Aušra

Aušra (vroeër ook Auszra, letterlik Dagbreek) was die eerste Litause dagblad.

Die eerste uitgawe het in 1883 in Ragnit (Litaus: Ragainė, tans Neman) in die streek Klein-Litaue in Oos-Pruise, Duitsland verskyn – in 'n tydperk toe die Tsaristiese owerheid in Rusland 'n verbod op die druk van Litause boeke en dagblaaie geplaas het. Hierdie periode tussen 1883 en 1904 word in Litaue die Aušros gadynė ("Tydperk van die Dagbreek") genoem.

Aušra
Die dubbeluitgawe nommer 10 en 11 wat in 1884 verskyn het.

Alhoewel slegs veertig uitgawes van Aušra verskyn het en sy oplaag beperk was tot 1 000 eksemplare, het die dagblad 'n belangrike bydrae tot Litaue se nasionale hergeboorte gelewer en uiteindelik tot Litaue se onafhanklikwording in 1918 gelei.

Die dagblad is later in Tilsit (tans Sowjetsk in die Kaliningrad-oblast) uitgegee. Die publikasie is in 1886 onder druk van finansiële moeilikhede gestaak.

Tags:

DuitslandKoerantLitaueLitausOos-Pruise

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DeelwoordVoedingOrale seksMartin Luther King jr.Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaErfenisGawes van die Heilige GeesLangste woordWebwerfItaliëBeeldspraakChemiese reaksieAngina pectorisSteenkoolBreinkaartDieregeluide1200Kaapstadse waterkrisis 2015-2018Harry PotterGianna MichaelsWoordeboek van die Afrikaanse TaalDonderstormDataverwerkingOnse VaderGoogleAngssteuringElandréOmgewingskwessies in Suider-AfrikaSuurstofManie LibbokLugbesoedelingLys van Kaapstad se voorstedeVoornaamwoordLys van Griekse mitologiese figureOlifantKongo-krisisRooibokRassisme in AfrikaCheslin KolbeGroot TrekHeidelberg, GautengCristiano RonaldoSinoniemRonelda KamferPoesSuid-Afrikaanse randGriekwa-AfrikaansNic de JagerIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieAkuutHeuningOssewaMenslike seksuele gedragKweekhuisgasShakaSoweto-opstandPeriodieke tabelPapierHoofpynBraaiNatuurlike hulpbronAkroniemSuid-AfrikaHeks van HexrivierMIVKolonialismeSimboolMensAnale kankerElon MuskJan-Willem BreureBateJazzKonjunktivitisLente🡆 More