Atlas Impala

Die Atlas Impala is 'n Suid-Afrikaanse weergawe van die Aermacchi MB-326, 'n ligte militêre straalvliegtuig wat in Italië ontwerp is.

Dit was onder lisensie van Aermacchi deur Atlas Vliegtuigkorporasie in Kemptonpark, Suid-Afrika gebou.

Atlas Impala
Atlas Impala van die Suid-Afrikaanse Lugmag

Suid-Afrika het in 1964 'n lisensie verkry om die MB-326M (soortgelyk aan die "G" model) as die Impala Mk. I te produseer, bouwerk is in 1966 begin. 40 Italiaans-geboude vliegtuie is gevolg deur ongeveer 125 stralers plaaslik gebou deur die Atlas Vliegtuigkorporasie. Sewe eksemplare van die MB-326K is aangekoop as ligte aanvalsvliegtuie, met 'n verdere 15 saamgestel uit boustelle, terwyl ongeveer 78 onder lisensie geproduseer is, en bekend staan as die Impala Mk II. Lisensieproduksie van die enkelsitplekweergawe het in 1974 begin. Die Impala Mk II was plaaslik vervaardig en toegerus met Franse wapentuig asook 'n gevorderde Suid-Afrikaanse ECM-suite.

Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vegter in diens gestel tydens veldtogte teen die Gewapende Magte vir die Bevryding van Angola (FAPLA) en Kubaanse ekspedisietroepe in Angola tussen 1975 en 1989. Suid-Afrikaanse vlieëniers het die Impala's gewoonlik teen 550-650 km/h op 'n hoogte van slegs 15 meter gevlieg om Angolese lugverdediging te ontduik. Oor die verloop van die Suid-Afrikaanse Grensoorlog, is slegs één afgeskiet deur 'n SA-7 missiel; en nog een het teruggekeer basis toe met 'n onontplofde vuurpyl in sy uitlaat.

Sien ook

Verwysings


Tags:

Aermacchi MB-326ItaliëKemptonparkStraalvliegtuigSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MagnesiumLionel MessiChapmanspiek-rylaanLika BerningBoelieryOrale seksNatriumsulfietWiskundige terminologieWaterpokkiesArabiesMaagsweerVoedselkettingSkoolWapen van NamibiëBalletRooipandaKinkhoesWillie JoubertElon MuskSeksposisieMigrasie van voëlsSoogdierOrtopedieCristiano RonaldoWaterHartaanvalLys van Afrikaanse skrywersWebwerfWoestynDoelwitAfvalbestuurHerpes simplexToerismeSlag van Cuito CuanavaleMetaalNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyTussenwerpselIndiëKhoikhoiOrthopteraMobutu Sese SekoTamatieSteve BikoMusieksimboleSweedsNarsismeSimmetrieMantisSelfstandige naamwoordGoudWêreld- Ekonomiese ForumMenslike seksuele gedragNoord-KaapAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeRobbeneilandSiya KolisiNoordwesSuurreënKweekhuiseffekBakterieKunselementeSuiwelprodukJSE7de LaanNierOlimpiese Somerspele 2012Nadia ValvekensDonderstormBedryfstelsel (inligtingstegnologie)BoerboelGoudkus (streek)Bruin menseDuitsOplossing (chemie)🡆 More