Anthony Gatto

Anthony Gatto (* 14 April 1973, regte naam Anthony Commarota) is 'n Amerikaanse jongleur (juggler) wat verskeie wêreldrekords in jonglering hou.

Hy het op tienjarige ouderdom in Las Vegas begin optree.

Anthony Gatto
Gebore14 April 1973
BeroepJongleur
Webwerfhttp://anthonygatto.com/

Gatto is in Manhattan gebore, en het in Maryland grootgeword. Hy was 'n jongleer-wonderkind: teen negejarige ouderdom het hy reeds wêreldklas bereik. Hy het sy eerste TV-verskyning op die ouderdom van 8 jaar op die program That's Incredible! gemaak. Gatto se vroeë blootstelling aan jongleer, en baie van sy aanvanklike optredes, kan toegeskryf word aan sy aangenome vader Nick Gatto, wat jare lank as 'n jongleur opgetree het.

In 1998 het Gatto sy toekomstige vrou, Danielle, ontmoet, wat later sy assistent tydens sy optredes sou word. Danielle was reeds 'n professionele danseres, en het sirkusvaardighede bygeleer om haar man op sirkustoere te vergesel. Danielle en Anthony is in 1999 getroud en hulle het twee kinders.

In 2000 het hy die eerste en tot dusver enigste jongleur geword om die gesogte Goue Nar-toekenning te wen, 'n eer wat hom by die 24ste Internasionale Circus Festival van Monte-Carlo te beurt geval het. Tussen 2007 en 2009 was Gatto se optrede deel van die Cirque du Soleil se vertoning Koozå. Van 2010 tot 2012 was hy deel van die Cirque du Soleil se vertoning La Nouba.

In 2012 het Gatto as kunstenaar by Cirque Du Soleil afgetree om 'n betonhervlakkingsbesigheid "Big Top Concrete Resurfacing LLC" in Orlando, Florida onder sy geboortenaam Anthony Commarota te bedryf.

Vaardighede

Gatto is 'n vorige rekordhouer vir die meeste ringe gejongleer en ten minste een keer gevang. Hy hou tans die volgende 10 jongleer-wêreldrekords:

    Ringe
  • 7 ringe vir 15 minute 5 sekondes in 2011.
  • 8 ringe vir 1 minuut 17 sekondes in 1989.
  • 9 ringe 235 keer gevang in 2005.
  • 10 ringe 47 keer gevang in 2005.
  • 11 ringe 17 keer gevang in 2006.
    Knuppels
  • 6 knuppels vir 7 minute en 38 sekondes in 2005.
  • 7 knuppels vir 4 minute 23 sekondes in 2005.
  • 8 knuppels 16 keer gevang in 2006.
    Balle
  • 8 balle vir 1 minuut 13 sekondes in 2006.
  • 9 balle vir 54 sekondes in 2006.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Las Vegas

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sarel Jacob PretoriusVryheid van spraakWitbloedselAandagstreepToestand van materieNieuwoudtvilleJeuksiekteAardedagSteenkool in Suid-AfrikaSiya KolisiBernice WestLidwoordGordelroosKlein-KarooPoesUniegebouOligopolieKappie (skryfteken)AkwariumGroot TrekLieweheersbesieLimpopo (rivier)OrthopteraMiddelmisbruikSelfoonSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994IronieWatersuiweringLys van bekende Suid-AfrikanersDarwinismeDroomBloukraanvoëlHulpwerkwoordMetafoorDrakensbergeMantisVaste stofJaco JacobsBTWSonnestelselDeelstate van die Verenigde State van AmerikaOu Apostoliese KerkKlinkerMonopolieGeweldRomanWiskundige terminologieBewaringstatusRacheltjie de BeerMikro-ekonomieVolstruisYsterMusiekMondMielieSeksuele opwekkingWoestynInflasieHeupInligtingRefentse MorakeHannes van WykE-posInfeksieEugenetikaDolfynPersHoofkarakterKatoenAgtervoegselBybelPaasfeesWayde van Niekerk🡆 More