Antioksidant: is ’n molekule wat die oksidasie van ander molekules stuit

’n Antioksidant is ’n molekule wat die oksidasie van ander molekules stuit.

Oksidasie is ’n chemiese reaksie wat vrye radikale kan voortbring en dit kan lei tot kettingreaksies wat selle kan beskadig. Antioksidante soos tiols of askorbiensuur (vitamien C) beëindig hierdie kettingreaksies. Die term "antioksidant" word vir hoofsaaklik twee verskillende groepe stowwe gebruik: nywerheidschemikalieë wat by produkte gevoeg word om oksidasie te keer, en natuurlike chemikalieë wat in voedsel en liggaamsweefsel aangetref word en na bewering gesondheidsvoordele het.

Antioksidant: Gesondheid, In kos, Verwysings
’n Model van die antioksidant metabolietglutatioon. Die geel sfeer is die redoksaktiewe swaelatoom wat antioksidant-aktiwiteit verskaf, terwyl die rooi, blou, wit en donkergrys sfere onderskeidelik suurstof-, stikstof-, waterstof- en koolstofatome voorstel.

Om die oksidatiewe toestand te balanseer, handhaaf plante en diere komplekse stelsels van oorvleuelende antioksidante, soos glutatioon en ensieme (byvoorbeeld katalase en superoksieddismutase) wat intern vervaardig word of die dieet-antioksidante: vitamien A, vitamien C en vitamien E.

Dieetaanvullings met antioksidante verbeter nie gesondheid en is nie doeltreffend in die voorkoming van siektes nie, soos bewys in proefnemings. Aanvullings van betakaroteen, vitamien A en vitamien E, apart of in verskillende kombinasies toegedien, het geen invloed op sterftesyfers of die risiko vir kanker nie. Aanvullings met seleen of vitamien E verlaag nie die risiko vir hartbloedvatsiektes nie. Oksidatiewe stres kan beskou word as óf die oorsaak óf die gevolg van sekere siektes.

Nywerheidsantioksidante het uiteenlopende gebruike, soos as preserveermiddels in voedsel en grimering en as oksidantinhibeerders in brandstof.

Gesondheid

Dieet

Hoewel sekere vlakke van antioksidant-vitamiene in die dieet nodig is vir goeie gesondheid, is daar ’n debat oor of antioksidantryke kos of aanvullings mense teen siektes beskerm. Verder is dit onduidelik, indien hulle voordelig is, watter antioksidant(e) uit ’n dieet nodig is en in watter hoeveelhede buite ’n tipiese dieet. Sommige skrywers bevraagteken die hipotese dat antioksidant-vitamiene chroniese siektes kan voorkom, terwyl ander glo so ’n moontlikheid is onbewese en uit die staanspoor misleidend.

Polifenole, wat dikwels antioksidant-eienskappe in vitro het, is nie noodwendig antioksidante in vivo nie vanweë uitgebreide metabolisme. In baie polifenole tree die katesjolgroep as elektronontvangers op en is dit dus verantwoordelik vir die antioksidant-aktiwiteit. Hierdie katesjolgroep ondergaan egter uitgebreide metabolisme wanneer dit in die menslike liggaam opgeneem word en is dan nie meer in staat om as elektronontvangers op te tree nie. Baie polifenole het dalk nie-antioksidatiewe rolle in klein konsentrasies wat seine tussen selle, reseptorsensitiwiteit, ontstekingsensiem-aktiwiteit of geenregulasie beïnvloed.

Hoewel dieet-antioksidante al ondersoek is vir ’n moontlike uitwerking op neurodegeneratiewe siektes soos alzheimers en parkinsons, het hierdie studies nie uitsluitsel gegee nie.

Kandidate vir medisyne

Tirilazad is ’n atioksidatiewe steroïedderivaat wat die lipiedperoksidasie inhibeer wat vermoedelik ’n sleutelrol speel in neuronale sterftes ná beroertes of kopbeserings. Dit het voordele getoon in die geval van diere met beroerte, maar by mense het dit geen uitwerking gehad op die sterftesyfer of op ander soorte bloeding nie en in die geval van iskemiese beroertes het dit die resultate vererger. Net so het die ontwerpte antioksidant NXY-059 ’n uitwerking by diere getoon, maar nie by mense nie. Ander antioksidante word nog ondersoek.

Gewone middels en aanvullings met antioksidant-eienskappe kan inmeng met die doeltreffendheid van sekere middels teen kanker en bestraling. In 2016 is medisyne met antioksidante ondersoek as ekstra medikasie vir skisofrenie. Daar was te min getuienis om te bepaal of dit voordelig is en daar was die moontlikheid van ’n nadelige uitwerking.

Oefening

Antioksidant: Gesondheid, In kos, Verwysings 
Vrugte en groente is goeie bronne van die antioksidante vitamiene A, C en E.

Volgens ’n verslag van 2000 het vitamien E-aanvullings geen voordele vir fisieke oefening onder atlete ingehou nie. Aanvullings met antioksidante kan die hartbloedvatvoordele van oefening verminder.

In kos

Antioksidant-vitamiene kom voor in groente, vrugte, eiers, peulplante en neute. Vitamiene A, C en E kan vernietig word deur kos te lank te bêre of kook. Die uitwerking van kookprosesse en voedselpreservering is ingewikkeld, aangesien dit ook die biobeskikbaarheid van antioksidante kan vergroot, soos sekere karotenoïede in groente. Geprosesseerde kos bevat minder antioksidant-vitamiene as vars en ongekookte kos, want bereiding stel kos bloot aan hitte en suurstof.

Antioksidant-vitamiene Kos met hoë vlakke van antioksidant-vitamiene
Vitamien C (askorbiensuur) Vars of bevrore vrugte en groente
Vitamien E (tokoferole en tokotrinole) Groente-olies, neute en sade
Karotenoïede (karotene soos provitamien A) Vrugte, groente en eiers

Ander antioksidante word nie uit die dieet verkry nie, maar in die liggaam vervaardig.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antioksidant GesondheidAntioksidant In kosAntioksidant VerwysingsAntioksidant Eksterne skakelsAntioksidantAskorbiensuurChemiese reaksieMolekuleSel (biologie)TiolVoedselWeefsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierJak de PriesterLys van Griekse mitologiese figureBlourokkeMaatskaplike verantwoordelikheidKoggelmanderRicus NelRugby, WarwickshireKameelEekhoringWiskundige terminologieKewerOorstromingMielieVerantwoordelikheidMenslike penisgrootteRonelda KamferJesus van NasaretBeeldspraakNylrivierIsraelVlinderHidroëlektrisiteitVoornaamwoordDaggaKwaggaSelfmoordNatuurrampLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandRobbie WesselsVloeistofSprokieRolprentHoofpynRutenium(III)chloriedLongontstekingLys van Afrikaanse rolprenteAborsie in Suid-AfrikaApartheidKoos du PlessisDolfynVaalrivierJaarLys van politieke partye in Suid-AfrikaWoestynNazi-DuitslandBelastingNamakwalandKliniese depressieBraaiChemiese elementMaselsCorioliskragDanie du ToitUitwerking van klimaatsveranderingPampoentjiesWayback MachineMisdaadMonopolieNkosi Sikelel' iAfrikaKaliumTweede Nuwe JaarFilosofieOutismeAluminiumSamestellingPikkewynCSSKakiebosOogproblemeKonjunktivitisPlastiekVoorvoegselGenadedoodWielewaalLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierEkonomieWortel🡆 More