Annanias Mathe

Annanias Mathe (c.

197627 Desember 2016) was 'n berugte reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek. Hy word in 2006 bekend as die enigste persoon ooit om uit die C-Max-gevangenis in Pretoria te ontsnap. Mathe is aanvanklik in November 2006 op 51 aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, kaping en gewapende roof in hegtenis geneem.

Annanias Mathe
(ook gespel Ananias Mathe)
Gebore  1976
Oorlede  27 Desember 2016
Land  Suid-Afrika
Bynaam  Suid-Afrika se 'Houdini'
Misdaad  Verkragting, moord, diefstal
Vonnisbesonderhede
Aangekeer  November 2006
Vonnisdatum  Desember 2009
Vonnis  54 jaar

Ná sy inhegtenisname is Mathe in die A6-afdeling van C-Max aangehou, wat gevaarlike en geharde misdadigers huisves. Hy slaag daarin om te ontsnap deur homself met petroleumjellie te smeer en uit sy sel se venster, wat slegs 20 cm x 60 cm groot is, te gly. As gevolg hiervan het die pers hom as Suid-Afrika se 'Houdini' beskryf. Hy het vroeër in April 2005 ook uit polisie-aanhouding ontsnap.

Met sy laaste ontsnapping is 'n landwye soektog van stapel gestuur, wat nougeset deur die plaaslike media gevolg is. Hy is weer op 4 Desember 2006 (sowat twee weke ná sy ontsnapping) aangekeer, toe hy 'n motor in die gegoede Johannesburgse voorstad van Craighall gekaap het. Die voertuig was met 'n opsporingstoestel toegerus, wat die polisie en privaat sekuriteitsmaatskappye na Mathe gelei het. Tydens sy inhegtenisname is hy drie keer in die been en in die boud geskiet.

Mathe is op 64 van 71 aanklagte van onder meer verkragting, poging tot verkragting, poging tot moord, roof en diefstal skuldig bevind. Hy is tot 54 jaar gevangenisstraf, met 'n minimum van 43 jaar, gevonnis. Ses bewaarders wat met sy ontsnapping verbind is, is ook afgedank.

Mathe sterf op 27 Desember 2016 in aanhouding. Hy was 40 jaar oud.

Verwysings

Tags:

1976201627 DesemberC-MaxMosambiekPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DistillasieSamespanningTweede Nuwe JaarLabia (geslagsdele)WaterstofKlavierKPlaattektoniekVoortrekkermonumentAvbobBynierTelevisieBruin menseLiefdeGroot GatSokkerRefentse MorakeSamestellingRoofvoëlBek-en-klouseerRugbyDundermIslamitiese StaatSeksuele penetrasieSosiale ordeMaagsweerWoordeboek van die Afrikaanse TaalMahatma GandhiKaapse florarykAalwynHarry PotterAardverwarmingOraniaSikloonRassisme in AfrikaKlein vyf diereVrouSwart nasionalismeLarry PageMuskeljaatkatSkaapJansenvilleSebraMusiekSuikersiekteLys van Afrikaanse televisiereekseEnkelvoudige sinKlein-KarooGoogleSitrusMiddeloorontstekingPuberteitSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalBrongitisWitbloedselLangste woordWikiWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHaelKatHeupGetalVryheidsmanifesArmoedeverligtingMeningsverskil oor aardverwarmingPaddaGesonde dieetLys van Griekse mitologiese figureKoos du PlessisWaterbesoedelingBiologieKondensasieSekondêre sektor van die ekonomieAkuut🡆 More