Asjoera

Asjoera (Arabies: ‏عاشوراء, ʿāšūrāʾ van ‏,عَشَرَة asjara/ʿašara, letterlik: tien; Oerdoe en Persies: عاشورا, ʿĀšūrāʾ; Turks: Aşure Günü) is die tiende dag van Muharram, die eerste maand in die Islamitiese kalender.

Vir die meerderheid Sjiiete en Alawiete is Asjoera die hoogtepunt van die routyd in Muharram en herdenk Imam Hoessein, die kleinseun van die profeet Mohammed, se martelaardood tydens die Slag van Karbala op 10 Muharram in 61 AH (10 Oktober 680 n.C. volgens die Gregoriaanse kalender). Soenniete ken dieselfde berigte van hierdie gebeurtenisse, maar seremoniële rou het nie 'n gewoonte geword nie – alhoewel gedigte, lofredes en herhalings van die gebeure algemeen is en steeds algemeen voorkom. Die rou vir die voorval het amper onmiddellik na die Slag van Karbala begin. Gewilde lofredes om die Slag van Karbala te herdenk is deur digters tydens die Omajjadiese en Abbasidiese tydperke geskryf, en die vroegste openbare rourituele het onder die Boejide in 963 plaasgevind.

Asjoera
Miljoene Sjiiete kom om die Hoessein-moskee in Karbala, Irak, byeen nadat hulle die pelgrimstog tydens Arba'een, 'n Sjiietese herdenking 40 dae na Asjoera, te voet gemaak het
Asjoera
Slag van Karbala, skildery deur Abbas Al-Moesawi
Asjoera
Toneel van 'n rouskouspel tydens Asjoera in Iran
Asjoera
10 Muharram, skildery deur Fausto Zonaro in 1909
Asjoera
Tabuikfees tydens Asjoera in Indonesië

In verskeie Islamitiese lande het Asjoera 'n nasionale vakansiedag geword, en baie etniese en godsdienstige gemeenskappe neem daaraan deel.

In Soennitiese Islam is Asjoera ook die dag waarop Moses (Mūsa) en die Israelites deur God met die skepping van 'n pad in die meer van die farao gered, en dit is die Islamitiese eweknie van Jom Kippoer. Ander herdenkings sluit in Noag (Nūḥ) verlaat sy ark en die profeet Mohammed se aankoms in Medina.

Etimologie

Die oorsprong van die woord Asjoera is die betekenis van "tien" in Semitiese tale; vandaar die naam van die herinnering, letterlik vertaal beteken dit "die tiende dag". Volgens die Oriëntalis A. J. Wensinck is die naam afgelei van die Hebreeuse עשרה‬ ʿāsōr, met die Aramese bepalende agtervoegsel. Die dag is inderdaad die tiende dag van die maand, hoewel sommige Islamitiese geleerdes verskillende etimologieë bied. In sy boek Ghuniyatut Talibin skryf Abdul-Qadir Gilani dat Islamitiese geleerdes verskil oor hoekom hierdie dag as Asjoera bekend staan, sommige van hulle stel voor dat dit die tiende belangrikste dag is waarmee God (Allah) Moslems geseën het.

Datums

Asjoera is volgens die Islamitiese kalender op 10 Muharram, die werklike viering begin egter altyd met sonsondergang op die vooraand (omdat 'n dag met sononder begin). Aangesien maande in die Islamitiese kalender altyd na die maan bereken word, wissel die datum van hierdie dag volgens die Gregoriaanse kalender.

Jaar in die Islamitiese kalender Datum in die Gregoriaanse kalender
1442 28 Augustus 2020 (Vrydag)
1443 18 Augustus 2021 (Woensdag)
1444 8 Augustus 2022 (Maandag)
1445 28 Julie 2023 (Vrydag)
1446 16 Julie 2024 (Dinsdag)
1447 5 Julie 2025 (Saterdag)
1448 25 Junie 2026 (Donderdag)
1449 15 Junie 2027 (Dinsdag)
1450 3 Junie 2028 (Saterdag)
1451 23 Mei 2029 (Woensdag)
1452 12 Mei 2030 (Sondag)
1453 2 Mei 2031 (Vrydag)

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Tags:

Asjoera EtimologieAsjoera DatumsAsjoera Sien ookAsjoera VerwysingsAsjoera Verdere leesstofAsjoera Eksterne skakelsAsjoeraAbbasidiese KalifaatAlawieteArabiesGregoriaanse kalenderIslamitiese kalenderMohammedOerdoeOmajjadiese KalifaatPersiesSjiaSoenniTurks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnilingusSkoenlapperLugbesoedelingKhoisanMetaalnywerheidJavaScriptMiltDermpoliepGrondbesoedelingKrieketOu Apostoliese KerkBloemfonteinVoorhuidStaalMeganiese ingenieursweseNagapieParoniemVolstruisHage GeingobKanadaSelfstandige naamwoordLodewyk XVI van FrankrykToerismeMotorvoertuigTsoenamiSally EsterhuizenAfrikaAardeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLongontstekingWikimedia-stigtingIronieChristendomDie ballade van Robbie de WeeRosa ParksSimboolDysselsdorpWekkerWinnie Madikizela-MandelaDonderstormIndustriële RevolusieLongKaapstadEkonomieVarkgriepPolitieke partyVierhoekEnkelvoudige sinKookpuntPenisNieregeringsorganisasieSomerBybelOrthoptera15 AprilLys van Suid-Afrikaanse musikanteSteve BikoAlfabetRobert SobukweArmoedeMadison IvyKlein-KarooVarkVoortrekkermonumentTrappe van vergelykingAnneli van RooyenNiemetaalStollingsgesteenteEliza ScanlenEpilepsieGemmerUitwerking van klimaatsveranderingOnderwysLionel PetersonMusiek🡆 More