Roofarend

Die roofarend (Aquila rapax) is 'n groot roofvoël wat, nes alle ander arende, tot die familie Accipitridae behoort.

In die verlede is gedink dat die voël nou verwant is aan die Steppe-arend, Aquila nipalensis, en die twee was voorheen as dieselfde spesie beskou. Later is 'n skeiding gemaak, gebaseer op duidelike verskille in die twee arende se morfologie en anatomie (Clark, 1992; Olson, 1994; Sangster et al., 2002).

Roofarend
Roofarend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. rapax
Binomiale naam
Aquila rapax
(Temminck, 1828)
Sinonieme
Aquila rapax rapax

In Engels staan die arend bekend as die Tawny eagle.

Identifikasie

'n Roofarend is ongeveer 62–72 cm in lengte en het 'n vlerkspan van 165–185 cm. Dit is 'n groot arend met 'n geelbruin bolyf en donkerbruin tot amper swart vere op sy vlerke en stert. Die laerug is bleek in vergelyking met die res van die voël. Onvolwasse voëls het nie dieselfde kontras in kleur as die volwassenes nie.

Habitat

Roofarende verkies 'n droë habitat, soos woestyne of savannas, waar hulle hul neste meestal in bome bou, maar ook op steil rotse of op die grond as dit moet.

Verspreiding

Die voël kom in die meeste dele van Afrika voor, beide noord en suid van die Sahara-woestyn en ook in die tropiese gebied van Suidwes-Asië tot en met Indië.

Voortplanting

Die wyfie lê 1 tot 3 eiers in 'n nes wat met stokkies gebou is.

Dieet

Roofarend 
'n Roofarend

Die roofarend se dieet bestaan hoofsaaklik uit enige soort vars aas. Die roofvoël sal ook klein soogdiere vang (nie groter as 'n haas nie), of klein reptiele of voëls (nie groter as 'n tarentaal nie). Die voël steel ook graag ander roofvoëls se kos.

Roofarend 
Aquila rapax

Roep

Alhoewel die roofarend oor die algemeen 'n stil voël is, is hy wel in staat tot 'n kraai-agtige geblaf.

Sien ook

Bronnelys

  • IUCN Red List of Threatened Species Geargiveer 21 September 2011 op Wayback Machine, inskrywing vir Aquila rapax.
  • Clark, W. S. (1992): The taxonomy of Steppe and Tawny Eagles, with criteria for separation of museum specimens and live eagles. Bulletin of the British Ornithologists' Club 112: p. 150–157.
  • Olson, Storrs L. (1994): Cranial osteology of Tawny and Steppe Eagles Aquila rapax and A. nipalensis. Bulletin of the British Ornithologists' Club 114: p. 264–267.
  • Sangster, George; Knox, Alan G.; Helbig, Andreas J. & Parkin, David T. (2002): Taxonomic recommendations for European birds. (Ibis) 144(1): p. 153–159, in PDF-formaat

Tags:

Roofarend IdentifikasieRoofarend HabitatRoofarend VerspreidingRoofarend VoortplantingRoofarend DieetRoofarend RoepRoofarend Sien ookRoofarend BronnelysRoofarend

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerSkilpadSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieSprokieSigaretLys van nedersettings in Suid-AfrikaErektiele disfunksieSharpeville-slagtingTandbederfAnale seksJan van HunksNederduitse Gereformeerde KerkWoordeboek van die Afrikaanse TaalMIVLongontstekingHartversakingBobby AngelBevolkingBelvidere Holy Trinity-kerkOorlogWaar ruwe rotseBraaiGeslagsgelykheidLys van Kaapstad se voorstedeFrankrykRonelda KamferBlaarBreinPesachDataverwerkingKoolhidraatDiarreeDawidPampoentjiesNamakwalandInternetPoësieDermpoliepErfenisOrale seksNasionale PartyAbstraksie (rekenaarwetenskap)Koos du PlessisMelaatsheidNadia ValvekensMis (weerkunde)SwartbewussynsbewegingSwangerskapWikiEvangelies Gereformeerde KerkAdolf HitlerAfrikaanse Protestantse KerkAardbewingAarde se atmosfeerMenslike skeletVulvaKliniese depressieCarike KeuzenkampTelwoordBynierAmandelIvan ZimmermannMetaalNatuurbewaringEl (lengtemaat)VisTwaalf Stamme van IsraelAfrikaanse TaalmonumentNasionale VrouedagViëtnamSelfoonWynand StrydomPaasfeesAtlantiese OseaanEskomNederduitsch Hervormde KerkProstaatkanker🡆 More