Atlas Oryx: Mediumgrootte nutshelikopter

Die Atlas Oryx (genoem na die gemsbok) is 'n mediumgrootte nutshelikopter wat van 1986 tot 1991 deur die Atlas Vliegtuigkorporasie (nou Denel Aviation) in Suid-Afrika vervaardig is.

Atlas Oryx
Atlas Oryx: Mediumgrootte nutshelikopter
'n SALM Atlas Oryx helikopter by die Roodewal-wapentoetsbaan.
Tipe Veeldoelhelikopter
Vervaardiger Atlas Vliegtuigkorporasie
Nooiensvlug 1986
Vrygestel 1987
Status Aktiewe diens
Hoofgebruiker Suid-Afrikaanse Lugmag
Vervaardig 1986-1991
Aantal gebou 122 teen Desember 2013
Programkoste VS$ 10,7 miljard
Eenheidskoste VS$ 403.9 miljoen in 2013
Ontwikkel van Aérospatiale Puma
Weergawes Denel Rooivalk

Ontwerp en ontwikkeling

Buiten Frankryk was die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) die grootste gebruiker van die Aerospatiale SA 330 Puma. Die Oryx spoor sy oorsprong terug na die Angolese Bosoorlog. Ten spyte van pogings om die Alouette in 'n aanvalshelikopter te omskep, was die behoefte vir 'n toegewyde aanvalshelikopter vroeg besef. Atlas Vliegtuigkorporasie het 'n eksperimentele aanvalshelikopter ontwerp en gebou, die Alpha XH-1. Dié helikopter is gebruik vir haalbaarheidstudies maar kon egter nie enige praktiese doel dien nie - dit het gelei tot die kragtiger XTP-1 in April 1987. Twee XTP-1s is omgeskakel, gebaseer op 'n Puma J se raamwerk. Verskeie wapens en ander stelsels is op die XTP-1 getoets en het die weg gebaan vir Projek: Denel Rooivalk. Maar die dinamiese vlugkomponente van die XTP-1 het Atlas laat besef watter voordele 'n opgegradeerde Puma kon hê.

'n 330l Puma, no. 177, is omgebou na die Oryx-opset vir gebruik as 'n prototipe en na die resultate alle verwagtinge oortref het, is die Oryxprogram van stapel gestuur. Die sanksieëra het die plaaslike lugvaartbedryf selfversorgend gemaak in die vervaardiging van helikopterkomponente en met die kennis van voorvervaardigde helikopters, het dit ook gelei tot voldoende tegniese vaardigheid vir die vervaardiging van volledige Pumahelikopters, indien die behoefte sou ontstaan. Dit sluit volledige vliegtuie en dinamiese komponente soos ratkaste, rotorlemme en turbines en warm onderdele in. Die enjininlate is toegerus met plaaslik vervaardigde stoffilters wat hoër doeltreffendheid en betroubaarheid verseker het.

Atlas Oryx: Mediumgrootte nutshelikopter 
'n Suid-Afrikaanse SANAP Oryx-helikopter gereed om op te styg van die USS Theodore Roosevelt (CVN-71)

Dit is 'n opgegradeerde en verbeterde weergawe van die Aérospatiale Puma, wat gelykstaande is aan die Eurocopter Super Puma, en bied 'n verbeterde werksprestasie oor die oorspronklike, bykomend tot 'n verlaging in bedryfskoste van 25 tot 30%. Die eerste voorbeelde was toegerus met die nuutste stoffilters wat destyds in gebruik was op die SALM Puma. Hierdie eenhede het 'n verstelbare hulpluginlaat aan die voorkant. 'n Nuutontwerpte stoffilter is later toegerus sonder die hulpluginlaat. Indien een van die enjins sou staak, het die oorblywende kragbron genoeg krag vir die Oryx om sy missie te voltooi. As 'n enjin sou staak in vlug, herlei die bestuurstelsel outomaties die kraginstelling na die oorblywende enjin. Dit verseker dat die Oryx sy tog kan voltooi met baie min bemanningsinsette tydens so 'n noodgeval.

Tags:

Denel AviationGemsbokHelikopterSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Chemiese verbindingVarkgriepVersamelnaamBynierUniegebouAt BothaBeurtkragWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPêrelRivierBaarmoederWaterReënTaalMisdaadromanVerkleinwoordSirkusKoolstofdioksiedVulkaanKonjunktivitisJana CilliersBrandmondsindroomPsigopatieLys van konings van IsraelEwenaarKwaggaApartheidLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)BeroerteAnneli van RooyenPornografiese akteurWayback MachineOnderhandelinge om apartheid te beëindigJan van HunksBlourokkeTelefoonStereotipeAtoomVerkoueSkilpadNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKewerHamerkopNasionale PartyMantisYouTubeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalNiemetaalAardbewingAuschwitz-konsentrasiekampCristiano RonaldoErns GrundlingAnale kankerRobbeneilandSlawernyStaalKommunikasieAfrikaanse WikipediaMaagAmandelEngelsOranjerivierRugby, WarwickshireAppelSuiwelprodukKlein-KarooAprilHeupErfenisSwemAppel (sanger)Grondwet van Suid-AfrikaGetalBonné de BodBestuiwingGewone luislang🡆 More