Asteraceae - ook bekend as Compositae - is die madeliefie- en distelfamilie wat behoort tot die orde Asterales.
Dit is een van die grootste plantfamilies en kom wêreldwyd voor. Byna een tiende van alle blomdraende plantspesies behoort tot die familie. Wêreldwyd hoort 23 000 spesies tot die familie waarvan 2 400 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is slegs 22 bome. Die plante maak 'n groot gedeelte uit van die lae struikgewas plantegroei van die Karoo en is ook verantwoordelik vir die blommeskouspel in Namakwaland. Baie onkruide soos die knapsekêrel, distel en senecio-spesies is deel van die familie.
Asteraceae | |
---|---|
'n Plakkaat met twaalf verskillende spesies van Asteraceae van die Asteroideae, Cichorioideae en Carduoideae subfamilies | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | Asteraceae Bercht. & J.Presl |
Tipegenus | |
Aster | |
Subfamilies | |
Asteroideae Lindley | |
Sinonieme | |
Compositae Giseke |
Die blomme van die plante kan in twee soorte getipeer word: madeliefietipe of disteltipe. Die madeliefietipe het kleurvolle, kroonagtige lintblomme terwyl die disteltipe meer buisvormig is, minder blomme het en tot 'n groot mate sonder die kleurvolle kroonblare is. Al die plante het enkelvoudige blare wat meestal afwisselend gerangskik word.
Wiki Commons bevat media in verband met Asteraceae. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Asteraceae, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.