Apollo 17

Apollo 17 was die laaste bemande sending in die Apollo-program van die Verenigde State, die sesde sending wat op die maan geland het en die tiende suksesvolle sending.

Apollo 17
Apollo 17

Lansering het om 00:33 Oostelike Standaardtyd (EST) op 7 Desember 1972 geskied, die drie bemanningslede het bestaan uit bevelvoerder Eugene Cernan, beheereenheid-vlieënier Ronald Evans en maanmodule-vlieënier Harrison Schmitt. Dit was die laaste gebruik van Apollo-hardeware vir sy oorspronklike sending; na Apollo 17 is ekstra Apollo-onderdele in die Skylab en Apollo-Sojoes-toetsprojek gebruik.

Dit was die derde "J-sending" gewees – wat 'n drie-dae-maanverblyf en uitgebreide wetenskaplike vermoë moontlik gemaak het. Dit was ook die derde en laaste sending waartydens die maankarretjie gebruik is.

Terwyl Evans om die maan gewentel het in die beheer/diensmodule (CSM), het Cernan en Schmitt net meer as drie dae op die maanoppervlak vertoef in die Taurus-Littrowvallei. Hulle het drie sessies buite die landingstuig spandeer ("moonwalks"), waartydens hulle maanmonsters versamel en wetenskaplike instrumente ontplooi het. Cernan, Evans, en Schmitt het veilig na die aarde teruggekeer op 19 Desember, na 'n sending van ongeveer 12 dae.

Apollo 17
Harrison Schmitt op die maan langs die vlag van die Verenigde State van Amerika, met die aarde in die agtergrond.
Apollo 17
Gene Cernan ry op die maankarretjie.
Apollo 17
Herwinning uit die Stille Oseaan, 19 Desember 1972
Voorafgegaan deur:
Apollo 16
Apollo-program Einde


Tags:

Apollo-programMaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RooipandaEthiopiëGeskiedenis van kindermishandelingKontinentVoëlTrekarbeidKalsiumAdolessensieLys van kinderspeletjiesKompasEkonomiese sektorEkonomieSpringbokkePornografieLys van musiekinstrumenteHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOrtopedieAntoniemMuskeljaatkatVersoeningsdagLieweheersbesieAl-FatihaPersKaapstadse waterkrisis 2015-2018Cheslin KolbeSpelerposisies in rugbyLionel MessiDoelwitSeksuele opwekkingKatoenApokriewe boekeHolocaustAkademiaOrale seksSimboolAndrew DavisDermpoliepSlag van BloedrivierKersfeesTafelsoutTsoenamiGautengAvbobSteenkool in Suid-AfrikaKankerSuid-Afrikaanse randAkroniemVleilandKultuurRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KinderregteErektiele disfunksieKindersiektesAfrikanernasionalismeKriekTienerBorsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024AlliterasieRassismeRob HersovArmoedeSout (chemiese stof)Japie GreylingTelkomAfrikaanse woordelys en spelreëlsSendelingposisieGeskiedenis van AfrikaansReënMenseregteFibonacci-reeksLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKoos du PlessisAntisemitismeVulkanisme🡆 More