Atoem: Egiptiese god

Atoem (ook Atem of Tem) was in die Egiptiese mitologie ’n belangrike god wat met die skepping van die wêreld verbind is.

Atoem
Atoem, skepper van die wêreld.
Atoem, skepper van die wêreld.
Soort god  Egipties
God van Die skepping
Naam in hiërogliewe
t
U15
A40
Kultussentrum  Heliopolis
Metgesel Ioesaas
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Naam

Daar word geglo Atoem se naam kom van die woord tem, wat "volledig" of "klaarmaak" beteken. Dit word geïnterpreteer as dat hy die "volledige een" was of die een wat die wêreld klaargemaak, dus klaar geskep, het. As die skepper is hy die onderliggende wese van die wêreld; alles het óf uit sy vlees óf uit sy ka ontstaan.

Rol

Atoem is as beide ’n skepper van die wêreld en die vader van die koning beskou. In die Heliopolis-weergawe van die skepping is Atoem beskou as die eerste god; hy het homself geskep uit die oerwaters, Noe. Hy het volgens die vroeë mites sy kinders, Sjoe en Tefnoet, geskep deur hulle uit te spoeg. Om te verduidelik hoe hy dit gedoen het, word die metafoor van masturbasie gebruik; die hand waarmee hy gemasturbeer het, verteenwoordig sy vroulike sy.

In die Ou Ryk het die Egiptenare geglo Atoem het die afgestorwe koning se siel uit sy piramide opgelig na die hemele. Hy was ook ’n songod wat verbind is met die hoofsongod, Ra. Hy is spesifiek met die aandson verbind, terwyl die god Chepri verbind is met die oggendson en Ra met die son in die algemeen.

Verhouding met ander gode

Atoem was selfgeskep, die eerste wese wat voor die skepping uit die donker, eindelose oerwaters te voorskyn gekom het; ’n produk van die energie en materie in hierdie chaos. Hy het toe sy kinders, die eerste gode, uit eensaamheid geskep: Sjoe, die god van die hemele, en Tefnoet, die godin van vogtigheid. Die broer en suster was nuuskierig oor die oerwaters wat hulle omring het en het dit gaan verken. Hulle het verdwyn en Atoem, wat baie hartseer was, het ’n boodskapper, die Oog van Ra, gestuur om hulle te gaan soek. Die trane wat hy gestort het, was die eerste mense.

Uitbeelding en kultus

Atoem word gewoonlik uitgebeeld as ’n man met óf die koninklike kopdoek óf die dubbele rooi Desjret- en wit Hedjet-kroon van Benede- en Bo-Egipte, wat klem lê op sy verbintenis met koningskap. Soms is hy ’n slang of ander dier.

Sy kultus was gesentreer in die stad Heliopolis.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Atoem NaamAtoem Verhouding met ander godeAtoem Uitbeelding en kultusAtoem VerwysingsAtoem Eksterne skakelsAtoemEgiptiese mitologie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaaps-Hollandse stylMobutu Sese SekoXenofobieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaTrekarbeidMartin Luther King jr.All Citizens PartyJames FrechevilleMahatma GandhiAfvalbestuurVoedselkettingGroepsgebiedewetMangelOnderwys in Suid-AfrikaGroepsdrukVoegwoordMieliePampoentjiesRussiesSuid-Afrikaanse randFisiese oefeningTegnologieNarsistiese persoonlikheidsteuringStaalLys van Kaapstad se voorstedeBeaufortskaalOrale seksSenuweestelselNetbalGeskiedenis van die BoererepubliekeKonsonantTekstielSkoolKweekhuiseffekMerinoJo BlackJode in Suid-AfrikaVersamelnaamVersoeningsdagBatePoësieSeevlakstygingAdolf HitlerAkroniemPenisInligtingPrikkelbaarheid (biologie)MantisHentaiAfkappingstekenPornografiese subgenresRassismeLodewyk XVI van FrankrykGreen PornoStollingsgesteenteWes-KaapFranse RewolusieStedelike hitte-eilandLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSpysverteringstelselVaginaVryheidsmanifesToestand van materieDonkieDirekte en Indirekte redeCholesterolSPoolsSlawernyKunsmatige intelligensieKoorsblaarKlem-in-die-kaakMierKunselementeLandbouKankerKlereUnie van Suid-Afrika🡆 More