Arabiese Syfers

Arabiese syfers, streng gesproke Indo-Arabiese of Hindo-Arabiese syfers, is die syfers wat deesdae in die meeste kulture gebruik word om getalle aan te dui.

Dit bestaan uit tien tekens of simbole: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9 en 0, of 'n kombinasie daarvan. Dit is 'n posisionele stelsel. Die waarde van 'n syfer hang nie net van die tekens wat gebruik word af nie, maar ook van die posisie daarvan in die getal. Hierdie simbole is om en by in die jaar 500 in Indië uitgevind, en in die 10de eeu deur die More aan Wes-Europa bekendgestel.

Arabiese Syfers
Arabiese syfers
Arabiese Syfers
Die evolusie van Arabiese syfers tot die syfers wat ons vandag ken.

Vergelyking met ander syferstelsels

Aanvanklik het talle volke syfers gebruik waarvan die waarde nie soseer van die posisie afhang nie, maar van die tekens self. Die bekendste voorbeeld hiervan is die Romeinse syfers, wat tans steeds gebruik word.

Voorbeeld van 'n getal:

    in Arabiese syfers: 304
    in Japanse / Sjinese syfers: 三百四 / 三百〇四
    in Romeinse syfers: CCCIV (as mens die aftrekreëls ignoreer kan die getal ook as CCCIIII, IIIICCC en as CIICIIC geskryf word)

Romeinse syfers het nie 'n nul nodig nie. Omdat elke getal 'n vaste waarde het, eerder as veelvoude van tien, honderd en so aan, volgens posisie, is dit nie nodig om vir "nulle" plek te hou nie. Getalle soos 207 en 1066 word geskryf as CCVII (twee keer honderd, 'n vyf en twee kinders) en MLXVI ('n duisend, 'n vyftig, 'n tien, 'n vyf en nog een mens).

Arabiese syfers is egter meer prakties en word daarom vandag reg oor die wêreld gebruik.

Geskiedenis

Arabiese syfers het nie in die Arabiese wêreld ontstaan nie, maar in Indië. Die Arabiere leer die Indiese syfers, wat later as Arabiese syfers bekend sou word, danksy 'n Indiese wiskundige wat die paleis van die Abbasidiese kalief met sy boek oor kosmologie en wiskunde besoek.

Ná die opkoms van die Islam verower Moorse moslems 'n deel van die Iberiese Skiereiland en kom so met die Europese nasies in kontak. As gevolg van die vermenging van verskillende godsdienste en volke ondervind dele van die Iberiese Skiereiland 'n bloeitydperk onder verskillende dinastieë, wat met die ontwikkeling van die wetenskappe gepaard gaan. Hierdie ontwikkeling, insluitend die Arabiese syfers, het uiteindelik 'n invloed op die Europese samelewing uitgeoefen.

Die vooraanstaande Persiese wiskundige en skepper van algebra, Muḥammad ibn Mūsā al-Khwārizmī het ook Arabiese syfers gebruik. As gevolg hiervan het dié syferstelsel wyd bekend geword en het die Arabiere en ander Islamitiese volke hul verskeie stelsels ten gunste van die Indiese syfers laat vaar.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Arabiese Syfers Vergelyking met ander syferstelselsArabiese Syfers GeskiedenisArabiese Syfers VerwysingsArabiese Syfers Eksterne skakelsArabiese Syfers10de eeu500GetalIndiëSyferWes-Europa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkuutErosietipesWapen van Suid-AfrikaGriekwa-AfrikaansTransatlantiese slawehandelJeuksiekteWaterkringloopPornografiese subgenresMuishondVrymesselaryKoperOrtopedieAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAkroniemDruiweProteïenGeweldLys van bekende Suid-AfrikanersAnglisismeSpelerposisies in rugbySelfvertroueKommunismeAtoomKasterolieMisdaadromanPseudowetenskapVioolWright-broersGemeenskapsorganisasieEerste WêreldoorlogKlavierWêreld- Ekonomiese ForumWeerfrontBysteekLys van kinderspeletjiesErektiele disfunksieGestremdheidAustraliëTydWolfNamibiëLys van musiekinstrumentePlastiekTelwoordMenslike seksuele gedragDrakensbergeVlagterminologieKlein-KarooRussiese inval in Oekraïne sedert 2022HindoeïsmeVersoeningsdagFinansiële staatKlinkerPenisVarkgriepAssonansieByvoeglike naamwoordSeksuele opwekkingRuslandMantisLeonardo da VinciUitwerking van klimaatsveranderingKaapstadKlimaatsverandering in AfrikaAlliterasieItaliëBosvarkEuropaMaagOlimpiese SpelePriemfaktorKimberleyHomofoonHondWitbloedselKoolhidraatBernice West🡆 More