Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne is 'n Ou Testamentiese apokriewe boek.
Dit is die tweede en vorm saam met twee ander Apokriewe boeke Susanna en Bel en die draak die drie toevoegings tot die boek van Daniël. Die verhaal kom in die Septuagint voor waar dit tussen Daniël 3:23 en Daniël 3:24 ingevoeg is.
Voor Daniël 3:23 word vertel hoe koning Nebukadnesar 'n goue beeld laat maak en die mense beveel het om dit te aanbid. Die drie jong manne, Gananja, Misael en Asarja (beter bekend as Sadrag, Mesag en Abednego) het geweier om die beeld te aanbid en die koning laat hulle in 'n warm oond gooi. In vers 24 word vertel hoe die koning verskrik opspring en sy raadgewers vra hoekom daar dan 4 persone in die oond is.
Die verhaal vertel wat tussen die twee verse gebeur het. Dit gaan oor die gebed van Asarja en die drie se loflied en hoe die Here se engel hulle beskerm het.
Die skrywer van die boek is onbekend (daar word vermoed dat dit Jode was) en daar word ook vermoed dat die boek tussen 170 tot 150 v.C. geskryf is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.