Apicius

Marcus Gavius Apicius (* 42 v.C., † 37 n.C.) was 'n Romeinse fynproewer uit die Suid-Italiese stad Minturnae (die huidige Minturno naby Neapel) en tydgenoot van die keisers Augustus en Tiberius.

Hy staan bekend as die skrywer van die enigste kookboek uit die Romeinse tydperk, wat volledig bewaar is - die De re coquinaria ("Oor die kookkuns").

Apicius
Apicius-handskrif uit ong. 900

Alhoewel die versameling van sowat 450 resepte in die kookboek 'n later bewerking uit die 4de eeu is, word Apicius wel as die oorspronklike skrywer van 'n groot aantal van die resepte beskou. Sy naam word in die antieke tydperk 'n sinoniem vir die kookkuns, maar ook vir brassery en bederf. Baie buitengewone Romeinse resepte en talle soorte gebak dra sy naam.

Die meeste van die geregte voldoen waarskynlik nie aan die hedendaagse smaak nie, nie net vanweë die vreemde soorte sous nie, wat deurgaans aanbeveel word (die Romeine het gehou van liquamen of garum, 'n sous wat van gefermenteerde vis gemaak is). Ook die ander bestanddele soos vlaminke en papegaaie is eksoties van aard.

Apicius pleeg selfmoord nadat sy fortuin tot 10 miljoen sestersies gekrimp het - 'n som wat hy as te skraal vir sy leefwyse ag (Romeinse ambagsmanne verdien destyds omtrent 1 500 sestersies per jaar).

Publikasies

  • Nicole van der Auwera & Ad Meskens, `Apicius, De Re Coquinaria-De Romeinse kookkunst´, Archief- en Bibliotheekwezen in België Extranummer 63, Koninklijke Bibliotheek, Brussel, 2001.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HomofoonRobbeneilandLeonardo da VinciArmoedeverligtingMielieJannie du ToitJan CombrinkLourensrivierKletsrymHernubare energieLongontstekingTasché BurgerVaste stofNagapieSokkerKobus LombardHannes van WykLongFosforNelson MandelaJodeAfrikaanse taalleerGNU/FDL-lisensieHoofkarakterAprilPaddaBTWSikloonFilosofiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaEreksieWikiMeningsverskil oor aardverwarmingPinksterProstaatkankerMaagdelikheidWoordeboek van die Afrikaanse TaalMagda van BiljonVlekvrye staalLys van Griekse mitologiese figureDemokrasieKaliforniëKlein-KarooAntisemitismeGroot vyfKhoikhoiLiewe HeksieLettergreepLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaPaarl GimnasiumBaälMisdaadromanMikro-ekonomieSwart nasionalismeTennisGeestesgesondheidTrevor Nasser2024 Chinese Grand PrixMiddelmisbruikHenry MurrayGeboorteTrekarbeidEekhoringPampoentjiesSpinnekopWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSeksSelfieSkoolKunsmisLabia (geslagsdele)KaapstadSelfmoord🡆 More