Armin Wegner

Armin Theophil Wegner (16 Oktober 1886 - 17 Mei 1978) was 'n Duitse soldaat en mediese ordonnans in die Eerste Wêreldoorlog, 'n produktiewe skrywer en 'n menseregte-aktivis.

Wegner was tydens die Eerste Wêreldoorlog in die Ottomaanse Ryk en was 'n getuie van die Armeense volksmoord en die foto's wat hy destyds geneem het om die lot van die Armeense te dokumenteer, verteenwoordig vandag die kern van getuienisbeelde van die volksmoord.:258–259

Armin Wegner
Wegner in 1916

In die jare na die Eerste Wêreldoorlog het Wegner ook sy teenkanting uitgespreek teen die antisemitiese beleid van die Nazi-regime met 'n groot risiko vir sy eie lewe. In 1933 skryf hy 'n passievolle pleidooi aan Adolf Hitler namens Duitse Jode. Hy het gesuggereer dat die vervolging van die Jode nie net 'n kwessie was van "die lot van ons Joodse broers alleen, maar ook van die lot van Duitsland".:240 Hy merk op dat hy die brief skryf as 'n trotse Duitser wat as hy self sy Pruisiese familiewortels kon opspoor tot die tyd van die kruistogte, het Wegner Hitler gevra wat van Duitsland sou word as hy sy Jodevervolging sou voortsit. Op sy eie vraag het Wegner verklaar: "Daar is geen vaderland sonder geregtigheid nie!":244 Hy is vervolg deur die Nazi-regime en vlug uit Duitsland na sy vrylating uit aanhouding in konsentrasiekampe.

Nadat hy Duitsland verlaat het, het hy die res van sy lewe in Italië gewoon. Hy is later erken vir sy pogings teen volksmoord, insluitende erkenning deur Yad Vashem as Regverdiges onder die Nasies. Sy verhaal en sy foto's verskyn in verskeie studies om die Armeense volksmoord te dokumenteer.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

16 Oktober17 Mei18861978Armeense volksmoordEerste WêreldoorlogOttomaanse RykSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoudstandaardNamibwoestynNoag se arkBlaaskankerRasionale getalEngelandVraag en aanbodGetalNoordelike HalfrondSuikerbekkiesEmosieTromBelastingHidroponikaBoet TroskieKinderregteJeuksiekteNaaldekokerBreedtegraadMIVAapKameelperdOptel en aftrekOrganismeHartseerSelfvertroueIndustriële RevolusieHomofobieSwartrenosterReg tot ‘n gesonde omgewingFacebookOmtrek, oppervlakte en volumeBeesIronieJavaScriptEnkelvoudige sinVarkgriepValentynsdagFotosinteseGrondsoorteAnrich HerbstAtletiekWekkerAfkappingstekenBruto nasionale produkVurkhyserGeslagTussenwerpselArmoedeverligtingWikimedia-stigtingGeestesteuringSelfbeeldReddingskakeBateLeenwoordYsbeerSebraProteïenSkrikkeljaarGewerweldesPenisWiskundige terminologieEnsiklopedieKrokodilGroot DepressiePankreasUitstelDwelmmiddelSkoolNylrivierHolocaustBrandmondsindroom🡆 More