Anneline Kriel: Mej. Wêreld 1974

Anneline Kriel (gebore 1955) is 'n Suid-Afrikaanse model, aktrise en skoonheidskoningin.

Sy het in 1974 op 19-jarige ouderdom Mej. Wêreld geword nadat die Verenigde Koninkryk se Helen Morgan bedank het net vier dae ná haar kroning. Anneline was Suid-Afrika se tweede Mej. Wêreld naas Penny Coelen-Rey.

Anneline Kriel
Gebore 28 Julie 1955 (1955-07-28) (68 jaar oud)
Plek Witbank, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Alma mater Universiteit van Pretoria
Loopbaan
Titel(s) Mej. Suid-Afrika 1974
Mej. Wêreld 1974
Haarkleur Blond
Oogkleur Groen
Persoonlike gegewens
Gade Sol Kerzner (1980-1985)
Phillip Tucker (1989-1994)
Peter Bacon
Kinders Witney
Tayla

Sy het in verskeie Afrikaanse produksies gespeel, asook in die internasionale rolprent Kill and Kill Again.

Loopbaan

Anneline was net 19 jaar oud toe sy Mej. Wêreld 1974 word. Dit was ’n onstuimige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis omdat die land toenemend geboikot is. Die blonde Anneline is dus soms oorsee as die gesig van apartheid-Suid-Afrika uitgebeeld en state soos die Verenigde Koninkryk en Australië het geweier om haar te verwelkom op haar wêreldtoer as Mej. Wêreld. In Suid-Afrika is haar kroning egter deur baie positief ontvang.

In 1981 het sy die pop-enkelsnit He Took Off My Romeos uitgereik.

Persoonlike lewe

Anneline het grootgeword op die myndorp Witbank. In Maart 1976 was sy in ’n skandaal betrokke weens naakfoto's wat uitgelek en in die Sunday Times van Suid-Afrika verskyn het. Roy Hilligenn, Mnr. Suid-Afrika van 1943, 1944, 1946 en 1976, en Mnr. Amerika van 1951, het die foto's geneem en vir R100 000 aan ’n Britse koerant verkoop. Dit het haar gewys waar sy met vakansie kaal sonbrand saam met haar destydse kêrel, Richard Loring, en Hilligenn en sy gesin.

Sy het in 1980 met die hotelmagnaat Sol Kerzner getrou. Hulle is vyf jaar later geskei. Sy het in Switserland die Joodse geloof aangeneem en is in 1989 met die miljoenêr-perdeteler Phil Tucker getroud. Hulle het twee dogters, Tayla en Witney, gehad. Anneline het in 1994 aansoek om ’n egskeiding gedoen en was in 2000 in ’n toesigstryd met Tucker gewikkel.

Sy is later met Peter Bacon, ’n hoofbestuurder en voormalige protégé van Kerzner, getroud.

Filmografie

Rolprent
Jaar Titel Rol Notas
1975 Somer
1978 Someone Like You
1981 Kill and Kill Again Kandy Kane
1985 Van der Merwe PI
1990 Reason to Die Lena

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Shelly Latham
Mej. Suid-Afrika
1974
Opgevolg deur
Gail Anthony
Voorafgegaan deur
Marjorie Wallace
Mej. Wêreld
1974
Opgevolg deur
Wilnelia Merced

Tags:

Anneline Kriel LoopbaanAnneline Kriel Persoonlike leweAnneline Kriel FilmografieAnneline Kriel VerwysingsAnneline Kriel Eksterne skakelsAnneline Kriel1955Penny Coelen-ReySuid-AfrikaVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse RugbyunieGoudPenisJakobKindersiektesWhatsAppWeer (meteorologie)LongLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandRolprentMolekuulTafelbergSonnestelselWaarheid-en-versoeningskommissieJavaScriptGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaKlein vyf diereReg tot ‘n gesonde omgewingHulpwerkwoordVratKoperSirkelSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieLys van elemente volgens simboolJan van HunksHenry MurrayDemokratiese Republiek die KongoOorstromingVerkleurmannetjieSteentydperkSuid-Afrikaanse GrensoorlogRugbyJeugdagBestuiwingMiskruierVleilandElektrisiteitsvoorsieningDemi Lee MooreGeslagsregister vanaf Adam tot JesusMiddelmisbruikOnomatopeeSikloonHomoniemTelefoonVlinderKarooWinnie Madikizela-MandelaOligopolieJan CombrinkOlifantVars waterOlimpiese Somerspele 2024ProstaatkankerDiarreeRassisme in AfrikaDanie du ToitGeestesgesondheidHemelvaartWilna SnymanLewerSelfmoordSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994EkonomieLiefdeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaTennisBelvidere Holy Trinity-kerkKoolstofdioksiedLuislangeDesmond TutuWindkragBynierHernubare energie🡆 More