Arabiese Lente

Die Arabiese Lente is 'n golf van proteste, opstande en revolusies wat die Arabiese wêreld van 18 Desember 2010 af geteister het.

Dit bestaan uit revolusies in Tunisië, Egipte, Libië en Jemen, 'n burgeroorlog in Sirië, groot betogings en proteste in Bahrein, middelgroot proteste in Jordanië, Marokko, Algerië, Irak, Oman en die Palestynse gebiede, asook kleiner proteste in Mauritanië, Saoedi-Arabië, Soedan, Libanon en Koeweit. Geen voorvalle is egter in Katar of die Verenigde Arabiese Emirate aangemeld nie.

Arabiese Lente
Collage van voorvalle tydens die Arabiese Lente.
Arabiese Lente
Arabiese wêreld:
██ Regering tot 'n val gebring ██ Gewapende opstand/burgeroorlog ██ Regering n.a.v. proteste gewysig ██ Grootskaalse proteste ██ Kleiner proteste ██ Aanhoudende onluste en herskikking van regering
Nie-Arabiese lande: ██ Proteste ██ Geen voorvalle bekend

Die presiese oorsaak van die Arabiese Lente verskil van land tot land. Dit wissel van onderdrukking, onregverdige verkiesings, korrupsie, weghol prysstygings, gebrek aan politieke vryheid en werkloosheid. In verskeie demonstrasies uiter die onderdane van Arabiese regimes hul ontevredenheid en pak die skuld op hul onderskeie regerings se skouers.

Talle Arabiese lande (veral Egipte) het 'n hoë geboortesyfer en 'n lae sterftesyfer. Dit het aanleiding gegee tot 'n demografiese krises. 'n Oorvloed van jongmense wil die arbeidsmark betree, maar almal kan nie geakkommodeer word nie. Jonger mense is ook meer geneig om te protesteer, wat tot die onstabiliteit bydra.

Op 17 Desember 2010 steek die straatverkoper Mohammed Bouazizi homself aan die brand. Die owerhede het beslag op sy handelsware gelê en hy is deur 'n vroulike polisiebeampte verneder. Dit lei tot groot protesoptogte en die val van die Tunisiese regering, waarna die onstabiliteit na nabygeleë lande oorgespoel het.

Tydlyn

  • 18 Desember 2010: Arabiese Lente  Tunisië, protesoptogte begin.
  • 29 Desember 2010: Arabiese Lente  Algerië, protesoptogte begin.
  • 13-16 Januarie 2011: Arabiese Lente  Libië, betogers word onder bedwang gebring.
  • 14 Januarie 2011: Arabiese Lente  Jordanië, protesoptogte begin.
  • 14 Januarie 2011: Arabiese Lente  Tunisië, regering val.
  • 17 Januarie 2011: Arabiese Lente  Oman, klein optog is gehou.
  • 18 Januarie 2011: Arabiese Lente  Jemen, protesoptogte begin.
  • 25 Januarie 2011: Arabiese Lente  Egipte, protesoptogte begin.
  • 26 Januarie 2011: Arabiese Lente  Sirië, 'n persoon steek homself aan die brand.
  • 28 Januarie 2011: Arabiese Lente  Palestynse Owerheid, protesoptogte begin.
  • 28 Januarie 2011: Arabiese Lente  Djiboeti, klein optog is gehou.
  • 30 Januarie 2011: Arabiese Lente  Soedan, protesoptogte begin.
  • 1 Februarie 2011: Arabiese Lente  Jordanië, regering word ontbind.
  • 10 Februarie 2011: Arabiese Lente  Egipte, pres. Mubarak dra sy presidensiële magte aan die vise-president Omar Suleiman oor.
  • 10 Februarie 2011: Arabiese Lente  Irak, kleinskaalse georganiseerde protes. Nouri al-Maliki kondig aan dat hy nie as 'n kandidaat in die komende verkiesing sal staan nie.
  • 11 Februarie 2011: Arabiese Lente  Egipte, pres. Hosni Mubarak bedank.
  • 14 Februarie 2011: Arabiese Lente  Bahrein, protesoptogte begin.
  • 15 Februarie 2011: Arabiese Lente  Libië, demonstrasies vlam weer op.
  • 19 Februarie 2011: Arabiese Lente  Koeweit, protesoptogte begin.
  • 20 Februarie 2011: Arabiese Lente  Marokko, protesoptogte begin.
  • 25 Februarie 2011: Arabiese Lente  Mauritanië, protesoptogte begin.
  • 27 Februarie 2011: Arabiese Lente  Libanon, protesoptogte begin.
  • Maart 2011: Arabiese Lente  Djiboeti, protesoptogte eindig.
  • 3 Maart 2011: Arabiese Lente  Libië, leier Moeammar al-Ghaddafi verloor beheer oor die grootste deel van die land.
  • 5 Maart 2011: Arabiese Lente  Libië, Libiese Lugmag begin stede bombardeer. Die opposisiemagte val terug.
  • 11 Maart 2011: Arabiese Lente  Saoedi-Arabië, protesoptogte begin.
  • 15 Maart 2011: Arabiese Lente  Sirië, protesoptogte begin.
  • 19 Maart 2011: Arabiese Lente  Libië, bombardement deur buitelandse lugmagte begin.
  • 15 April 2011: Arabiese Lente  Iran, protesoptogte begin.
  • 18 April 2011: Arabiese Lente  Iran, protesoptogte eindig.
  • Mei 2011: Arabiese Lente  Oman, protesoptogte eindig.
  • 15 Mei 2011: Arabiese Lente  Israel, protesoptogte begin.
  • 5 Junie 2011: Arabiese Lente  Israel, protesoptogte eindig.
  • 3 Augustus 2011: Arabiese Lente  Egipte, pres. Hosni Mubarak se hofsaak begin.
  • 21-22 Augustus 2011: Arabiese Lente  Libië, opposisie gaan die hoofstad Tripoli binne.
  • 29 September 2011: Arabiese Lente  Saoedi-Arabië, verkiesings gehou.
  • 20 Oktober 2011: Arabiese Lente  Libië, Moeammar al-Ghaddafi word in die dorp Sirte deur rebelle om die lewe gebring.
  • 23 Oktober 2011: Arabiese Lente  Libië, burgeroorlog beëindig.
  • Desember 2011: Arabiese Lente  Libanon, protesoptogte eindig.
  • 13 Desember 2011: Arabiese Lente  Tunisië, Moncef Marzouki word die tussentydse president van Tunisie.
  • 1 Januarie 2012: Arabiese Lente  Algerië, protesoptogte eindig.
  • 27 Februarie 2012: Arabiese Lente  Jemen, regering word ontbind. Pres. Ali Abdullah Saleh bedank.
  • Maart-April 2012: Arabiese Lente  Marokko, protesoptogte eindig.
  • Mei-Junie 2012: Arabiese Lente  Egipte, verkiesings word gehou. Mohamed Morsi word verkies.
  • Junie 2012: Arabiese Lente  Egipte, protesoptogte eindig.
  • 4 September 2012: Arabiese Lente  Palestynse Owerheid, protesoptogte begin. Salam Fayyad kondig aan dat by bereid is om te bedank.
  • 23 Desember 2012: Arabiese Lente  Irak, protesoptogte begin.
  • Middel van 2013: Arabiese Lente  Sirië, Koerdiese vegters raak in die Siriese burgeroorlog betrokke.
  • 13 April 2013: Arabiese Lente  Palestynse Owerheid, Salam Fayyad bedank, dit bring 'n einde aan die protesoptogte.
  • Julie 2013: Arabiese Lente  Koeweit, protesoptogte eindig.
  • 3 Julie 2013: Arabiese Lente  Egipte, pres. Mohamed Morsi word afgedank. Militêre magte dank die regering af.
  • 14 Augustus 2013: Arabiese Lente  Egipte, klopjagte uitgevoer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

18 Desember2010AlgeriëArabiese wêreldBahreinEgipteIrakJemenJordaniëKatarKoeweitLibanonLibiëMarokkoMauritaniëOmanPalestynse gebiedeSaoedi-ArabiëSiriëSoedanTunisiëVerenigde Arabiese Emirate

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HerfsDemografie van Suid-AfrikaDroogteHoofpynKaaps-Hollandse stylOorstromingLongBybelRepubliek die KongoWaatlemoenPriemfaktorJohannes MeintjesKaliumSuid-Afrikaanse GrensoorlogVormRasionale getalJagluiperdHeupToerismeStereotipeLys van Afrikaanse skrywersSharpeville-slagtingAngina pectorisSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNoord-KaapSokkerKimberleyAfrikaansRugbyLenteVingerseksHolocaustTierOnderhandelinge om apartheid te beëindigTandbederfPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLodewyk XVI van FrankrykUnie van Suid-AfrikaMetaalKlankverskynselsOlimpiese SomerspeleWoudNierTrekarbeidSpeelkaartVoortrekkermonumentApostoliese GeloofsbelydenisFranse RewolusieE-posMigrasie van voëlsVoorsetselWynand du ToitEuropaHorlosieSeevlakstygingVarkgriepAardbewingPrimêre sektor van die ekonomieKlavierFilosofieAardeAkademiaWortelAtletiekJacques LootsPornografieSirkelWithaaiToekoms van die AardeHartaanvalBysteekVolhoubare ontwikkelingRina HugoBlourokke🡆 More