Annique Theron

Dr.

Annique Theron (gebore Anna Elizabeth [Annetjie] Heystek, Noord-Transvaal, 18 April 1929Pretoria, 22 Februarie 2016) was ’n Suid-Afrikaanse sakevrou wat bekend en suksesvol geword het vanweë haar velsorg-en-gesondheidsreeks met rooibos as ’n hoofbestanddeel.

Annique Theron
Troudag foto van Meiring en Annekie Theron
Annique Theron
Annetjie Theron is 20 Julie 1950 met Hendrik Meiring Theron (1922–1990) getroud.

Beginjare

Annique Theron 
Hierdie familiefoto van A.M. Heystek, sy eggenote en 15 kinders is moontlik dié van Annique Theron se oupa aan vaderskant, lidmate van die Gereformeerde Kerk in die destydse Noord-Transvaal.

Theron se vader was Antonie Marius Heystek (1903–1981) en haar moeder Anna Susanna (nèe Joraan, 1908–1997). Haar grootvader aan vaderskant was Antonie Marius Heystek (1872–1933), wat twee keer getroud was en 16 kinders gehad het.

Theron, wat gebore is aan die vooraand van die Groot Depressie, het grootgeword op die plaas Mooikloof in die distrik Potgietersrus wat haar familie verloor het toe sy nog klein was. Dié traumatiese gebeurtenis het haar aangespoor om te studeer en na Pretoria te verhuis waar sy haar toekomstige man, Hendrik Meiring Theron (Lichtenburg, Wes-Transvaal (Noordwes, 10 April 1922Warmbad (Bela-Bela), Noord-Transvaal (Limpopo, 20 September 1990), ontmoet het. Sy wou ’n dokter word, maar omdat haar ouers dit nie kon bekostig om haar universiteit toe te stuur nie, het sy ’n tikster geword. Ná haar huwelik in 1948 (sy was 21) is hul eersteling, Henk, vroeg in die vyftigerjare gebore en die tweede seun, Marius, nagenoeg ’n jaar later. Destyds reeds het Theron, wat haar as onderwyseres bekwaam het, die begeerte gehad om ’n sakeonderneming te begin, al was vroulike entrepreneurs destyds bitter skaars.

Die gesin se eerste dogter, Suzette (getroude van Ferreira), is meer as 10 jaar ná die laaste seun gebore en die vierde kind, Lorinda, vroeg in 1967. Laasgenoemde was ’n koliekbaba wat pal siek was en verswak weens allergieë. Op 8 April 1968, toe Lorinda 14 maande oud was, het Theron haar melk met rooibostee verwarm, waarna die sieklike baba se toestand onmiddellik verbeter het. Theron het besef dit was aan die rooibos te danke en van toe af het sy dit haar lewenstaak gemaak om mense te oortuig van die geneeskrag van dié inheemse plant.

Rooibosryk

Sy het aanvanklik te kampe gehad met veel skeptisisme, maar het haar nie van stryk laat bring deur ’n gebrek aan hulpbronne en ondersteuning nie. In 1971 het sy Annekie Theron Ondernemings begin, wat enkele jare later hernoem is tot Forever Young (Edms.) Bpk. Dié maatskappy het gesondheids- en velsorgprodukte vervaardig en verkoop wat rooibosekstrak bevat het. Om die produkte internasionale flair te gee, het Annekie die reeks Annique genoem.

Die Annique-onderneming het in 1997 twee goue medaljes ontvang van die World Intellectual Property Organisation in Genève. Vir haar ontwikkeling van die Annique-produkte is Theron destyds ook aangewys as die organisasie se internasionale vroulike uitvinder van die jaar.

Theron, wie se man in 1990 oorlede is, was reeds 72 toe sy ’n doktorsgraad in alternatiewe geneeskunde deur die Commonwealth Open University verwerf. Sy het van kleins af daarvan gedroom om 'n dokter te word. In 2005 het sy ’n nuwe tuiskantoor in Irene, Pretoria, betrek en die volgende jaar die maatskappy se 35-jarige bestaan gevier met die bekendstelling van ’n spesiale verjongingsroom. Ernest du Toit is op 1 Februarie 2008 as hoof uitvoerende beampte van die maatskappy aangestel en het dit twee jaar later by die Theron-familie gekoop. Met die viering van die maatskappy se 40-jarige bestaan in 2011 is die naam verander na Annique Health and Beauty. Die maatskappy het in 2016 reeds 15 000 konsultante gehad wat 200 produkte bemark.

Intussen het dr. Annique Theron, soos sy in later jare bekendgestaan het, haar outobiografie, Manna – My verhaal van rooibostee en wonderwerke, in 2009 uitgereik.

Dood

'n Gedenkdiens is op Donderdag 3 Maart 2016 vir haar in die NG gemeente Moreletapark se ouditorium in Pretoria gehou.

Stryd oor rooibosnaam

In 1994 het Theron die woord “rooibos” vir $40 (destyds sowat R140) as handelsmerk in die VSA geregistreer. In 2001 het sy die reg om handel te dryf met die rooibos-handelsmerk gratis aan ’n sakevennoot, Virginia Burke-Watkins, oorgegee. Dit het tot woede in die Suid-Afrikaanse rooibosbedryf gelei toe uitvoerders agterkom hulle mag nie hul produkte in Amerika as “rooibos” bemark en versprei nie. Theron het in 2002 teenoor Hanlie Retief van Rapport beweer die rooibosbedryf het hom met die jare skuldig gemaak aan “absolute, blatante diskriminasie” teen haar. “Al van 1968 af probeer die burokrate van die rooiteebedryf my uit rooibos hou. Hulle wou my vir 16 jaar lank nie 'n pakkerslisensie gee sodat ek die tee kon verpak en bemark nie.” Blykbaar het sy die registrasie as soete wraak beskou, want sy het aan Retief gesê: “Nou hou ek húlle uit Amerika uit.”

Die gevolglike regsgeding tussen Rooibos Beperk, wat rooibostee namens produsente verwerk en bemark, en Forever Young van Theron en die Amerikaanse sakevrou Virginia Burke-Watkins, het tot middel 2005 aangehou toe die partye ’n skikking bereik het ingevolge waarvan die Amerikaanse eienaars die registrasie van die handelsnaam in Amerika onvoorwaardelik kanselleer. Burke-Watkins, ’n goeie vriendin van Theron, het die Annique-produktereeks in Amerika deur middel van Burke International bemark.

Die geskil het ontstaan nadat Burke-Watkins briewe aan Amerikaanse verspreiders van rooibostee gestuur en daarop aandring het dat hulle ophou om die naam rooibos in hul bemarkingsmateriaal gebruik, so nie moes hulle haar maatskappy vergoed. Die Suid-Afrikaanse produsente het gemeen rooibos is 'n generiese naam wat nie as handelsnaam geregistreer kan word nie. Eindelik het ’n distrikshof in Missouri Burke-Watkins beveel om haar registrasie van die woord rooibos te kanselleer. Sy wou eers appelleer, maar het later besluit om dit te laat vaar. Die geskil het plaaslike produsente sowat R6 miljoen aan regskoste uit die sak gejaag en selfs die Wes-Kaapse provinsiale regering was by die stryd betrokke.

Famielietwis

In 2010 het Theron se jongste dogter, Lorinda, ’n aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring teen haar ma en onder andere die trustees van die Manna Forever- en H.M. Theron-trust. Sy wou die trustees (onder wie haar ma) uit hul amp laat verwyder sodat nuwe trustees aangestel kon word. Sy wou hulle ook verbied om te handel met ’n eiendom wat teen R10 miljoen in die mark was, naamlik die hoofkantoor van Forever Young (Edms.) Bpk. Sy het later die aansoek laat vaar.

In Augustus daardie haar het Theron ’n hofbevel gekry teen Lorinda se man, Armand Theron (voorheen Fick, maar hy het van verander na sy vrou s’n), nadat hy glo onder meer beweer het sy het haar oorlede man “dalk” vergiftig. Die bevel het Armand Theron verbied om dr. Theron (destyds van Kyalami), en drie van haar kinders – Henk, Marius en Suzette Ferreira – en hul gesinne “aan te rand, te dreig, te intimideer of lastig te val”. Henk Theron het nadat die aansoek toegestaan is, aan Beeld oor die aansoek van Mei daardie jaar gesê: “Kortliks beweer Lorinda dat ek en (dr. Theron), en in minder mate (Marius en Suzette), haar erfporsie ‘gesteel’ het.” Hy het beweer Armand Theron was die “dryfkrag” agter Lorinda se aansoek. In 2014 is Lorinda vervreem van Armand (Fick) en het sy haar weer met haar familie versoen en ook met haar ma "vrede" gemaak.

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Annique Theron BeginjareAnnique Theron RooibosrykAnnique Theron DoodAnnique Theron Stryd oor rooibosnaamAnnique Theron FamielietwisAnnique Theron BronneAnnique Theron VerwysingsAnnique Theron Eksterne skakelsAnnique Theron18 April1929201622 FebruariePretoriaRooibos

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jo BlackFamilie (verwantskap)Nazi-DuitslandJagluiperdHernubare energieChloorKasteel die Goeie HoopMagsverheffingLemoenMonopolyAspoestertjieNelson MandelaPapierVisEkologieArmoedeverligtingSendelingposisieKorrupsieStikstofSeisoenKoorsblaarAfkortingAardedagRob HersovStaalTegnologieTuberkuloseBeeldspraakPlaattektoniekMiskruierAkwariumWoordsoortResensieRonelda KamferOnderwysAboriginesOrthopteraKontinentWebwerfVoëlKatEiffeltoringSportLiesbreukGenitale vratTafelbergGetalDataverwerkingDoelwitHoenderLabia (geslagsdele)KrieketGewone breukeKoos du PlessisVakbondMikro-ekonomieVaginaGoudMenslike seksuele gedragWerkersdagOntdekking van goud in Suid-AfrikaNatuurrampRekenaarSwawelEmo AdamsBoer Soek 'n VrouMeettegniekKonflik (proses)Ingrid JonkerAfleiding (taalkunde)ShakaKlavierToutrekWeeluisGoudkus (streek)NiersteenVoorvoegsel🡆 More