Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode

Antisemitisme is 'n haat vir, of vooroordeel teenoor Jode (m.a.w.

Jodehaat). Jode het oor die geskiedenis dikwels met teenstand en selfs haat van ander te doen gekry. Antisemiete diskrimineer teen Jode as gevolg van hulle etnisiteit of godsdiens. Verskeie vorme van weerstand is later met die term 'antisemitisme' saamgevat. Dit sluit diskriminerende wette, en selfs moord op Jode, soos tydens pogroms en die Sjoa (Holocaust) in.

Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode
Geen Jode
Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode
Duitsland 1933: 'Duitsers! Verdedig jouself! Moenie by Jode koop nie!'
Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode
Slagoffers van die 1905-pogrom in Dnipro.

Hoewel die woord 'antisemitisme' haat jeens alle Semiete (sprekers van Semitiese tale, waaronder Arabiere) insluit, is die term slegs op Jode van toepassing. Die term antijudaïsme word ook soms gebruik, veral deur teologiese teenstanders van die Jodedom (dus nie op etnisiteit, maar teen die Joodse geloof gerig).

Antisemitisme het sy hoogtepunt tussen 1933 en 1945 met die Sjoa, ook bekend as die finale oplossing, bereik. Die plan was om van die totale Joodse bevolking in Europa ontslae te raak. Ongeveer ses miljoen Europese Jode is as gevolg van die Nazi-leier Adolf Hitler se optrede dood. Volgens hom was die Jode 'n rasgroep met swak natuurlike eienskappe.

Antisemitisme is vandag steeds algemeen. 'n Opname in 2011 deur die Pew Research Center toon dat Moslem-lande in die Midde-Ooste oor die algemeen steeds 'n slegte indruk van Jode het. Slegs 2% van Egiptenare, 3% van die Libanese Moslems en 2% Jordaniërs het 'n gunstige houding jeens Jode. In 'n 2013-opname van 5847 Jode in Europa, het 76% gedink dat antisemitisme oor die afgelope vyf jaar toegeneem het en 29% het emigrasie oorweeg omdat hulle onveilig voel.

In die Bybel

Die Nuwe Testament bevat antisemitiese inhoud:

Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode  Want julle het navolgers geword, broers, van die gemeentes van God in Judeʹa wat in eenheid met Christus Jesus is, omdat julle ook dieselfde dinge onder julle eie landgenote begin ly het as wat hulle ook onder die Jode ly, wat selfs die Here Jesus en die profete doodgemaak en ons vervolg het. Daarbenewens behaag hulle God nie, maar is teen die belange van alle mense, aangesien hulle ons probeer verhinder om met mense van die nasies te praat sodat dié gered kan word, met die gevolg dat hulle altyd die maat van hulle sondes vol maak. Maar sy gramskap het eindelik oor hulle gekom.
Antisemitisme: Vyandigheid, vooroordeel of diskriminasie teen Jode 

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

JoodPogromSjoa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MIV/vigs in Suid-AfrikaMusiekAfkortingEreksieEngelandKunsDonkieRosa ParksHondVierkantswortelSportKindermishandelingVratJo BlackJeugdagWoordeskatAkroniemDieregeluideInflasiePad na jou hartRefentse MorakeSlag van BloedrivierBurgerregteKoperLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierVerlede tydVulvaTydsoneHartseerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHartaanvalUKhahlamba-DrakensbergparkTuberkuloseVerenigde KoninkrykPuberteitSleutel (musiek)WoordeboekInkomsteSelakantLys van kinderspeletjiesGautengKleurBank (finansiële instelling)GeslagReënWoudEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBoelierySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994OrgasmeRegeringRudi ClaaseSublimasieWatersuiweringTafelbergLys van Afrikaanse televisiereekseVerkleurmannetjieGoogleToekoms van die AardeGipsSuurstofHoofpynRymVigsNeerslagTelwoordKlinkerWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDoelwitNederlandsDemografie van Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)Swart menseSwaweldioksiedLys van visseSelfoon🡆 More