierdie honde heelwat energie en dryfkrag en benodig gewoonlik 'n werk om te doen. Aussies blink gereeld uit in hondesporte soos honderatsheid ((en) agility), vliegbal ((en) flyball) en honde-frisbee. Hulle is ook baie suksesvol as soek-en-red-honde, ramphonde, snuffelhonde, gidshonde, dienshonde en terapiehonde.
Bowenal is hulle geliefde familiegenote. Aussies kan baie beskermend wees en mag dalk nie van vreemdelinge hou nie. Hulle sal ook probeer om as herder op te tree teenoor enige iets wat beweeg, insluitend mense en alle ander tipes diere.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)Wiki Commons bevat media in verband met Australian Shepherd. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Australiese herdershond, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.