Ardenne-Offensief

Die Ardenne-offensief (In Engels ook bekend as The Battle of the Bulge) was die laaste groot Duitse offensief aan die Westelike Front tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Dit het plaasgevind van 16 Desember 1944 tot 25 Januarie 1945. Die offensief is geloods deur die dig beboste Ardenne-streek van Wallonië in die ooste van België, noordoos van Frankryk en Luxemburg, vyf maande voor die einde van die oorlog in Europa. Die doelwitte van die offensief was om die Geallieerde gebruik van die Belgiese hawe Antwerpen te beëindig en om die Geallieerde linies te verdeel, sodat die Duitsers vier Geallieerde leërs kon omring en vernietig. Sodoende wou die Duitsers die Westerse Geallieerdes dwing om 'n vredesverdrag in die guns van die Spilmoonthede te beding.

Ardenne-offensief
Deel van die Tweede Wêreldoorlog
Ardenne-Offensief
Amerikaanse soldate van die 117ste infanterieregiment, die Tennessee National Guard, deel van die 30ste infanteriedivisie, beweeg verby 'n vernietigde Amerikaanse M5A1 "Stuart"-tenk tydens hul optog om die stad St. Vith te herwin tydens die Ardenne Offensief, Januarie 1945.
Datum 16 Desember 194425 Januarie 1945
(1 maand, 1 week en 2 dae)
Ligging Die Ardennes: België, Luxembourg, Duitsland
Resultaat Geallieerde oorwinning

Geallieerde magte op die Westelike Front se offensiewe planne is met vyf of ses weke vertraag.

Duitse offensief put hul bronne op die Westelike Front uit.

Duitse ineenstorting maak die Geallieerdes moontlik om uiteindelik die Siegfried Linie te breek.

Die Sowjet-offensief in Pole is op 12 Januarie 1945, agt dae vroeër as wat oorspronklik bedoel was, van stapel gestuur.

Strydende partye
Ardenne-Offensief Verenigde State

Ardenne-Offensief Verenigde Koninkryk
Ardenne-Offensief België
Ardenne-Offensief Luxemburg

Ardenne-Offensief Nazi-Duitsland
Aanvoerders
Ardenne-Offensief Dwight D. Eisenhower

Ardenne-Offensief Omar Bradley
Ardenne-Offensief  Bernard Montgomery
Ardenne-Offensief  Courtney Hodges

Ardenne-Offensief  Adolf Hitler

Ardenne-Offensief  Walter Model
Ardenne-Offensief  Gerd von Rundstedt
Ardenne-Offensief  Hasso von Manteuffel
Ardenne-Offensief  Sepp Dietrich
Ardenne-Offensief  Erich Brandenberger

Ongevalle en verliese
Amerikaners:
76 890 dood, gewond en krygsgevangenis
733 tenks
529 vliegtuie


Britte:
1600 slagoffers (200 dood, 1400 gewond, vermis en krygsgevangenis

81 834 dood, gewond en krygsgevangenis
324 tenks
320 vliegtuie

Die Duitsers het op die oggend van 16 Desember 1944 'n verrassingsaanval geloods. Die Geallieerde magte was weens 'n kombinasie van hul oormatige selfvertroue, die oordrewe fokus op hul eie aanvalsplanne en swak lugverkenning weens slegte weer, nie voorberei op die offensief nie. Die aanval was grootliks gerig op die Amerikaanse magte en hul het ook die grootste operasionele ongevalle tydens dié geveg ondervind. Die geveg het ook die gepantserde magte van Duitsland betekenisvol verswak en hierdie magte kon nie vervang word nie. Duitse personeel en die Luftwaffe (in die laaste stadiums van die gevegte) het ook groot verliese gely. Die Duitsers het 'n swak verdedigde deel van die Geallieerde frontlinie aangeval deur voordeel te trek uit sterk bewolkte weerstoestande wat die Geallieerdes se buitengewoon oormag in die lug op die grond gehou het.

Sterk weerstand op die noordelike skouer van die aanvals gebied, rondom Elsenborn Ridge en in die suide, rondom Bastogne, het die Duitsers toegang tot sleutelpaaie in die noordweste en weste waarop hulle gereken het, weerhou. Kolonne van pantser- en infanterie-eenhede wat veronderstel was om langs parallelle roetes te beweeg, het hulle op dieselfde paaie bevind. Dit, en die terrein wat die verdedigers bevoordeel het, het die Duitse opmars vertraag en die Geallieerdes toegelaat om die dun verdedigende linies te versterk.

Die verste wes wat die offensief beweeg het, was die dorp Foy-Nôtre-Dame, suid-oos van Dinant, wat op 24 Desember 1944 deur die Amerikaanse 2de Pantserdivisie verdedig was. Verbeterde weerstoestande vanaf ongeveer 24 Desember het lugaanvalle op Duitse magte en toevoerlinies toegelaat, wat die mislukking van die offensief verseël het. Op 26 Desember bereik die hoofelement van die Amerikaanse Derde Leër van genl. George S. Patton Bastogne uit die suide, en beëindig daarmee die beleg.

Alhoewel die offensief teen 27 Desember effektief gestop is, het die vasgevangde eenhede van die 2de Pantserdivisie twee uitbreekpogings gepoog, met slegs gedeeltelike sukses. Die gevegte het nog vir 'n maand voortgeduur voordat die frontlinie soos voor die aanval effektief herstel is. In die nasleep van die nederlaag is talle ervare Duitse eenhede erg van mannekrag en toerusting ontneem, aangesien oorlewendes terug geval het na die Siegfried-linie.

Die Duitsers se aanvanklike aanval het 410 000 troepe betrek; net meer as 1 400 tenks, 2 600 artillerie-eenhede; 1 600 anti-tenkkanonne; en meer as 1 000 vegvliegtuie, sowel as 'n groot aantal ander pantservoertuie. Dit is 'n paar weke later versterk, wat die offensief se totale mag op ongeveer 450 000 troepe gebring het, en 1 500 tenks en kanonne. Tussen 63 222 en 98 000 van hierdie soldate het gesneuwel, vermis, gewond in aksie of gevange geneem. Tydens die hoogtepunt het 610 000 Geallieerde troepe deelgeneem en het die Amerikaners 89 000 ongevalle gely, waarvan ongeveer 19 000 gesneuwel het. Die Ardenne was die grootste en bloedigste enkel geveg wat deur die Verenigde State in die Tweede Wêreldoorlog geveg is en die derde dodelikste veldtog in die Amerikaanse militêre geskiedenis.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

16 Desember1944194525 JanuarieAntwerpenArdenneBelgiëEngelsEuropaFrankrykLuxemburgSpilmoonthedeTweede WêreldoorlogWaalse Gewes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeegolfHamburgerBybelSebraE-posVioolWaterkringloopSelfmoordGalblaasLys van Suid-Afrikaanse musikanteVrymesselaryKappie (skryfteken)Bek-en-klouseerAfrikaanse woordelys en spelreëlsRenosterSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeDriehoekWêreld- Ekonomiese ForumAnglo-BoereoorlogMaatskaplike verantwoordelikheidItaliëBesoedelingWes-KaapHerpes simplexHindoeïsmeGoudkus (streek)Bernice WestKoorsPrimêre sektor van die ekonomieAfvalbestuurLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaHernubare energieKlimaatJodeToestand van materieBeurtkragAdolf HitlerTydVryheidsdagMaroela MediaJan van TonderPornografiese subgenresInentingKonsonantVarkgriepTafelbergGeelsugNasionale VrouedagApartheidKinderregteAardkorsGemeenskapSteve BikoEllipstekenVaginaVervoerMark (ekonomie)Termiese geleidingsvermoëEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBlaarFinale OplossingAborsieKrieketMediese diagnoseRegeringJudaïsmeKolonoskopieWerkwoordAlkoholismeTradisionele literatuurPeriodieke tabelFisiese oefeningMaatskappyPinksterSel🡆 More