Atlasof-Eiland

Atlasof-eiland (Russies: Остров Атласова, Ostrof Atlasowa; Japannees: 阿頼度島, Araido-tō) is die noordelikste eiland en vulkaan, asook die hoogste vulkaan, van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan.

Ander name vir die eiland sluit in Oejachuzjatsj, Ojakowa en Alaid, die naam van die vulkaan op die eiland.

Atlasof
Eiland van die Koerile
Atlasof-eiland van 'n afstand af gesien.
Atlasof-eiland van 'n afstand af gesien.
Atlasof-Eiland
Ligging See van Ochotsk
Plaaslike naam Остров Атласова
阿頼度島
Argipel Koerile
Oppervlakte 119 km2
Hoogste punt Alaid
Hoogte 2 285 m
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Sachalin-oblast
Bevolking 0
Atlasof-Eiland
Atlasof-eiland soos gesien uit die ruimte.

Die eiland is genoem na Wladimir Atlasof, 'n 17de-eeuse Russiese ontdekkingsreisiger wat die nabygeleë Kamtsjatka-skiereiland by Rusland ingelyf het. Die eiland is eintlik die keël van die ondersese vulkaan Alaid wat tot 2 285 m bo die See van Ochotsk uittroon. Die eiland het 'n oppervlakte van 119 km2, maar is tans onbewoon. Dit val in Rusland se Sachalin-oblast.

Sy feitlik ronde vorm het tot baie legendes aanleiding gegee onder die streek se inheemse inwoners, soos die Ainoe. Die volgende storie is aan die Russiese wetenskaplike Stepan Krasjeninnikof vertel: Die eiland was eens 'n berg in Kamtsjatka, maar die omringende berge het jaloers geraak op sy skoonheid en dit na die see verban. Dit het die Koerilemeer in Suid-Kamtsjatka agtergelaat. Geografies is die verhaal nie sonder meriete nie: ná die laaste ystyd het die meeste van die ys by die pole gesmelt, en dit het die wêreld se watervlak laat styg. Dit het moontlik die landbrug na die vulkaan oorstroom.

Verwysings

Skakels

  • Atlasof-Eiland  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

EilandJapanneesKoerileRussiesSee van OchotskStille OseaanVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalSpinnekopTransatlantiese slawehandelBynierWiskundige terminologieGianna MichaelsLys van politieke partye in Suid-AfrikaSwangerskapSwawelMadison IvyBernice WestMiddeloorontstekingSeptimius AwardsGrondwet van Suid-AfrikaWikiFraktuurVoedselkettingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLika BerningIoonBruto binnelandse produkMetafoorAlkoholismeSamestellende afleidingSenuweestelselTopsy SmithBloutongsiekteVloeistofSinkDigtheidVerenigde State van AmerikaKwaZulu-NatalSpringbokkeRymNamakwalandWaterpokkiesKunstenaarDie ontstaan van die dramaByvoeglike naamwoordAB de VilliersDialoog in fiksieOlimpiese SomerspeleViëtnamAardedagLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Cradock-4Sport20ste eeuMuskeljaatkatVoegwoordResensieAppel (sanger)BloemfonteinLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMoedersdagFotosinteseMobutu Sese SekoFibonacci-reeksSteenkool in Suid-AfrikaWeervoorspellingJeuksiekteBrongitisNoord-Sotho (taal)MuskietBeaufortskaalLys van Afrikaanse skrywersDie GelofteHemelvaartsdagKultuurVormGoudkus (streek)BysteekOu Apostoliese KerkWelwillendheidsdagLiewe Heksie🡆 More