Aryabhata

Aryabhata (Sanskrit: आर्यभट, Āryabhaṭa) of Aryabhata I (476-550 n.C.) was die eerste van die groot Indiese wiskundiges-sterrekundiges van die klassieke tydperk.

Aryabhata
’n Standbeeld van Aryabhata.

Sy werke sluit die Aryabhatiya in. Daarin word ’n aantal innoverings in wiskunde en sterrekunde in versvorm voorgestel wat al baie eeue lank invloedryk is.

Aryabhata was merkwaardig in die beskrywing van die relatiwiteit van beweging. Hy het relatiwiteit as volg beskryf: "Soos wat 'n man in 'n boot wat vorentoe vaar die stilstaande voorwerpe aan die oewer as terugbewegend sien, sien mense op die bewegende aarde niebewegende sterre asof hulle weswaarts beweeg".

Heliosentriese stelsel

Aryabhata se berekeninge stem ooreen met die heliosentriese beweging van die planete om die son en 'n aarde wat om sy eie as draai. Hy was nie die eerste om dit te beweer nie, maar sy gesag was wel belangrik. Die vroeë Indiese sterrekundige tekste; Shatapatha Brahmana (ongeveer 9de-7de eeu v.C.), Aitareya Brahmana (ongeveer 9de-7de eeu v.C.) en die Vishnu Purana (ongeveer 1ste eeu v.C.) bevat vroeë elemente van 'n heliosentriese stelsel. Heraklides van Pontus (4de eeu v.C.) word soms beskou as die stigter van heliosentrisme. Aristarchus van Samos (3de eeu vC) word dikwels genoem as dat hy kennis van heliosentrisme gehad het. In antieke Indië was daar 'n boek oor antieke Griekse sterrekunde genaamd Paulisha siddhanta (moontlik geskryf deur Paulus van Alexandrië), maar daarin word geen melding gemaak van heliosentrisme nie. In die agtste eeu is die Aryabhatiya in Arabies vertaal, en die Arabiese weergawe is in die dertiende eeu in Latyn vertaal.

Aryabhata se berekening van die omtrek van die aarde was slegs 0,2% kleiner as die werklike waarde. Dit was 'n verbetering op Eratostenes se berekening (ongeveer 200 vC). Hy het ook geskryf dat maanlig 'n weerkaatsing van sonlig op die maan is.

Verwysings

Skakels

  • Aryabhata  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

IndiëSanskritSterrekundigeWiskundige

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mark (ekonomie)Google MapsErns GrundlingSwart menseGeldGolf (fisika)Chris HaniKappie (skryfteken)Afrikaanse WikipediaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingDansGroepsgebiedewetDurbanSteenkool in Suid-AfrikaKoerantKinderregteEnkelvoudige sinSelfstandige naamwoordAppelGedigAnneli van RooyenJodeParysAarde se atmosfeerDubbelpuntHerfsSelfmoordBuck AngelGautengKalsiumStresSharpeville-slagtingVlagterminologieWinnie Madikizela-MandelaPornhubSteve BikoMona LisaAppendiksLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Eerste WêreldoorlogSimfonie-orkesBTWAfrikaansBruin huisslangKoorsblaarGeskiedenis van die BoererepubliekeSeevlakGeskiedenis van die AardeNic de JagerSuurreënJan van TonderVersamelnaamPriemgetalBotswanaC. Louis LeipoldtYsterMadison IvyLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAkkedisGesondheidBaälFinale OplossingMIVTierLugbesoedelingMuskeljaatkatBeeldspraakSendelingposisieOnderwysByJo BlackPeter Snyders🡆 More