Anne-Marie Conradie

Anna-Marie Conradie is ’n Afrikaanse skrywer van jeugverhale.

Lewe en werk

Anne-Marie Conradie is in 1945 gebore. Sy bekwaam haar as onderwyser. Voor haar aftrede is sy in beheer van die mediasentrum aan die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein. Na aftrede doen sy vrywillig diens as bibliotekaresse by Krugersdorp se raad vir bejaardesorg.

Skryfwerk

Tippex dit uit” behandel die nagevolge van ’n verkragting tydens ’n afspraak en die ongewenste swangerskap en aborsie wat daarna volg. Die gebrekkige ouer-kind verhoudings word ook belig. Rensche is ’n predikantsdogter wat ’n oormatige beskutte lewe lei. Sy kan eers twee maande na haar verkragting oor die voorval praat. Die persoon teenoor wie sy oopmaak is Jana, ’n rykmansdogter wat haar ouers haar gewaarsku het om nie mee te meng nie. Ander karakters is Vasti, ’n apteker, en Elle, Vasti se suster. Op desperate wyse probeer die tieners die gevolge ongedaan maak, maar hulle aksies vererger dit net. Hulle leer dat só ’n traumatiese gebeurtenis nie sommer uitgetippex kan word nie. “Tippex dit uit” verower in 2003 die ATKV-Kinderboekprys vir ouderdom 13-15 jaar. “e-topia” beeld ’n dwelmverslaafde se bestaan uit. Peet probeer die mooi Liza beïndruk met sy oopkop benadering tot pret en begin om saam met haar dwelms te gebruik. Kort voor lank moet hy in die rehabilitasiesentrum sy lewensstryd alleen voortsit.

Haar kortverhaal “Die ‘bird-cage’” word in November 1999 se uitgawe van die tydskrif Litera gepubliseer.

Publikasies

Jaar Publikasies
2001 Tippex dit uit
2004 e-topia

Bronnelys

Boeke

  • Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005

Tydskrifte en koerante

  • Coetzee, Amanda “Sy skryf oor tieners & hul issues” “Rapport” 11 November 2001

Internet

Resensies

Tags:

Anne-Marie Conradie Lewe en werkAnne-Marie Conradie SkryfwerkAnne-Marie Conradie PublikasiesAnne-Marie Conradie BronnelysAnne-Marie ConradieAfrikaansSkrywer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Westerse filosofieGesonde dieetAssonansieStikstofKaartVaginale kankerSteve BikoAgtervoegselSlawernyJacques LootsSwart nasionalismeVioolKaapse florarykMenslike seksuele gedragAntoniemBoelieryVerkleinwoordAsemhalingKlereGeboorteSlag van BloedrivierAnti-inflammatoriese middelWolkCovid-19-pandemieSeksismeWeerfrontNoord-KaapGawes van die Heilige GeesAfrikaansKatSonpaneelMiljardKatoenCarike KeuzenkampSleutel (musiek)Finale OplossingHomofoonMalariaGoudYsterPenisWoordsoortGeskiedenis van Suid-AfrikaVermenigvuldigingBevolkingGroot GatMenseregteKongo-krisisMiddelmisbruikWerkwoordRumatiekPampoentjiesReg tot ‘n gesonde omgewingDemografie van Suid-AfrikaVrouHoofstadSteenkool in Suid-AfrikaOlimpiese SpeleGestremdheidCarles PuigdemontAnglo-BoereoorlogSeekoeiLeeuSkildklierMaanSebraStudievaardighedeNasiebouKoedoeSoweto-opstandGoogleLenteRepubliek die Kongo🡆 More