Armeense Brandewyn

Armeense brandewyn

Brandewyn van gewaarborgde oorsprong en gehalte uit
Vlag van Armenië Armenië



Bekendste handelsmerk

Armeense Brandewyn

Yerevan Brandy Company


Ligging

Jerewan

Armeense brandewyn is 'n brandewyn van gewaarboorgde oorsprong en hoë gehalte wat in Armenië gestook word. Die term word deur die wet beskerm. In die vroeëre Oosbloklande is na hierdie drank meestal as "Armeense konjak" (Russies: Армянский коньяк, Armjanski konjak) verwys. Aangesien konjak intussen wêreldwyd as handelsnaam vir brandewyn uit die Franse Cognac-streek beskerm word, het die term brandewyn vir die Armeense produk gebruiklik geword.

Die stook van Armeense brandewyn word deur die Armeense regering streng beheer. 'n Wet bepaal van watter Armeense druiwesoorte die brandewyn gestook mag word. Tans sluit hierdie wyne Rkatsiteli, Mskhali, Garan Dmak, Kangu en Voskehat in.

Geskiedenis

Wynmakery het net soos die stook van brandewyn 'n lang tradisie in Armenië. Volgens geskiedkundiges strek die geskiedenis van wynbou in die land meer as 3 000 jaar terug. Die droë en warm klimaat, die vrugbare grond in die Ararat-vallei met baie voedingstowwe en die sagte water uit die plaaslike berggebiede is uiters geskik vir 'n produk van hoë gehalte.

Armeense Brandewyn 
Die brandewynkelder van die Yerevan Brandy Company

Brandewyn word al sedert die middel van die 19de eeu in Armenië gedistilleer. In 1887 is met die industriële stook van die drank begin toe Nerses Tairjan die Yerevan Brandy Company in Jerewan gestig en die wyn- en brandewynproduksie aansienlik verhoog het. Tairjan het ook die gehalte van wyn en brandewyn danksy die invoering van nuwe druiwesoorte en die oprigting van 'n nuwe brandewynkelder verbeter.

Ses jaar later, in 1898, het die onderneming Sjoestof & Seuns, een van die beduidendste drankverspreiders in die destydse Rusland, met die bemarking van Armeense brandewyn op die Oos-Europese markte begin. Onder die bestuur van Sjoestof het die brandewyn-distilleerdery verder gegroei. In 1903 het die helfte van alle brandewyn, wat in Rusland gedrink is, uit Armenië gekom.

Nadat Armenië in 1922 'n Sowjet-republiek geword het, is die brandewynbedryf net soos ander ekonomiese sektore genasionaliseer. Die Jerewanse Brandewyn- en Wynfabriek het 'n monopolie vir wyn- en brandewynproduksie in die Armeense Sosialistiese Sowjetrepubliek gekry en meer as sewentig jaar lank op groot skaal belastinggeld vir die regering verdien. In die tyd van die Sowjetunie was Armeense brandewyn die gewildste alkoholiese drank van diplomate.

Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie en die herstigting van die onafhanklike Republiek van Armenië in 1991 het die Jerewanse distilleerdery sy monopolie op brandewyn van hoë gehalte verloor. Die staatsbeheerde onderneming is in 1998 ontbind en geprivatiseer. Die grootste deel van bedrywighede word deur die huidige Yerevan Brandy Company voortgesit wat sy brandewyn onder die handelsmerk Ararat bemark.

Die staatsdistillerdery het sy wyne oorspronklik van wynboere in die omgewing gekoop. Ná die politieke omwenteling is baie van die klein wynmakerye in brandewynstokerye omgeskep wat almal hul eie unieke brandewyn volgens die Armeense tradisie stook.

Verwysings

  • Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Armenischer Weinbrand

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenseregteAfrikaanse WikipediaNedersettingSlawernyMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaMusiekDaggaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaIndiese OseaanNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySarel Jacob PretoriusNatuurrampVingerseksAdolf HitlerAprilAt BothaLiewe HeksieCleopatra VIIToekoms van die AardeIntensiewe vormKlem-in-die-kaakAmandelKonsentrasiekampAntjie KrogFilosofieHeidelberg, GautengTandbederfLianie MayLys van konings van IsraelMeervoudTranspirasieWoordeboek van die Afrikaanse TaalDirekte en Indirekte redeNatuurlike hulpbronSokkerAlkoholismeAkkedisMenslike seksuele gedragVoël2024 Chinese Grand PrixLeonardo da VinciSiya KolisiAndré JacobsXenofobieGeestesteuringNuwe TestamentTsoenamiKoorsWêreld- Ekonomiese ForumKindermishandelingLys van Griekse mitologiese figureAbstraksie (rekenaarwetenskap)Slag van BloedrivierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Counter-Strike (videospeletjie)SikloonWaar ruwe rotseRefentse MorakeHoenderVoedingKakiebosLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKatLika BerningWikiquoteGrondsoorteInstagramVoornaamwoordGeografie van Suid-AfrikaSonsteekGrondbesoedelingOorlogKameelRolprentSuikersiekte🡆 More