Antony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon: Walliese fotograaf en filmmaker; eksman van prinses Margaret (1930-2017)

Antony Charles Robert Armstrong-Jones, die 1ste Graaf van Snowdon GCVO FRSA RDI (7 Maart 1930 - 13 Januarie 2017) was 'n Britse fotograaf en rolprentvervaardiger.

Hy is die bekendste vir sy portrette van bekendes, waarvan baie in die tydskrifte soos Vogue en Vanity Fair verskyn het. Meer as 100 van sy foto's is in die permanente versamelings van die nasionale portretgalery in Londen.

Die hoogedele
Graaf van Snowdon
GCVO FRSA RDI
Armstrong-Jones in 1965.
Armstrong-Jones in 1965.
Geboortenaam Antony Charles Robert Armstrong-Jones
Gebore (1930-03-07)7 Maart 1930
Belgravia, Londen, Engeland
Oorlede 13 Januarie 2017 (op 86)
Kensington, Londen
Nasionaliteit Brits
Beroep Fotograaf
Gade
Kinders
  • Polly Fry Higson
  • David Armstrong-Jones, 2de Graaf van Snowdon
  • Lady Sarah Chatto
  • Lady Frances von Hofmannsthal
  • Jasper Cable-Alexander
Vader Ronald Armstrong-Jones
Moeder Anne Messel

Hy was van 1960 tot 1978 getroud met prinses Margaret, die suster van koningin Elizabeth II.

Loopbaan

Antony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon: Loopbaan, Persoonlike lewe, Verwysings 
Armstrong-Jones in 1958, foto deur Carl van Vechten.

Nadat hy argitektuur studeer, maar gedruip het, het Armstrong-Jones 'n loopbaan as fotograaf in mode, ontwerp en die teater geword. Die bekende fotograaf Baron het Armstrong-Jones in sy woonstel en werkateljee in Londen besoek. Baron was beïndruk en het ingestem om Armstrong-Jones as 'n vakleerling aan te stel. Nadat sy talent en vaardighede verbeter het, is hy as 'n vennoot aangestel.

Baie van sy eerste foto's was teaterfoto's en portrette van bekendes wat in die tydskrif Tatler gewild was. Hy het begin om erkenning vir sy werk te kry. Hy het later bekend geword vir sy foto's van koninklikes, waaronder amptelike portrette van koningin Elizabeth II en die Hertog van Edinburg vir hulle toer deur Kanada in 1957.

In die vroeë 1960's het Snowdon die artistieke raadgewer van The Sunday Times Magazine geword en teen die 1970's het hy hom bewys as een van Brittanje se mees gerespekteerde fotograwe. Hy was veral bekend vir sy portrette van bekendes soos Marlene Dietrich, Laurence Olivier, Maggie Smith, David Bowie, Elizabeth Taylor, Rupert Everett, Anthony Blunt, David Hockney, prinses Grace van Monaco; Diana, Prinses van Wallis, Harold Macmillan en J.R.R. Tolkien. Meer as 100 van sy foto's is in die permanente versamelings van die nasionale portretgalery in Londen.

In 1968 het hy sy eerste dokumentêre rolprent, oor mense wat ouer word, Don't Count the Candles, gemaak vir die Amerikaanse netwerk CBS. Dit het sewe pryse gewen, insluitende twee Emmys. Dit is gevolg deur Love of a kind (1969), oor die Britte en diere, Born to be small (1971), oor mense met beperkte groei, en Happy being happy (1973).

In Oktober 1981 is 'n groepfoto deur Snowdon van die Britse rockgroep Queen op hulle album Greatest Hits gebruik. 'n Snowdon-foto van Freddie Mercury is in 2000 op Mercury se The Solo Collection gebruik.

In 2000 is Snowdon se werk in die nasionale portretgalery uitgestal onder die naam Photographs by Snowdon: A Retrospective. Meer as 180 van sy foto's was te sien.

Snowdon was 'n ere-fellow van die Britse Fotografievereniging: Hy het in 1978 die vereniging se Hood Medal gewen en in 1985 die Progress Medal.

Persoonlike lewe

Snowdon was twee keer getroud: met prinses Margaret (1960 tot 1978) en daarna met Lucy Mary Lindsay-Hogg (1978 tot 2000).

Eerste huwelik

Antony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon: Loopbaan, Persoonlike lewe, Verwysings 
Lord Snowdon, lady Bird Johnson, prinses Margaret en die Amerikaanse president, Lyndon B. Johnson, op 17 November 1965 in die Withuis.

In Februarie 1960 het Snowdon, wat toe as Antony Armstrong-Jones bekend was, verloof geraak aan die koningin se suster, prinses Margaret. Hulle is op 6 Mei 1960 in Westminster-abdy getroud. Die seremonie was die eerste koninklike huwelik wat op televisie uitgesaai is. Hy het op 6 Oktober 1961 die titels "Graaf van Snowdon" en "burggraaf Linley" gekry. Die egpaar het twee kinders gehad: David, 2de Graaf van Snowdon (gebore 3 November 1961), en lady Sarah (gebore 1 Mei 1964).

Die huwelik het vroeg al begin misluk. Verskeie faktore het waarskynlik daartoe bygedra, soos haar liefde vir laatnagpartytjies en sy seksuele verslawing. Volgens 'n gemagtigde biografie deur Anne de Courcy (2008) het hy 'n reeks verhoudings met vroue gehad, onder wie sy minnares van 20 jaar, Ann Hills, en het Armstrong-Jones nie ontken dat hy biseksueel was nie.

In sy memoires van 2009, Redeeming Features, het die Britse binneversierder Nicholas Haslam beweer hy het voor Snowdon se troue met prinses Margaret 'n verhouding met hom gehad en dat Snowdon ook die minnaar was van Tom Parr, nog 'n bekende binneversierder.

Die egpaar was 18 jaar getroud. Daar was sprake van dwelms, alkohol en bisarre gedrag deur albei partye. Hy het bvoorbeeld "goed wat ek van jou haat"-briefies vir haar gelos tussen die bladsye van die boeke wat sy gelees het. Volgens die biograaf Sarah Bradford het een briefie gelui: "Jy lyk soos 'n Joodse manikuris en ek haat jou." "Die meeste mense, insluitende die koninklike familie, het sy kant gekies." Hulle is in 1976 uitmekaar en is in 1978 geskei.

In 2004 het The Sunday Telegraph berig Snowdon het 'n buite-egtelike dogter gehad kort voordat hy met prinses Margaret getrou het. Anne de Courcy het berig oor die bewering deur Polly Fry, wat gebore is op 28 Mei 1960, in die derde week van lord Snowdon se huwelik met prinses Margaret, dat Snowdon haar pa is. Polly is grootgemaak as die dogter van Jeremy Fry, 'n uitvinder en lid van 'n beroemde sjokoladefamilie, en sy eerste vrou, Camilla. Volgens Polly Fry het 'n DNS-toets in 2004 bewys Snowdon is haar pa. Jeremy Fry het die bewering verwerp en Snowdon het ontken dat hy 'n DNS-toets laat doen het. Vier jaar ná Fry se dood het Snowdon egter erken dit is waar.

Tweede huwelik

Nadat Snowdon van prinses Margaret geskei is, het hy op 15 Desember 1978 getrou met Lucy Mary Lindsay-Hogg (gebore Davies), die voormalige vrou van sir Michael Edward Lindsay-Hogg, 5de Baronet. Armstrong-Jones se jongste dogter was by Lucy Mary: Lady Frances Armstrong-Jones is 'n ontwerper en raadslid van die Snowdontrust. She is op 17 Julie 1979 gebore. Van 1976 tot 1996 het Snowdon ook 'n minnares, die joernalis Ann Hills, gehad. Sy het op 31 Desember 1996 selfmoord gepleeg.

Snowdon en Lucy Mary is in 2000 geskei ná die onthulling dat Snowdon (toe 67 jaar oud) 'n seun, Jasper William Oliver Cable-Alexander (gebore 30 April 1998), het by Melanie Cable-Alexander, 'n redakteur by die tydskrif Country Life.

Dood

Lord Snowdon is op 13 Januarie 2017 op 86-jarige ouderdom in sy huis in Kensington oorlede.

Verwysings

Skakels

  • Antony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon: Loopbaan, Persoonlike lewe, Verwysings  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Antony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon LoopbaanAntony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon Persoonlike leweAntony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon VerwysingsAntony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van Snowdon SkakelsAntony Armstrong-Jones, 1Ste Graaf Van SnowdonFotografieLondenRolprent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JakkalsElandréKappie (skryfteken)Migrasie van diereHoofstadMondMartin Luther King jr.HartCarles PuigdemontUnited Democratic FrontBurgerregteMensPeriodieke tabelSeksposisieNasiebouMenslike skeletTreinVryheidsmanifesKewerLeonardo da VinciWerkwoordSuikersiekteHolocaustApartheidSneeuGevolge van aardverwarming op oseaneAfrikanersNoag se arkPoesWet op BevolkingsregistrasieBiodiversiteitDruiweWaterstofSelfkonsepBybelAarverkalkingProteaVerbondsarkSkuinsstreepTegnologieAtoomSuiwelprodukSeksuele opwekkingMenslike seksuele gedragOorstromingDomineeLys van myne in Suid-AfrikaDonkieFiela se kind (rolprent)WoordeboekCalviniaSnaarinstrumentCristiano RonaldoVerlede tydWerkloosheidGawes van die Heilige GeesBateTrappe van vergelykingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSwaelKindersiektesMadison IvySkrywerWinterSelSkisofrenieSonEnsiklopedieSpeelkaartSharpeville-slagtingProteïen🡆 More