Attie Van Der Colf: Suid-Afrikaanse predikant, digter, en skrywer

Dr.

Attie Van Der Colf: Kerkmusiekman Attie van der Colf sterf skielik in Jhb Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.

Attie van der Colf (16 Desember 1932 - 16 Junie, 2002) was 'n Suid-Afrikaanse predikant, digter, en skrywer. Hy is skielik op 16 Junie, 2002 aan 'n hartaanval oorlede. Hy was nog so gesond dat sy vrou Eufesia,, op reis was in Hawaii en daar van sy dood moes hoor. Dit was 'n groot skok. Alhoewel hy reeds afgetree het, het hy steeds 'n volle en vrugbare lewe gelei en was hy ywerig besig met dig- en skryfwerk.

Attie is op 16 Desember 1932 op die plaas Nabis in die Karasburg-distrik in Namibië gebore. Sy vader, Elias Lourens van der Colf, het daar geboer, terwyl sy moeder Louisa Jacoba Kriel was.

Hy het die laerskole Aninuis (*1940 tot 1941), Upington (*1942 tot 1944) en Keetmanshoop (*1945 tot 1947) bygewoon en aan die hoërskool op die dorp gematrikuleer. Op skool het hy deelgeneem aan atletiek en rugby. Hy was reeds bedrewe in die skryf van opstelle en gedigte, en het ook graag seëls versamel, handwerk gedoen, en baie gelees.

Na matriek het hy hom aan die Universiteit van Stellenbosch ingeskryf en die BA-graad in 1954 behaal. Voordat hy aan die Kweekskool op Stellenbosch begin studeer het, het hy eers 'n draai in die onderwys gemaak. Hy het in 1960 die diploma in teologie en die MA-graad in Afrikaans-Nederlands voltooi. Die tema van sy proefskrif was “Hubris – ʼn Grieks Afrikaanse studie”.

Aan die einde van 1960 is hy gelegitimeer. Tydens sy studentedae was hy 'n lid van die berg- en toerklub, het hy in die bestuur van die Admissiebond gedien, en bydraes gelewer vir die universiteit, Kweekskool, en Admissiebond se publikasies.

In 1977 het hy by die Randse Afrikaanse Universiteit ingeskryf en die graad DLitt et Phil verwerf. Sy proefskrif handel oor: “Godsdiens en poësie – ʼn ondersoek na die verhouding van enkele gedigte van N.P. van Wyk Louw”.

Op 18 April 1961 is ds. Van der Colf georden en bevestig in sy eerste gemeente, Suidrand in Johannesburg. Hier het hy leiding geneem met die bou van die kerk. In 1966 het hy leraar van die gemeente Blinkpan in die destydse Oos-Transvaal geword. Ook hier het hy gehelp met die bou van 'n kerk. Dr Attie van der Colf is verantwoordelik vir 126 omrymings in die Liedboek van die Kerk.

In 1971 is hy na Pretoria beroep as direkteur van kerklike inligting vir die sinodes van Noord- en Suid-Transvaal, Natal, en Midde-Afrika. In 1977 het hy teruggekeer na die aktiewe bediening en 'n beroep na die Linden-gemeente in Johannesburg aanvaar. Hy was vir agtien jaar lank, tot sy aftrede op 31 Mei 1995, in die gemeente.

Hy is op 16 April 1960 getroud met Eufesia Maria Laubscher. Hulle het vyf kinders gehad: Elias Lourens (21 Junie 1961); Samuel Laubscher (08 Mei 1962); Adriaan Petrus (12 Julie 1963); Jacobus Martin (26 Junie 1964), en Annemarie Louise (29 Maart 1966). Daar is reeds tien kleinseuns en twee kleindogters.

Johan Symington skryf onder andere oor hom:

“Van die plaas af, deur Keetmanshoop, Stellenbosch toe, lees hy, studeer hy, neem hy in en laat die soet van die taal diep in sy binneste lê. G’n wonder dat hy later sy doktorsgraad by RAU sou behaal nie en dit nogal in die departement van die “tintinkietaal” oor die werk van Van Wyk Louw. Uit sy gedigte ontdek hy die diepe geloof van 'n groot filosoof en kon hy soms so gemaklik uit Van Wyk Louw se werk aanhaal, soos ook uit ander gedigte en geskrifte.”

Daar het ten minste elf publikasies uit sy hand verskyn, waaronder Hier staan ons (ʼn Geloftefees-bundel); ʼn Tweede kans (oor die Abraham Kriel Kinderhuis); Die bome wou ʼn koning hê (oor Bybelse plante); Op silwer wieke (reisindrukke van die Ooste); Gesond (oor die waarde van gesondheid); Daadchristene gevra (Bybelkor – oor Jakobus); Klein woorde (Stemmingsartikels, NGKU); Geloof maak jou ʼn wenner (Hebreërs – Bybelkor); Lig en Lewe (Bybeldagboek 1991, NGKU); Handboek vir die Erediens 1988 (mede-opsteller) en Langs stille waters (ʼn vroeë-oggend radioprogram op Sondae wat hy vir nege jaar behartig het).

Hy het ook sewe boeke uit Engels vertaal en talle boekresensies en geestelike artikels geskryf.

Dit is egter veral vir sy bydrae tot die skryf en vertaling van kerk- en geestelike liedere wat hy onthou sal word en sal voortleef vir baie jare. Hy is tereg genoem “die troebadoer van die kerk”. Dr Van der Colf het hom beywer vir die vernuwing van die kerklied.

Hy was onder andere verantwoordelik vir: 110 liedere in die Afrikaanse Gesangboek van 1978, 90 liedere in die Jeugsangbundel, 22 liedere in Sing onder mekaar, 80 liedere in die kleutersangbundel Sing en Loof, 80 liedere in die Sionsgesange, 10 liedere in Gideons Sing en 126 liedere in die Liedboek van 2001. Dr Van der Colf was ook verantwoordelik vir die Lied van die Randse Afrikaanse Universiteit, Lied van die 5SA-Eenheid,

Dr. Attie van der Colf het ook baie mense se lewens verander. Hy was altyd teen Apartheid en het teen segregasie gestaan. Sy naam sal nog lank aan mense se tonge bly. Hy verskyn ook in COENRAAD JOSEPHEUS CALITZ se proefskrif van die universiteit van pretoria, waar Coenraad Dr Attie van der Colf sy opregte waardering beskou, waar hy se "My sincere appreciation to the following people and institutions who contributed in some way to this study: The late Dr. Attie van der Colf who wrote many of the songs that changed my life.  Thank you for writing free songs that children could sing."

'n Brief oor sy dood: (Die van in die dokument sê: "van der Colff", maar die korekte van is "van der Colf" met een f.

Attie Van Der Colf: Suid-Afrikaanse predikant, digter, en skrywer

Dr. Attie van der Colf

Neels Jackson

Die skepper van die Afrikaanse weergawe van Amazing Grace is eergisteraand skielik in sy meenthuis in Johannesburg dood.

Dr. Attie van der Colff, een van die grootste bydraers tot die Liedboek van die Kerk, het vermoedelik 'n hartaanval gekry.

Sy vrou, mev. Fesia van der Colf, was op reis in Hawaii toe sy gisteroggend die nuus van haar man se dood van haar dogter, me. Annemarie van der Colf, gehoor het.

Van der Colf (69), wat die 18 jaar voor sy emeritaat in 1995 predikant was van die NG gemeente Linden, was in dié tyd onder andere skriba van die sinode van die NG Kerk in Suid-Transvaal.

Sy dood het onverwags gekom omdat sy gesondheid eintlik goed was. Hy het die afgelope naweek nog gaan jag en 'n vriendin, mev. Marie Adendorff, het gister gesê sy en haar man het eergistermiddag nog met hom gekuier en grappies gemaak toe hy vir hulle 'n stukkie wildsvleis gebring het.

Ds. Cassie Carstens, eindredakteur van die Liedboek, het gister gesê Van der Colf was een van die grootste drie bydraers tot die tekste van die gesange in die Liedboek. Hy het talle tekste geskep wat al in die Psalm-en-Gesangeboek van 1978 opgeneem is en baie daarvan kon net so in die Liedboek gebruik word.

``Sonder Attie se bydrae sou die Liedboek leeg gewees het,'' het Carstens gesê. Hy het Van der Colf lof toegeswaai omdat sy Afrikaans vars en eietyds was. Boonop was Van der Colf altyd bereid om te luister na kritiek op sy werk en om terug te gaan en verder daaraan te slyp.

Van der Colf word gekrediteer vir meer as 100 Afrikaanse tekste in die Liedboek. Daaronder tel verskeie verbeterings van ouer Afrikaanse tekste, nuwe Afrikaanse tekste vir bekende geestelike liedere in ander tale en nuwe oorspronklike Afrikaanse tekste.

Van der Colf word oorleef deur sy vrou, vyf kinders en sewe kleinkinders. 'n Roudiens word aanstaande Woensdag om 15:00 in die NG kerk Linden gehou.

[email protected]

Bronne

Verwysings

Tags:

Attie Van Der Colf Kerkmusiekman Attie van der Colf sterf skielik in JhbAttie Van Der Colf16 Desember16 Junie19322002HartaanvalHawaii

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoornaamwoordMassaKrugerwildtuinKuberkrakerOlimpiese Somerspele 2024Finale OplossingBernice WestGroepsdrukAsemhalingKarooRob HersovPaddaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalStadLandbou in Suid-AfrikaWolkJazzReënPikkewynIndiëPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPseudowetenskapBloeddrukHoofkarakterBeroerteTandbederfSoortnaamVarkKoolstofdioksiedWitrenosterKatRudi ClaaseEmfiseemSonnestelselAustraliëOmgewingsbeheerStellenboschKanadaVoortrekkersWaterpokkiesAppel (sanger)Paulus van TarsusVaste stofNasiebouKlimaatveranderingAandagstreepSeksuele penetrasieAnilingusTelevisieLys van Afrikaanse televisiereekseSosiale ordeKarakteriseringWaterbesoedelingHibernasieMaanEnkelvoudige sinPornhubNierversakingBeesLangste woordJaco JacobsJeugdagPretoriaGoogle MapsSekondêre sektor van die ekonomieNeonVraag en aanbodGrondbesoedelingWêreld- Ekonomiese ForumVoedingVerkleurmannetjieVennootskapPapierDesmond TutuZoeloes🡆 More