Anne Bancroft

Anne Bancroft (gebore as Anna Maria Louisa Italiano; 17 September 1931 – 6 Junie 2005) was ’n Amerikaanse aktrise.

Sy is gerespekteer vir haar kragtige en veelsydige werk in rolprente en op die verhoog en televisie. Sy het ’n Oscar, drie Baftas, twee Golden Globes, twee Tonys en twee Emmys gewen, asook ander pryse en benoemings.

Anne Bancroft
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bancroft in 1964.

Geboortenaam Anna Maria Louisa Italiano
Geboorte (1931-09-17)17 September 1931
Sterfte 6 Junie 2005 (op 73)
Aktiewe jare 1951–2005

Loopbaan

Anne Bancroft 
Bancroft en Patty Duke in 1960 in die verhoogweergawe van The Miracle Worker.

Nadat sy onder die naam Anne Marno in ’n paar televisiedramas verskyn het, is sy aangesê om haar van te verander vir haar rolprentdebuut in 1952 in Don't Bother to Knock. Ná dié rol en ’n rits byspelerrolle in die 1950's het sy ’n Oscar vir beste aktrise gewen vir haar hoofrol in The Miracle Worker (1962) as Helen Keller se onderwyseres. Sy het die rol ook in die teaterweergawe vertolk en daarvoor ’n Tony gewen.

In 1965 was sy ’n Middeleeuse non wat ’n obsessie met ’n priester gehad het in die toneelstuk The Devils. Sy was waarskynlik die beste bekend vir haar rol as die verleidster mev. Robinson in The Graduate (1967), en het later gesê dit het haar ander werk oorskadu.

In 1977 was sy ’n balletdanser in The Turning Point, in 1985 ’n moederowerste in Agnes of God en in 1987 saam met Anthony Hopkins in 84 Charing Cross Road. Sy het in verskeie prente verskyn wat deur haar tweede man, die komediant Mel Brooks, vervaardig en geregisseer is soos die bekroonde drama The Elephant Man en die komedies To Be or Not to Be en Dracula: Dead and Loving It.

In die 1990's het sy weer byspelerrole in flieks gespeel, maar steeds hoofrolle in televisieprente vertolk. Sy is benoem vir ’n Emmy en Screen Actors Guild Award vir The Roman Spring of Mrs. Stone (2003) en weer vir ’n Emmy vir Haven (2001).

Bancroft is in 2005 op 73-jarige ouderdom aan kanker oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

17 September193120056 JunieAktriseAmerikaBaftaEmmyGolden GlobeOscarRolprentTelevisie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-AfrikaGezina, PretoriaKoorsKlinkerLangste woordPinksterWerkwoordHector PietersonPerdErosietipesFilosofieAfrikanersLiefdeCholeraMigrasie van diereDemi Lee MooreGenadedoodImmunologieSamestellingSydneyKoppeltekenNasionalismeDaggaSkaapJode in Suid-AfrikaSoogdierNierOmgewingsbeheerKaartFinansiële staatLys van visseSeksualiteitSwawelMaroela MediaSmaakKoue OorlogErektiele disfunksieVlekvrye staalOogproblemeNederlandsVolhoubare ontwikkelingInfeksieMantisNederlandEk is 'n Afrikaan (toespraak)MonoloogProvinsies van Suid-AfrikaMobutu Sese SekoKunsmatige intelligensieAtmosfeerLeestekenKlem-in-die-kaakJan van TonderWerkloosheidMasturbasieMarie AntoinetteMenseregteVeelvoudige sinSublimasieBipolêre gemoedsteuringProteaTienie HollowayDierVerkragtingEienaamBlourokkeMateriaalSuurstofWikipediaElon MuskItaliëRomanToekoms van die AardePersoonlikheidOranjerivierSonnestelselGeloftedagWaterbesparing in Suid-Afrika🡆 More