Annemarie Wessels: Suid-Afrikaanse skrywer

Annemarie Wessels (1904–1986) was die skrywersnaam van Mary-Ann Elizabeth Adler, wat Afrikaanse romans en kindertoneelstukkies geskryf het.

Annemarie Wessels: Lewe en werk, Skryfwerk, Publikasies
Annemarie Wessels, 1949.

Lewe en werk

Annemarie Wessels: Lewe en werk, Skryfwerk, Publikasies 
Wessels se man, ds. John Adler, leraar van die NG gemeente Pretoria-Wes van 1929 tot 1948.
Annemarie Wessels: Lewe en werk, Skryfwerk, Publikasies 
Die Bloemfonteinse Normaalkollege, 1907.

Annemarie Wessels is op 21 Maart 1904 in die distrik Robertson gebore. Haar ouers was mnr. en mev. J.J. Wessels. Op vyfjarige leeftyd verhuis die gesin na die distrik Lindley in die Vrystaat, waar sy aan die plaaslike hoërskool matrikuleer. Een van haar onderwysers op skool was F.C.L. Bosman, wat haar aangemoedig het om te skryf. Aan die Bloemfonteinse Normaalkollege bekwaam sy haar dan as onderwyseres. Ses jaar lank het sy onderwys aan ’n plaasskool in die Kroonstad-distrik gegee. In 1929 hetsy met ds. John Adler van Pretoria-Wes getrou en vier kinders is uit die huwelik gebore, drie dogters (Bettie, Janetta en Mary-Ann) en 'n seun (Johan). Een van haar dogters, Mary-Ann van Rensburg, word later 'n bekende skrywer. Ná die huwelik bedien sy en haar man ’n aantal gemeentes, onder andere vanaf 1948 20 jaar lank Berea in Durban. Haar man was in hierdie tyd ook assessor van die Natalse Sinode. Haar man is op 6 Junie 1968 in Durban oorlede. Sy gee eindelik 21 jaar lank onderwys en dien ook in die beheerraad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie. Sy is op 10 Julie 1986 in die St. Lukas Hospitium in Kenilworth in Kaapstad oorlede.

Skryfwerk

Om in die behoefte van goeie opvoerings vir kinders te voldoen, skryf sy self as pastoriemoeder ’n aantal kindertoneelstukkies, wat almal opgevoer word en later saamgebind en deur die C.S.V. Boekhandel as Onskuldig gestraf en ander toneelstukkies uitgegee word. Na ’n gesprek met haar niggie, die skryfster A.E. Carinus-Holtzhausen, besluit sy om haar skryfwerk ernstiger op te neem. Hierna spits sy haar toe op romans met ’n stigtelike strekking. Sy roeping is die verhaal van ’n jong man wat gehoorsaam is aan sy roeping om predikant te word, maar in die proses sterk teenkanting van sy pa en ander versoekings te bowe moet kom. Die verhaal beskryf ook sy eerste jare van bediening. Verdiende loon vertel van ’n armblanke seun wat bo sy milieu uitstyg en eindelik self ’n plaas besit. Wie is sy? het die natuur en die skoonheid daarvan as onderwerp, terwyl Mense van anderkant die Bybelse standpunt in verband met egskeiding en die verhouding tussen rykes en armes uitbeeld. Die groot gebod waarsku teen die bedreiging van verengelsing en die gevaar wat Rooms-Katolieke skole inhou, terwyl Ester ’n roman is met die Bybelse Ester as inspirasie. Hulle dien se onderwerp is die lotgevalle van ’n aantal jongmans in die polisiediens. Haar geheim se hoofkarakter is Heila Kotzé, wat verlei word en dan deur sosiale verwerping swaar vir haar sonde gestraf word. Sy soek haar troos in die Bybel en word dan herenig met die man wat verantwoordelik is vir haar swangerskap en haar nog steeds liefhet. Haar laaste roman, Oor grense heen, word drie weke na haar dood vrygestel.

Die dramadepartement van die Durbanse Onderwyskollege gee haar Handboek by die studie en onderrig van Laban se bewegingsleer uit.

Publikasies

Jaar Publikasie
1943 Sy roeping
1944 Onskuldig gestraf en ander toneelstukkies
Verdiende loon
1945 Mense van anderkant
Wie is sy?
1947 Die groot gebod
In een juk
1948 Tweelingbroers
1949 Hulle dien
1950 Haar geheim
1951 As die newels verdwyn
1952 Sy broer se nôi
1955 Ester
Verborge liefde
1962 Oordeel nie
1981 Handboek by die studie en onderrig van Laban se bewegingsleer
1986 Oor grense heen

Bronne

Boeke

  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
  • Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante

  • Anoniem “Natalse skrywer oorlede” “Die Burger” 12 Julie 1986

Ongepubliseerde dokumente

Verwysings

Tags:

Annemarie Wessels Lewe en werkAnnemarie Wessels SkryfwerkAnnemarie Wessels PublikasiesAnnemarie Wessels BronneAnnemarie Wessels VerwysingsAnnemarie WesselsAfrikaansMary-Ann Elizabeth Adler

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wieg van die MensdomAvbobBevolkingGewone breukeMieliestronkRenaissanceKweekhuiseffekGeslagsgelykheidHernubare energieMisdaadromanSportBesoedelingDepressie (gemoedstoestand)WebwerfEreksieKwaZulu-NatalNasionale VrouedagVliegtuigSeksposisieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKultuurGregoriaanse kalenderAardedagLionel PetersonSteve BikoDrakensbergeRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Fanie ViljoenBraaiTennisOnse VaderAboriginesKoolstofdioksiedJuan Antonio VillacañasInfeksieDikdermEufemismeDesimale breukeMaselsProteïenSelfieKonflik (proses)SoogdierYsterThabo MbekiWaterGroot GatMiddeloorontstekingSuid-EuropaAppelBiologieJanie du PlessisSeksueel oordraagbare infeksieGriekwa-AfrikaansGesondheidOlimpiese Somerspele 2024RassismeVolhoubare ontwikkelingKankerRekenaarGoogleVryheid van spraakPeriodieke tabelBosluisbytkoorsSlangHokkieMagsverheffingAardbewingAardeKlimaatveranderingEugenetikaSpreeuDuitsManie Libbok🡆 More