Argentynse Rugbyunie

Die Argentynse Rugbyunie (Spaans: Unión Argentina de Rugby, afgekort “UAR”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Argentinië beheer.

Die beheerliggaam is in 1899 gestig en in Buenos Aires gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Argentinië by Wêreldrugby en sedert 1988 ook by Suid-Amerika Rugby (“SAR”).

Argentynse Rugbyunie
Kenteken van die Argentynse Rugbyunie
Kenteken van die Argentynse Rugbyunie
Spaanse naam Unión Argentina de Rugby
Afkorting UAR
Land Vlag van Argentinië Argentinië
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Gestig op 10 April 1899
Gestig in Buenos Aires, Argentinië
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1987
Vastelandse beheerliggaam Suid-Amerika Rugby
President Gabriel Travaglini
Amptelike taal Spaans
Amptelike webwerf uar.com.ar

Geskiedenis

Argentynse Rugbyunie 
Stigtingsdokument van die River Plate Rugby Union op 10 April 1899

Die Argentynse Rugbyunie is op 10 April 1899 as River Plate Rugby Union gestig en het in 1987 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was die Argentynse beheerliggaam in 1988 ’n stigtingslid van CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby). Die Argentynse Rugbyunie bestaan uit 25 plaaslike beheerliggame, wat grotendeels met die Argentynse provinsies ooreenstem. Die belangrikste rugbyliga in Argentinië is die Nacional de Clubes, waar die helfte van die spanne uit Buenos Aires en die ander helfte uit die provinsies afkomstig is. Van 2016 tot 2020 het met die Jaguares ’n Argentynse span deelgeneem aan die Superrugbytoernooi, die Suidelike Halfrond se internasionale rugbyliga. Sedert 2023 neem die twee Argentynse keurspanne Dogos en Pampas deel aan die professionele Superrugby Amerikas. Hieraan neem ook spanne uit Brasilië, Chili, Paraguay, Uruguay en die Verenigde State deel. Die meeste nasionale spelers is veral aktief by Europese klubs in Engeland of Frankryk.

Taak

Argentynse Rugbyunie 
’n Kaart van die Argentynse plaaslike beheerliggame

Die Argentynse Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Argentinië se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die Poemas), vroue en jeug. Hulle bestuur saam met Rugby Australia, Nieu-Seeland Rugby en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie as ’n gesamentlike onderneming SANZAAR, die beheerliggaam van beide Superrugby en Die Rugbykampioenskap, die vernaamste rugbytoernooie in die Suidelike Halfrond. Die UAR hou ook toesig oor sewesrugby in Argentinië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Argentynse Nasionale Olimpiese Komitee saam.

Naas die amptelike nasionale span roep die Argentynse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Argentinië. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Die Pumitas is die o/20-nasionale span en hulle neem aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deel. Die Argentina XV (XV verwys na die aantal spelers in rugby) is die tweede nasionale span van Argentinië. Van 2010 af het die keurspan Pampas XV bestaan, wat net uit Argentynse spelers saamgestel is, maar aan die Suid-Afrikaanse Vodacombeker (en aansluitend tot hul ontbinding aan die Wêreldrugby Pasifiekuitdaging) deelgeneem het.

Net soos Italië is Argentinië die enigste vlak-een-rugbyland wat tot dusver nog nie ’n wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi gehuisves het nie, alhoewel hulle vir die Rugbywêreldbeker 2027 aansoek gedoen, maar dié bod ter ondersteuning van die Australiese s’n laat vaar het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Argentynse Rugbyunie GeskiedenisArgentynse Rugbyunie TaakArgentynse Rugbyunie VerwysingsArgentynse Rugbyunie Eksterne skakelsArgentynse RugbyunieArgentiniëBuenos AiresRugbySewesrugbySpaansSuid-Amerika RugbyWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VarkgriepBesoedelingReg tot ‘n gesonde omgewingKankerKrieketMetafoorTekstielIngrid JonkerSomerVulkaanGqeberhaSlag van Cuito CuanavaleLys van veltoestandeDansMateriaalDrinkwatervoorsieningTegnologieCorioliskragKalsiumNasiebouDroomRenteSwemMenslike seksuele gedragAkademiaProvinsies van Suid-AfrikaLys van bekende Suid-AfrikanersGemeenskapsorganisasiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRegardt van den BerghSikloonErfenisBernice WestNagapieLeonardo da VinciKernkragGeestesgesondheidLys van slangePenisAppel (sanger)Periodieke tabelAfrikaanse Protestantse KerkPapierJan van RiebeeckVolstruisSeekoeiBysteekHeupMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaDieretuinOrale seksOogproblemeAarde se atmosfeerTrevor NoahKoppeltekenSwawelNicola HanekomVratHeuningKhoikhoiMonopolieAkwariumJana CilliersViëtnamSaldanhaStikstofDroogtePikkewynMenslike penisgrootteBevolkingBeesTrappe van vergelykingRenosterPornhub🡆 More